2 Samuel 5:1-25

5  Na verloop van tyd het al die stamme van Israel na Dawid+ in Hebron+ gekom en gesê: “Kyk! Ons is u been en u vlees.+  Gister sowel as vantevore,+ terwyl Saul koning oor ons was, het ú Israel uitgelei en ingebring.+ En Jehovah het vir u gesê: ‘Jy sal my volk Israel as herder lei,+ en jy sal leier+ oor Israel word.’”  So het al die ouer manne+ van Israel na die koning in Hebron gekom, en koning Dawid het in Hebron voor Jehovah ’n verbond met hulle gesluit;+ waarna hulle Dawid as koning oor Israel+ gesalf het.+  Dawid was dertig jaar oud toe hy koning geword het. Veertig jaar lank+ het hy as koning geheers.  In Hebron het hy sewe jaar en ses maande oor Juda as koning geheers;+ en in Jerusalem+ het hy drie-en-dertig jaar oor die hele Israel en Juda as koning geheers.  Gevolglik het die koning en sy manne na Jerusalem opgetrek teen die Jebusiete+ wat die land bewoon het, en hulle het vir Dawid begin sê: “Jy sal nie hier inkom nie, maar die blindes en die kreupeles sal jou beslis wegkeer”,+ want hulle het gedink: “Dawid sal nie hier inkom nie.”  Dawid het nietemin die vesting Sion ingeneem,+ dit wil sê die Stad van Dawid.+  En Dawid het op dié dag gesê: “Laat enigeen wat die Jebusiete verslaan,+ deur middel van die watertonnel+ kom by die kreupeles sowel as die blindes, wat deur Dawid se siel gehaat word!” Daarom sê hulle: “Die blinde en die kreupele sal nie in die huis inkom nie.”  En Dawid het in die vesting gaan woon, en dit is die Stad van Dawid genoem; en Dawid het rondom begin bou, van die Wal+ af en binnetoe. 10  So het Dawid al hoe groter geword,+ en Jehovah, die God van die leërs,+ was met hom.+ 11  En Hiram,+ die koning van Tirus, het boodskappers+ na Dawid toe gestuur, en ook sederbome+ en bewerkers van hout en bewerkers van klip vir mure, en hulle het vir Dawid ’n huis begin bou.+ 12  En Dawid het te wete gekom dat Jehovah hom stewig bevestig het as koning oor Israel+ en dat hy sy koninkryk ter wille van sy volk Israel+ verhef het.+ 13  Intussen het Dawid nog byvrouens+ en vrouens+ uit Jerusalem geneem nadat hy uit Hebron gekom het; en vir Dawid is nog seuns en dogters gebore. 14  En dít is die name van dié wat vir hom in Jerusalem gebore is: Samʹmua+ en Sobab+ en Natan+ en Salomo,+ 15  en Jibhar en Elisuʹa+ en Nefeg+ en Jaʹfia,+ 16  en Elisaʹma+ en Elʹjada en Elifeʹlet.+ 17  En die Filistyne het te hore gekom dat hulle Dawid as koning oor Israel gesalf het.+ Daarop het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek. Toe Dawid daarvan hoor, het hy na die moeilik toeganklike plek afgegaan.+ 18  En wat die Filistyne betref, hulle het ingekom en in die Refaʹimlaagvlakte+ bly rondtrek. 19  En Dawid het Jehovah begin raadpleeg+ en gesê: “Sal ek teen die Filistyne optrek? Sal u hulle in my hand gee?” Hierop het Jehovah vir Dawid gesê: “Trek op, want ek sal die Filistyne vir seker in jou hand gee.”+ 20  Toe het Dawid by Baäl-Peʹrasim+ gekom, en Dawid het hulle daar verslaan. Daarop het hy gesê: “Jehovah het voor my uit deur my vyande gebreek,+ soos ’n gaping wat deur waters gemaak is.” Daarom het hy dié plek Baäl-Peʹrasim+ genoem. 21  Gevolglik het hulle hulle afgode+ daar agtergelaat, en toe het Dawid en sy manne dit weggeneem.+ 22  Later het die Filistyne weer eens opgetrek+ en in die Refaʹimlaagvlakte+ rondgetrek. 23  Daarop het Dawid Jehovah geraadpleeg,+ maar hy het gesê: “Jy moenie optrek nie. Trek om na hulle agterhoede, en jy moet hulle voor die bakabosse aanval.+ 24  En wanneer jy die geluid van marsjering in die toppe van die bakabosse hoor, dan moet jy met beslistheid optree,+ want dan het Jehovah voor jou uit gegaan om die kamp van die Filistyne te verslaan.”+ 25  Toe het Dawid so gedoen, net soos Jehovah hom beveel het,+ en hy het die Filistyne van Geba+ af tot by Geser+ verslaan.+

Voetnote