2 Samuel 20:1-26

20  En daar was ’n deugniet+ daar, met die naam Seba,+ die seun van Bigri, ’n Benjaminiet; en hy het op die horing geblaas+ en gesê: “Ons het geen deel aan Dawid nie, en ons het geen erfdeel in die seun van Isai nie.+ Elkeen na sy gode,+ o Israel!”  Daarop het al die manne van Israel begin optrek, weg van Dawid af, om Seba, die seun van Bigri,+ te volg; maar wat die manne van Juda betref, hulle het hulle koning aangekleef van die Jordaan af tot by Jerusalem.+  Uiteindelik het Dawid in sy huis in Jerusalem gekom.+ Toe het die koning die tien vroue+ geneem, die byvrouens wat hy agtergelaat het om die huis op te pas, en hy het hulle in ’n huis van bewaring gesit, maar hy het hulle van voedsel bly voorsien. En hy het geen gemeenskap met hulle gehad nie,+ maar hulle het tot die dag van hulle dood opgesluit gebly, in ’n weduweeskap met ’n lewende man.  Die koning het toe vir Amaʹsa+ gesê: “Roep die manne van Juda vir my binne drie dae bymekaar, en kom staan jy hier.”  Toe het Amaʹsa gegaan om Juda bymekaar te roep; maar hy het later gekom as die bepaalde tyd wat hy vir hom vasgestel het.  Toe het Dawid vir Abiʹsai+ gesê: “Nou sal Seba,+ die seun van Bigri, vir ons erger wees as Absalom.+ Neem jy die knegte+ van jou heer en sit hom agterna, sodat hy nie vir hom versterkte stede vind en voor ons oë ontvlug nie.”  Daarop het die manne van Joab+ en die Keretiete+ en die Peletiete+ en al die sterk manne agter hom aan uitgetrek; en hulle het uit Jerusalem uitgetrek om Seba, die seun van Bigri, agterna te sit.  Hulle was naby die groot klip wat in Giʹbeon+ is, en Amaʹsa+ het hulle tegemoetgekom. En Joab was omgord, met ’n kleed aan; en hy was omgord met ’n swaard wat in sy skede aan sy heup vasgemaak was. En hy het vorentoe getree, en dit het toe uitgeval.  En Joab het vir Amaʹsa gesê: “Gaan dit goed met jou, my broer?”+ Toe het Joab met die regterhand Amaʹsa se baard gegryp om hom te soen.+ 10  Wat Amaʹsa betref, hy was nie op sy hoede vir die swaard wat in Joab se hand was nie, sodat hy hom daarmee in die maag gesteek het+ en sy ingewande op die grond uitgeval het, en hy het nie nodig gehad om dit weer aan hom te doen nie. So het hy gesterf. En wat Joab en sy broer Abiʹsai betref, hulle het Seba, die seun van Bigri, agternagesit. 11  En een van Joab se jong manne het oor hom gestaan en bly sê: “Wie in Joab behae het en wie aan Dawid behoort,+ laat hom Joab volg!” 12  Die hele tyd het Amaʹsa in die middel van die grootpad in die bloed lê en rol.+ Toe die man sien dat al die manskappe bly staan, het hy Amaʹsa uit die grootpad na die veld verskuif. Uiteindelik het hy ’n kleed oor hom gegooi, omdat hy gesien het dat elkeen wat by hom kom, bly staan.+ 13  Toe hy hom uit die grootpad verwyder het, het elke man verbygegaan en Joab gevolg om Seba,+ die seun van Bigri, agterna te sit. 14  En Seba het deur al die stamme van Israel na Abel van Bet-Maʹäga+ getrek. Wat al die Bigriete betref, hulle het toe bymekaargekom en ook agter hom aan daar ingegaan. 15  En hulle het gekom en hom in Abel van Bet-Maʹäga beleër en ’n beleëringskans teen die stad opgewerp,+ aangesien dit binne ’n skans gestaan het. En al die manskappe wat by Joab was, was besig om die muur te ondermyn, om dit te laat instort. 16  En ’n wyse vrou+ het uit die stad begin roep: “Luister, manne, luister! Sê asseblief vir Joab: ‘Kom tot hier naby, en laat my met u praat.’” 17  En hy het naby haar gekom, en die vrou het toe gesê: “Is u Joab?” waarop hy gesê het: “Ja.” Hierop het sy vir hom gesê: “Luister na die woorde van u slavin.”+ Toe het hy gesê: “Ek luister.” 18  En sy het verder gesê: “In vroeër tye het hulle gewoonlik sonder uitsondering gepraat en gesê: ‘Laat hulle maar net in Abel vra, en so sal hulle beslis die saak afhandel.’ 19  Ek verteenwoordig die vredeliewendes+ en getroues+ van Israel. U is daarop uit om ’n stad+ en ’n moeder in Israel dood te maak. Waarom sou u die erfdeel+ van Jehovah verswelg?”+ 20  Hierop het Joab geantwoord en gesê: “Dit is vir my heeltemal ondenkbaar dat ek sou verswelg en dat ek sou verwoes. 21  Die saak is nie so nie, maar ’n man uit die bergstreek van Eʹfraim,+ met die naam Seba,+ die seun van Bigri, het sy hand teen koning Dawid opgehef.+ LEWER hom alleen uit,+ en ek sal van die stad af wegtrek.”+ Toe het die vrou vir Joab gesê: “Kyk! Sy kop+ sal oor die muur na u toe gegooi word!” 22  Dadelik het die vrou in haar wysheid+ na al die mense toe gegaan, en hulle het die kop van Seba, die seun van Bigri, afgekap en dit na Joab toe gegooi. Daarop het hy op die horing geblaas,+ en toe is hulle van die stad af verstrooi, elkeen na sy huis; en Joab het na Jerusalem na die koning toe teruggekeer. 23  En Joab was oor die hele leër+ van Israel; en Benaʹja,+ die seun van Joʹjada,+ was oor die Keretiete+ en oor die Peletiete.+ 24  En Adoʹram+ was oor diegene wat tot dwangarbeid verplig is; en Joʹsafat,+ die seun van Ahiʹlud, was die kroniekskrywer. 25  En Sewa+ was sekretaris,+ en Sadok+ en Abjaʹtar+ was priesters. 26  En ook Ira, die Jaïriet, het ’n priester+ van Dawid geword.

Voetnote