2 Samuel 4:1-12

4  Toe die seun+ van Saul hoor dat Abner in Hebron+ gesterf het, het sy hande slap geword,+ en al die Israeliete was ontsteld.  En daar was twee manne, hoofde van die rowerbendes,+ wat aan die seun van Saul behoort het; die naam van die een was Baäna en die naam van die ander was Regab, die seuns van Rimmon, die Beërotiet, uit die kinders van Benjamin; want ook Beʹërot+ is voorheen as deel van Benjamin gereken.  En die Beërotiete het na Gittaʹim+ gevlug, en hulle het daar inwonende vreemdelinge geword tot vandag toe.  En Joʹnatan,+ die seun van Saul, het ’n seun met gebreklike voete gehad.+ Hy was vyf jaar oud toe die berig oor Saul en Joʹnatan uit Jisʹreël+ gekom het; en sy versorgster het hom begin dra en gevlug, maar terwyl sy paniekbevange gehardloop het om te vlug, het hy geval en kreupel geword. En sy naam was Mefiboʹset.+  En die seuns van Rimmon, die Beërotiet, Regab en Baäna, het gegaan en op die warmste van die dag by die huis van Is-Boset+ gekom, terwyl hy sy middagslapie geniet het.  En kyk, hulle het tot binne-in die huis gekom as manne wat koring kom haal en hom toe in die maag gesteek;+ en Regab en sy broer Baäna+ is nie opgemerk nie.  Toe hulle in die huis ingaan, het hy op sy slaapbank in sy binneste slaapkamer gelê, en hulle het hom gesteek sodat hulle hom doodgemaak het,+ waarna hulle sy kop verwyder het+ en sy kop geneem en die hele nag lank met die pad na die Aʹraba geloop het.  Uiteindelik het hulle die kop van Is-Boset+ na Dawid in Hebron gebring en vir die koning gesê: “Hier is die kop van Is-Boset, die seun van Saul, u vyand+ wat u siel gesoek het;+ maar Jehovah gee vandag aan my heer die koning wraak+ op Saul en sy nageslag.”  Maar Dawid het Regab en sy broer Baäna, die seuns van Rimmon, die Beërotiet, geantwoord en vir hulle gesê: “So waar as Jehovah lewe+ wat my siel+ uit alle benoudheid+ verlos het,+ 10  toe iemand aan my berig gebring+ en gesê het: ‘Kyk, Saul is dood’, en hy in sy eie oë soos ’n bringer van goeie nuus geword het, het ek hom egter gegryp en hom in Siklag doodgemaak+ toe ek eintlik vir hom die boodskappersloon moes gee; 11  hoeveel te meer wanneer goddelose manne+ ’n regverdige man in sy eie huis op sy bed doodgemaak het? En sal ek dan nou nie sy bloed van julle hand eis nie,+ en sal ek julle nie van die aarde af uitwis nie?”+ 12  Daarop het Dawid die jong manne beveel, en dié het hulle doodgemaak+ en hulle hande en hulle voete afgekap en hulle by die dam in Hebron opgehang;+ en die kop van Is-Boset het hulle geneem en toe in die graf van Abner in Hebron+ begrawe.

Voetnote