2 Samuel 21:1-22

21  En in die dae van Dawid was daar ’n hongersnood,+ drie jaar lank, jaar na jaar; en Dawid het die aangesig van Jehovah geraadpleeg. Toe het Jehovah gesê: “Op Saul en op sy huis is daar bloedskuld, omdat hy die Gibeoniete doodgemaak het.”+  Toe het die koning die Gibeoniete+ geroep en met hulle gepraat. (Terloops, die Gibeoniete het nie tot die kinders van Israel behoort nie, maar tot die oorblyfsel van die Amoriete;+ en die kinders van Israel het vir hulle gesweer,+ maar Saul het hulle probeer verslaan+ omdat hy jaloers was+ ten opsigte van die kinders van Israel en Juda.)  En Dawid het vir die Gibeoniete gesê: “Wat sal ek vir julle doen, en waarmee sal ek versoening doen,+ sodat julle die erfdeel+ van Jehovah beslis kan seën?”  Toe het die Gibeoniete vir hom gesê: “Dit gaan nie vir ons om silwer of goud+ in verband met Saul en sy huis nie, en ook kom dit ons nie toe om ’n man in Israel dood te maak nie.” Daarop het hy gesê: “Wat julle sê, sal ek vir julle doen.”  Hierop het hulle vir die koning gesê: “Die man wat ons uitgeroei het+ en wat planne beraam het+ om ons te verdelg sodat ons in geen gebied van Israel sou bestaan nie—  laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word;+ en ons sal hulle voor Jehovah vertoon+ in Giʹbea+ van Saul, die uitverkorene van Jehovah.”+ Toe het die koning gesê: “Ek sal hulle gee.”  Maar die koning het medelye gevoel vir Mefiboʹset,+ die seun van Joʹnatan, die seun van Saul, weens die eed+ van Jehovah wat tussen hulle was, tussen Dawid en Joʹnatan, die seun van Saul.  Gevolglik het die koning die twee seuns geneem van Rispa,+ die dogter van Ajja, wat sy vir Saul gebaar het, Armoʹni en Mefiboʹset, en die vyf seuns van Migal,+ die dogter van Saul, wat sy vir Aʹdriël,+ die seun van Barsilʹlai, die Meholatiet, gebaar het.  Toe het hy hulle in die hand van die Gibeoniete gegee, en dié het hulle op die berg voor Jehovah vertoon,+ sodat al sewe saam geval het; en hulle is in die eerste dae van die oes doodgemaak, aan die begin van die garsoes.+ 10  Maar Rispa, die dogter van Ajja,+ het saklinne+ geneem en dit vir haar op die rots uitgesprei van die begin van die oes af totdat daar water uit die hemel op hulle neergestort het;+ en sy het nie toegelaat dat die voëls+ van die hemel bedags op hulle rus nie, en ook nie die wilde diere+ van die veld snags nie. 11  Eindelik is daar aan Dawid berig gebring+ wat Rispa, die dogter van Ajja, Saul se byvrou, gedoen het. 12  Toe het Dawid die beendere van Saul+ en die beendere van sy seun Joʹnatan by die grondeienaars van Jaʹbes-Giʹlead+ gaan haal, wat hulle van die openbare plein van Bet-San+ gesteel het, waar die Filistyne hulle opgehang het+ op die dag toe die Filistyne Saul op Gilboʹa doodgemaak het.+ 13  En hy het die beendere van Saul en die beendere van sy seun Joʹnatan daarvandaan opgebring; hulle het ook die beendere versamel van die manne wat vertoon is.+ 14  Toe het hulle die beendere van Saul en van sy seun Joʹnatan in die land van Benjamin, in Sela,+ in die graf van sy vader Kis+ begrawe, sodat hulle alles kon doen wat die koning beveel het. En hierna het God die dringende versoek ten gunste van die land aangehoor.+ 15  En die Filistyne+ het weer teen Israel oorlog gevoer. Toe het Dawid en sy knegte saam met hom afgetrek en teen die Filistyne geveg; en Dawid het moeg geword. 16  En Jisbi-Benob, wat onder dié was wat uit die Refaïete+ gebore is, wie se spies+ driehonderd sikkels koper in gewig was en wat met ’n nuwe swaard omgord was, het daaraan gedink om Dawid dood te maak. 17  Dadelik het Abiʹsai,+ die seun van Seruʹja, hom te hulp gekom+ en die Filistyn neergeslaan en hom doodgemaak. Toe het die manne van Dawid vir hom gesweer en gesê: “U mag nie meer saam met ons na die geveg uittrek nie,+ sodat u die lamp+ van Israel nie uitdoof nie!”+ 18  En hierna het daar weer eens oorlog met die Filistyne ontstaan in Gob. Toe het Sibʹbegai,+ die Husatiet,+ Saf doodgemaak, wat onder dié was wat uit die Refaïete+ gebore is. 19  En daar het weer eens oorlog met die Filistyne ontstaan in Gob, en Elʹhanan,+ die seun van Jaʹäre-Oʹregim, die Betlehemiet, het Goʹliat, die Gittiet, doodgemaak, wie se spiessteel soos ’n wewersbalk was.+ 20  En daar het weer eens oorlog ontstaan in Gat,+ toe daar ’n buitengewone groot man was, met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, vier-en-twintig in getal; en ook hy is vir die Refaïete+ gebore. 21  En hy het Israel bly uittart.+ Uiteindelik het Joʹnatan,+ die seun van Siʹmeï,+ Dawid se broer, hom doodgemaak. 22  Hierdie vier is vir die Refaïete in Gat gebore;+ en hulle het deur die hand van Dawid en deur die hand van sy knegte geval.+

Voetnote