2 Samuel 3:1-39

3  En die oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid het lank voortgeduur;+ en Dawid het gaandeweg sterker geword,+ en die huis van Saul het al hoe meer agteruitgegaan.+  Intussen is daar vir Dawid seuns+ in Hebron+ gebore, en sy eersgeborene was Amnon+ by Ahiʹnoam,+ die Jisreëlitiese vrou.  En sy tweede was Kiʹleab+ by Abiʹgail,+ die vrou van Nabal, die Karmeliet, en die derde was Absalom,+ die seun van Maʹäga, die dogter van Talmai,+ die koning van Gesur.  En die vierde was Adoʹnia,+ die seun van Haggit,+ en die vyfde was Sefatʹja,+ die seun van Abiʹtal.  En die sesde was Jitʹream+ by Egla, Dawid se vrou. Hulle is vir Dawid in Hebron gebore.  En terwyl die oorlog tussen die huis van Saul en die huis van Dawid voortgeduur het, het Abner+ deurentyd sy posisie in die huis van Saul versterk.  Saul het dan nou ’n byvrou gehad met die naam Rispa,+ die dogter van Ajja.+ Later het Is-Boset+ vir Abner gesê: “Waarom het jy met die byvrou+ van my vader gemeenskap gehad?”  En Abner het baie kwaad geword+ oor die woorde van Is-Boset en het gesê: “Is ek ’n hondekop+ wat aan Juda behoort? Vandag bly ek liefderyke goedhartigheid teenoor die huis van jou vader Saul bewys, teenoor sy broers en sy persoonlike vriende, en ek het gesorg dat jy jou nie in die hand van Dawid bevind nie; en tog eis jy vandag rekenskap van my vir ’n oortreding met betrekking tot ’n vrou.  Mag God so aan Abner doen en so daaraan toevoeg+ as ek nie, net soos Jehovah vir Dawid gesweer het,+ so aan hom sal doen nie, 10  om die koninkryk uit die huis van Saul oor te bring en om die troon van Dawid te vestig oor Israel en oor Juda, van Dan tot Berseʹba.”+ 11  En hy kon geen woord meer sê om Abner te antwoord nie omdat hy vir hom bang was.+ 12  Daarop het Abner op die plek boodskappers na Dawid toe gestuur en gesê: “Aan wie behoort die land?” en bygevoeg: “Sluit tog u verbond met my, en kyk! my hand sal met u wees om die hele Israel na u kant toe oor te bring.”+ 13  Hierop het hy gesê: “Goed! Ek sal ’n verbond met jou sluit. Net een ding vra ek van jou, naamlik: ‘Jy mag my aangesig nie sien nie+ tensy jy eers Migal,+ Saul se dogter, bring wanneer jy kom om my aangesig te sien.’” 14  Verder het Dawid boodskappers na Is-Boset,+ Saul se seun, gestuur en gesê: “Gee tog my vrou Migal, aan wie ek my verloof het vir honderd voorhuide+ van die Filistyne.” 15  Toe het Is-Boset gestuur en haar van haar man Palʹtiël,+ die seun van Laïs, weggeneem. 16  Maar haar man het saam met haar bly loop en gehuil terwyl hy agter haar aan geloop het tot by Bahuʹrim.+ Toe het Abner vir hom gesê: “Gaan, keer terug!” Daarop het hy teruggekeer. 17  Intussen het Abner met die ouer manne van Israel in aanraking gekom en gesê: “Gister sowel as vantevore+ het julle getoon dat julle Dawid as koning oor julle wil hê. 18  En tree dan nou op, want Jehovah het vir Dawid gesê: ‘Deur die hand van my kneg Dawid+ sal ek my volk Israel uit die hand van die Filistyne en uit die hand van al hulle vyande red.’” 19  Toe het Abner ook voor die ore van Benjamin gespreek,+ waarna Abner ook voor die ore van Dawid in Hebron alles gaan spreek het wat goed was in die oë van Israel en in die oë van die hele huis van Benjamin. 20  Toe Abner by Dawid in Hebron kom, en twintig man saam met hom, het Dawid vir Abner en vir die manne wat by hom was, ’n feesmaal klaargemaak.+ 21  Toe het Abner vir Dawid gesê: “Laat ek opstaan en gaan en die hele Israel by my heer die koning bymekaarbring, sodat hulle ’n verbond met u kan sluit, en u sal beslis koning word oor alles wat u siel begeer.”