2 Samuel 22:1-51
22 En Dawid het die woorde van hierdie lied+ tot Jehovah gespreek op die dag toe Jehovah hom uit die palm van al sy vyande+ en uit Saul se palm verlos het;+
2 en hy het gesê:
“Jehovah is my groot rots+ en my vesting+ en die Een wat aan my ontkoming verskaf.+
3 My God is my rots.+ Tot hom sal ek my toevlug neem,My skild+ en my horing+ van redding, my veilige hoogte+En my toevlug,+ my Redder;+ van geweld red u my.+
4 Die Een wat geloof moet word,+ Jehovah, sal ek aanroep,En van my vyande sal ek gered word.+
5 Want dodelike branders het my omring;+Stortvloede van deugniete het my bly verskrik.+
6 Ja, die toue van Sjeool het my omsluit;+Die strikke van die dood het teen my gekom.+
7 In my benoudheid het ek Jehovah bly aanroep,+En tot my God het ek bly roep.+Toe het hy uit sy tempel my stem gehoor,+Met my hulpgeroep in sy ore.+
8 En die aarde het heen en weer begin skud en bewe;+Ja, die fondamente van die hemel het in beroering geraak,+En hulle het heen en weer bly skud omdat hy vertoornd was.+
9 Rook het by sy neusgate opgegaan, en vuur uit sy mond het bly verteer;+Kole het uit hom opgevlam.+
10 En hy het die hemel afgebuig en neergedaal;+En dik donkerheid was onder sy voete.+
11 En hy het op ’n gerub aangery gekom+ en het aangevlieg gekom;En hy was sigbaar op die vlerke van ’n gees.+
12 Toe het hy duisternis rondom hom as hutte gestel,+Donker waters, dik wolke.+
13 Uit die glans voor hom het brandende vuurkole opgevlam.+
14 Uit die hemel het Jehovah begin donder,+En die Allerhoogste het sy stem laat hoor.+
15 En hy het pyle bly uitstuur, om hulle te verstrooi;+Weerlig, om hulle in verwarring te bring.+
16 En die stroombeddings van die see het sigbaar geword,+Die fondamente van die vrugbare land+ is blootgelê,Deur die bestrawwing van Jehovah, weens die geblaas van die asem van sy neusgate.+
17 Hy het uit die hoogte gestuur, hy het my geneem,+Hy het my uit groot waters getrek.+
18 Hy het my van my sterk vyand verlos,+Van my haters; omdat hulle sterker was as ek.+
19 Hulle het hulle teenoor my bly stel op die dag van my ongeluk,+Maar Jehovah het my steun geword.+
20 En hy het my uitgebring in ’n ruim plek;+Hy het my gered, omdat hy behae in my gehad het.+
21 Jehovah beloon my volgens my regverdigheid;+Volgens die reinheid van my hande vergeld hy my.+
22 Want ek het die weë van Jehovah gehou,+En ek het nie goddeloos van my God afgewyk nie.+
23 Want al sy regterlike beslissings+ is voor my;En wat sy insettinge betref, ek sal nie daarvan afwyk nie.+
24 En ek sal onberispelik+ teenoor hom wees,En ek sal my onthou van oortreding.+
25 En laat Jehovah my vergeld volgens my regverdigheid,+Volgens my reinheid voor sy oë.+
26 Met iemand wat lojaal is, sal u lojaal handel;+Met die onberispelike, sterk man sal u onberispelik handel;+
27 Teenoor die een wat rein bly, sal u u rein betoon,+En teenoor die verdorwene sal u asof met dwaasheid optree.+
28 En u sal die nederige volk red;+Maar u oë is teen die hoogmoediges, om hulle te verlaag.+
29 Want u is my lamp, o Jehovah,+En Jehovah verlig my duisternis.+
30 Want deur u kan ek ’n rowerbende stormloop;+Deur my God kan ek ’n muur klim.+
31 Wat die ware God betref, volmaak is sy weg;+Die woord van Jehovah is gelouter.+’n Skild is hy vir almal wat hulle toevlug tot hom neem.+
32 Want wie is ’n God buiten Jehovah,+En wie is ’n rots buiten ons God?+
33 Die ware God is my sterk vesting,+En hy sal my weg volmaak laat wees,+
34 Deur my voete soos dié van die takbokooie te maak;+En op plekke wat vir my hoog is, hou hy my staande.+
35 Hy leer my hande om oorlog te voer;+En my arms het ’n koperboog gespan.+
36 En u sal my u skild van redding gee,+En u nederigheid maak my groot.+
37 U sal genoeg ruimte maak vir my voetstappe onder my;+En my enkels sal beslis nie wankel nie.+
38 Ek sal my vyande agtervolg, om hulle te verdelg,En ek sal nie terugkeer voordat hulle uitgeroei is nie.+
39 En ek sal hulle uitroei en hulle verpletter,+ sodat hulle nie sal opstaan nie;+En hulle sal onder my voete val.+
40 En u sal my met lewenskragtigheid omgord vir die stryd;+U sal dié wat teen my opstaan, onder my laat inmekaarsak.+
41 En wat my vyande betref, u sal my beslis die agterkant van hulle nek gee;+Dié wat my intens haat—ek sal hulle ook tot swye bring.+
42 Hulle roep om hulp, maar daar is geen redder nie;+Tot Jehovah, maar hy antwoord hulle nie.+
43 En ek sal hulle fynstamp soos die stof van die aarde;Soos die modder van die strate sal ek hulle vermorsel;+Ek sal hulle platslaan.
44 En u sal aan my ontkoming verskaf van die foutvindery van my volk.+U sal my bewaar om die hoof van nasies te wees;+’n Volk wat ek nie geken het nie—hulle sal my dien.+
45 Uitlanders sal kruipend na my toe kom;+Ore sal gehoorsaam wees om my te hoor.+
46 Uitlanders sal wegkwyn,En hulle sal bewend uit hulle verskansings kom.+
47 Jehovah lewe;+ en mag my Rots geloof word;+En laat die God van die rots van my redding verhef word.+
48 Die ware God is die Een wat my die wraak gee+En wat die volke onder my neerwerp,+
49 En wat my onder my vyande uitbring.+En bo dié wat teen my opstaan, sal u my verhef;+Van die man van gewelddade sal u my verlos.+
50 Daarom sal ek u dank, o Jehovah, onder die nasies;+En u naam sal ek met melodieë besing:+
51 Die Een wat groot reddingsdade vir sy koning verrig+En liefderyke goedhartigheid aan sy gesalfde bewys,+Aan Dawid en aan sy saad tot onbepaalde tyd.”+