2 Samuel 23:1-39

23  En dít is die laaste woorde van Dawid:+“Die woord van Dawid, die seun van Isai,+En die woord van die man wat hoog verhef is,+Die gesalfde+ van die God van Jakob,En die lieflike van die melodieë+ van Israel.   Die gees van Jehovah het deur my gespreek,+En sy woord was op my tong.+   Die God van Israel het gesê,Tot my het die Rots van Israel gespreek:+‘Wanneer ’n heerser oor mense regverdig is,+In die vrees van God heers,+   Dan is dit soos die môrelig, wanneer die son skyn,+’n Oggend sonder wolke.Van die glans, van die reën, spruit daar gras uit die aarde voort.’+   Want is my huis nie so by God nie?+Want ’n verbond wat tot onbepaalde tyd duur,+ het hy aan my toegewys,Goed georden in alles en verseker.+Omdat dit my hele redding+ en al my behae is,Is dit nie waarom hy dit sal laat groei nie?+   Maar deugniete+ word verjaag,+ soos doringbosse,+ hulle almal;Want met die hand moet hulle nie gevat word nie.   Wanneer ’n man aan hulle raak,Moet hy ten volle gewapen wees met yster en spiessteel,En met vuur sal hulle heeltemal verbrand word.”+  Dít is die name van die sterk+ manne wat aan Dawid behoort het: Joʹseb-Basseʹbet,+ ’n Tagkemoniet, die hoof van die drie. Hy het sy spies geswaai oor agthonderd wat in een slag gesneuwel het.  Ná hom was Eleaʹsar,+ die seun van Dodo,+ die seun van Ahoʹhi, onder die drie sterk manne by Dawid toe hulle die Filistyne uitgetart het. Hulle het daar bymekaargekom vir die stryd, en toe het die manne van Israel teruggetrek.+ 10  Dit was hy wat opgestaan en die Filistyne doodgemaak het totdat sy hand moeg geword het en sy hand aan die swaard gekleef het,+ sodat Jehovah op dié dag ’n groot redding bewerk het;+ en wat die manskappe betref, hulle het teruggekeer agter hom aan net om dié wat doodgemaak is, te stroop.+ 11  En ná hom was Samma, die seun van Agee, die Harariet.+ En die Filistyne het by Legi bymekaargekom, waar daar toe ’n stuk land vol lensies was;+ en die volk het vir die Filistyne gevlug. 12  Maar hy het in die middel van die stuk land gaan staan en dit bevry en die Filistyne bly doodmaak, sodat Jehovah ’n groot redding bewerk het.+ 13  En drie van die dertig hoofde+ het afgegaan en in die oestyd by Dawid by die grot van Adulʹlam+ gekom; en ’n tentdorp van die Filistyne was in die laagvlakte van die Refaïete+ opgeslaan. 14  En Dawid was toe in die moeilik toeganklike plek;+ en ’n voorpos+ van die Filistyne was toe in Betlehem. 15  Na ’n ruk het Dawid sy begeerte uitgespreek en gesê: “Ag, as ek maar van die water kon drink uit die reënput van Betlehem wat by die poort is!”+ 16  Daarop het die drie sterk manne die kamp van die Filistyne binnegedring en water geskep uit die reënput van Betlehem wat by die poort is en dit gedra en na Dawid toe gebring;+ en hy wou dit nie drink nie, maar het dit vir Jehovah uitgegiet.+ 17  En hy het gesê: “Dit is vir my ondenkbaar,+ o Jehovah, dat ek dit sou doen! Sal ek die bloed+ drink van die manne wat met gevaar vir hulle siel gegaan het?” En hy wou dit nie drink nie. Dit is die dinge wat die drie sterk manne gedoen het. 18  Wat Abiʹsai+ betref, die broer van Joab, die seun van Seruʹja,+ hy was die hoof van die dertig, en hy het sy spies oor driehonderd gesneuweldes geswaai, en hy het ’n reputasie soos die drie gehad.+ 19  Hoewel hy selfs meer aansien as die res van die dertig geniet het, en hy hulle hoof geword het, het hy nie die status van die eerste drie verkry nie.+ 20  Wat Benaʹja+ betref, die seun van Joʹjada,+ die seun van ’n dapper man, wat baie dade in Kabʹseël+ gedoen het, hy het die twee seuns van Aʹriël uit Moab doodgemaak; en hy het afgeklim en ’n leeu+ binne-in ’n waterput doodgemaak op ’n sneeudag.+ 21  En dit was hy wat die buitengewone groot Egiptenaar doodgemaak het.+ Hoewel daar ’n spies in die hand van die Egiptenaar was, het hy nietemin met ’n stok na hom toe afgegaan en die spies uit die Egiptenaar se hand geruk en hom met sy eie spies doodgemaak.+ 22  Hierdie dinge het Benaʹja,+ die seun van Joʹjada, gedoen; en hy het ’n reputasie soos die drie sterk manne gehad.+ 23  Hoewel hy selfs meer aansien as die dertig geniet het, het hy nie die status van die drie verkry nie; maar Dawid het hom oor sy lyfwag aangestel.+ 24  Aʹsahel,+ die broer van Joab, was onder die dertig; Elʹhanan,+ die seun van Dodo uit Betlehem; 25  Samma,+ die Harodiet; Eliʹka, die Harodiet; 26  Heles,+ die Paltiet; Ira,+ die seun van Ikkes,+ die Tekoïet; 27  Abiëser,+ die Anatotiet;+ Mebunnaiʹ, die Husatiet;+ 28  Salmon, die Ahohiet;+ Maʹharai,+ die Netofatiet; 29  Heleb,+ die seun van Baäna, die Netofatiet; Ittai,+ die seun van Ribai, uit Giʹbea van die kinders van Benjamin; 30  Benaʹja,+ ’n Piratoniet; Hiddai, uit die stroomvalleie van Gaäs;+ 31  Abi-Albon, die Arbatiet; Asmaʹwet,+ die Bar-Humiet; 32  Elʹjagba, die Saʹälboniet; die seuns van Jasen; Joʹnatan;+ 33  Samma, die Harariet; Ahiʹam,+ die seun van Sarar, die Harariet; 34  Elifeʹlet, die seun van Ahasʹbai, die seun van die Maägatiet; Eliʹam, die seun van Agitoʹfel,+ die Giloniet; 35  Hesro,+ die Karmeliet; Paʹärai, die Arbiet; 36  Jigal, die seun van Natan+ uit Soba; Bani, die Gadiet; 37  Selek,+ die Ammoniet, en Naʹharai, die Beërotiet, wapendraers van Joab, die seun van Seruʹja; 38  Ira, die Jitriet;+ Gareb,+ die Jitriet; 39  Uriʹa,+ die Hetiet—altesaam sewe-en-dertig.

Voetnote