2 Samuel 24:1-25
24 En weer+ het die toorn van Jehovah teen Israel ontvlam, toe iemand Dawid teen hulle aangehits het deur te sê: “Gaan tel+ Israel en Juda.”
2 Toe het die koning vir Joab,+ die hoof van die krygsmag, wat by hom was, gesê: “Trek asseblief rond deur al die stamme van Israel, van Dan tot Berseʹba,+ en registreer julle die volk,+ en ek sal beslis die getal van die volk weet.”+
3 Maar Joab het vir die koning gesê: “Mag Jehovah u God by die volk selfs honderd keer meer byvoeg as wat hulle is terwyl die oë van my heer die koning dit sien. Maar wat my heer die koning betref, waarom het hy behae geskep in hierdie saak?”+
4 Uiteindelik het die koning se woord oor Joab en die hoofde van die krygsmag geseëvier.+ En Joab en die hoofde van die krygsmag het van die koning af uitgegaan om die volk Israel te registreer.+
5 Toe het hulle deur die Jordaan getrek en kamp opgeslaan by Aʹroër,+ regs van die stad wat in die middel van die stroomvallei lê, en in die rigting van die Gadiete+ en na Jaser+ gegaan.
6 Daarna het hulle tot by Giʹlead+ en die land Tagtim-Hodsi gekom en verder gegaan na Dan-Jaän en omgegaan na Sidon.+
7 Toe het hulle by die vesting Tirus+ en al die stede van die Hewiete+ en van die Kanaäniete gekom en die eindpunt in die Negeb+ van Juda in Berseʹba+ bereik.
8 So het hulle deur die hele land rondgetrek en na verloop van nege maande en twintig dae by Jerusalem gekom.
9 Joab het toe die getal van die registrasie+ van die volk aan die koning gegee; en Israel was agthonderdduisend dapper manne wat die swaard kon trek, en die manne van Juda was vyfhonderdduisend man.+
10 En Dawid se hart het hom begin veroordeel+ nadat hy die volk so getel het. Gevolglik het Dawid vir Jehovah gesê: “Ek het grootliks gesondig+ deur wat ek gedoen het. En Jehovah, sien dan nou asseblief u kneg se oortreding oor;+ want ek het baie dwaas opgetree.”+
11 Toe Dawid in die oggend opstaan, het Jehovah se woord tot die profeet Gad,+ Dawid se siener,+ gekom en gesê:
12 “Gaan, en jy moet vir Dawid sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Drie dinge lê ek jou op.+ Kies vir jou een daarvan, dat ek jou dit kan aandoen.”’”+
13 Toe het Gad by Dawid gekom en hom vertel en vir hom gesê:+ “Moet daar vir jou sewe jaar hongersnood in jou land kom,+ of drie maande waarin jy voor jou teenstanders vlug,+ terwyl hulle jou agtervolg, of drie dae waarin daar pes in jou land is?+ Weet dan nou en sien wat ek die Een sal antwoord wat my stuur.”
14 Toe het Dawid vir Gad gesê: “Ek is baie benoud. Laat ons asseblief in die hand van Jehovah val,+ want sy barmhartighede is baie;+ maar laat my nie in die hand van die mens val nie.”+
15 Toe het Jehovah ’n pes+ in Israel gegee van die oggend af tot op die vasgestelde tyd, sodat daar van die volk van Dan tot Berseʹba+ sewentigduisend mense gesterf het.+
16 En die engel+ het sy hand na Jerusalem uitgesteek gehou om dit te verwoes; en Jehovah het begin spyt voel+ oor die rampspoed, en daarom het hy vir die engel wat die verwoesting onder die volk aangerig het, gesê: “Dit is genoeg! Laat nou jou hand sak.” En Jehovah se engel was naby die dorsvloer van Arauʹna,+ die Jebusiet.+
17 En toe Dawid die engel sien wat die volk doodmaak, het hy vir Jehovah gesê, ja, hy het gesê: “Kyk, ék het gesondig en ék het verkeerd gedoen; maar hierdie skape+—wat het hulle gedoen? Laat u hand asseblief teen my+ en teen die huis van my vader kom.”
18 Later het Gad nog dieselfde dag by Dawid gekom en vir hom gesê: “Gaan op, rig vir Jehovah op die dorsvloer van Arauʹna, die Jebusiet, ’n altaar op.”+
19 En Dawid het begin opgaan ooreenkomstig die woord van Gad, volgens wat Jehovah beveel het.+
20 Toe Arauʹna afkyk en die koning en sy knegte na hom toe sien kom, het Arauʹna dadelik uitgegaan en hom met sy gesig na die aarde+ voor die koning neergebuig.+
21 Toe het Arauʹna gesê: “Waarom het my heer die koning na sy kneg toe gekom?” Daarop het Dawid gesê: “Om die dorsvloer by jou te koop+ om vir Jehovah ’n altaar te bou, sodat die plaag+ onder die volk gestuit kan word.”
22 Maar Arauʹna het vir Dawid gesê: “Laat my heer die koning dit neem+ en offer wat goed is in sy oë. Kyk, daar is die beeste vir die brandoffer en die dorsslee en die trekgoed van die beeste vir die hout.+
23 Alles, o koning, gee Arauʹna aan die koning.” En Arauʹna het verder vir die koning gesê: “Mag Jehovah u God behae in u toon.”+
24 Maar die koning het vir Arauʹna gesê: “Nee, maar ek sal dit vir seker vir ’n prys van jou koop;+ en ek sal nie kosteloos aan Jehovah my God brandoffers bring nie.”+ Toe het Dawid die dorsvloer en die beeste vir vyftig sikkels silwer gekoop.+
25 En Dawid het daar vir Jehovah ’n altaar gebou+ en brandoffers en gemeenskapsoffers gebring, en Jehovah het die dringende versoek ten gunste van die land aangehoor,+ sodat die plaag onder Israel gestuit is.