+ Daarop het Dawid Abner weggestuur, en hy het in vrede weggegaan.+ 22  En kyk, Dawid se knegte en Joab het van ’n strooptog af gekom, en hulle het ’n groot buit+ saam met hulle gebring. Wat Abner betref, hy was nie by Dawid in Hebron nie, want hy het hom weggestuur, en hy het in vrede weggegaan. 23  En Joab+ en die hele leër wat by hom was, het ingekom, en hulle het toe aan Joab berig gebring en gesê: “Abner,+ die seun van Ner,+ het na die koning toe gekom, en hy het hom weggestuur, en hy het in vrede weggegaan.” 24  Toe het Joab na die koning toe gegaan en gesê: “Wat het u gedoen?+ Kyk! Abner het na u toe gekom. Waarom het u hom weggestuur sodat hy met welslae weggegaan het? 25  U ken Abner, die seun van Ner, goed, dat hy gekom het om u te mislei en om u uitgang en u ingang+ te wete te kom en om alles wat u doen, te wete te kom.”+ 26  Daarop het Joab van Dawid af uitgegaan en boodskappers agter Abner aan gestuur, en hulle het hom toe van die reënput van Sira af laat terugkeer;+ en Dawid het nie daarvan geweet nie. 27  Toe Abner na Hebron+ terugkeer, het Joab hom binne die poort eenkant toe gelei om stilletjies met hom te praat.+ Daar het hy hom egter in die maag gesteek,+ sodat hy gesterf het weens die bloed van sy broer Aʹsahel.+ 28  Toe Dawid later daarvan te hore kom, het hy dadelik gesê: “Ek en my koninkryk is vanuit die standpunt van Jehovah tot onbepaalde tyd onskuldig aan die bloedskuld+ weens Abner, die seun van Ner. 29  Mag dit op die hoof+ van Joab en op die hele huis van sy vader terugkom, en laat daar in Joab se huis+ nie ’n man ontbreek wat ’n lopende afskeiding het+ of melaats is+ of die draaiende spoel vasgryp+ of deur die swaard val of ’n gebrek aan brood het nie!”+ 30  Wat Joab en sy broer Abiʹsai+ betref, hulle het Abner+ doodgemaak omdat hy hulle broer Aʹsahel by Giʹbeon in die geveg doodgemaak het.+ 31  Toe het Dawid vir Joab en die hele volk wat by hom was, gesê: “Skeur julle klere+ en bind saklinne om+ en weeklaag voor Abner uit.” Selfs koning Dawid het agter die baar geloop. 32  En hulle het die begrafnis van Abner in Hebron gehad; en die koning het sy stem begin verhef en gehuil by Abner se graf, en die hele volk het begin huil.+ 33  En die koning het ’n klaaglied oor Abner gesing en gesê: “Moes Abner sterf soos ’n verstandelose+ sterf? 34  Jou hande was nie gebind nie,+En jou voete was nie in koperboeie gesit nie.+Jy het geval soos iemand wat voor die kinders van onregverdigheid+ val.” Daarop het die hele volk weer oor hom gehuil.+ 35  Later het die hele volk gekom om Dawid brood+ vir vertroosting te gee terwyl dit nog dieselfde dag was, maar Dawid het gesweer en gesê: “Mag God so aan my doen+ en mag hy so daaraan toevoeg as ek voor die son ondergaan+ brood of hoegenaamd enigiets sal proe!” 36  En die hele volk het daarop ag geslaan, en dit was goed in hulle oë. Soos alles wat die koning gedoen het, was dit goed in die oë van die hele volk.+ 37  En die hele volk en die hele Israel het op dié dag te wete gekom dat dit nie van die koning gekom het om Abner, die seun van Ner, te laat doodmaak nie.+ 38  En die koning het verder vir sy knegte gesê: “Weet julle nie dat ’n vors en ’n groot man vandag in Israel geval het nie?+ 39  En ek is vandag swak hoewel ek as koning gesalf is,+ en hierdie manne, die seuns van Seruʹja,+ is vir my te hard.+ Mag Jehovah die kwaaddoener volgens sy slegtheid vergeld.”+

Voetnote