2 Samuel 6:1-23

6  En Dawid het weer al die uitgesoekte manne in Israel versamel,+ dertigduisend.  Toe het Dawid en al die mense wat by hom was, opgestaan en na Baʹäle-Juʹda+ gegaan om daarvandaan die ark+ van die ware God op te bring, waaroor ’n naam uitgeroep is, die naam+ van Jehovah van die leërs,+ wat op die gerubs sit.+  Hulle het die ark van die ware God egter op ’n nuwe wa laat ry,+ sodat hulle dit kon vervoer van die huis van Abinaʹdab+ af, wat op die heuwel was; en Ussa en Agjo,+ die seuns van Abinaʹdab, het die nuwe wa gelei.  So het hulle dit vervoer van Abinaʹdab se huis af, wat op die heuwel was—met die ark van die ware God; en Agjo het voor die Ark geloop.  En Dawid en die hele huis van Israel het die geleentheid voor Jehovah gevier met allerhande instrumente van jenewerhout en met harpe+ en met snaarinstrumente+ en met tamboeryne+ en met sistrums en met simbale.+  En hulle het geleidelik tot by die dorsvloer van Nagon gekom, en Ussa+ het toe sy hand na die ark van die ware God uitgesteek en dit gegryp,+ want die beeste het dit byna laat omkantel.  Daarop het Jehovah se toorn+ teen Ussa ontvlam, en die ware God het hom daar getref+ weens die oneerbiedige daad, sodat hy daar naby die ark van die ware God gesterf het.+  En Dawid het kwaad geword omdat Jehovah in ’n uitbarsting teen Ussa losgebreek het, en dié plek word tot vandag toe Peres-Ussa genoem.+  En Dawid het op dié dag vir Jehovah bang geword+ en begin sê: “Hoe sal die ark van Jehovah na my toe kom?”+ 10  En Dawid wou nie die ark van Jehovah na hom toe oorbring in die Stad van Dawid+ nie. Daarom het Dawid dit laat wegdraai na die huis van Obed-Edom,+ die Gittiet.+ 11  En die ark van Jehovah het drie maande in die huis van Obed-Edom, die Gittiet, gebly; en Jehovah het Obed-Edom en sy hele huisgesin+ bly seën.+ 12  Uiteindelik is daar aan koning Dawid berig gebring en gesê: “Jehovah het die huis van Obed-Edom en alles wat hy het, geseën weens die ark van die ware God.” Daarop het Dawid gegaan en die ark van die ware God met blydskap uit die huis van Obed-Edom na die Stad van Dawid opgebring.+ 13  En toe die draers+ van die ark van Jehovah ses treë gestap het, het hy onmiddellik ’n bul en ’n vetgemaakte dier geoffer.+ 14  En Dawid het met alle mag voor Jehovah rondgedans, terwyl Dawid die hele tyd met ’n linne-efod+ omgord was. 15  En Dawid en die hele huis van Israel het die ark+ van Jehovah met gejuig+ en die geluid van die horing+ opgebring. 16  En toe die ark van Jehovah in die Stad van Dawid inkom, het Migal,+ Saul se dogter, deur die venster afgekyk en gesien hoe koning Dawid voor Jehovah spring en ronddans; en sy het hom in haar hart+ begin verag.+ 17  Toe het hulle die ark van Jehovah ingebring en dit op sy plek gesit binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het;+ waarna Dawid brandoffers+ en gemeenskapsoffers+ voor Jehovah gebring het. 18  Toe Dawid klaar die brandoffers en die gemeenskapsoffers gebring het, het hy die volk in die naam van Jehovah+ van die leërs geseën.+ 19  Verder het hy aan die hele volk, aan die hele menigte van Israel, man sowel as vrou, aan elkeen ’n ringvormige broodkoek en ’n dadelkoek en ’n rosynekoek+ uitgedeel,+ waarna die hele volk elkeen na sy eie huis gegaan het. 20  Dawid het toe teruggekeer om sy huisgesin te seën,+ en Migal,+ Saul se dogter, het Dawid tegemoetgegaan en toe gesê: “Hoe glorieryk het die koning van Israel hom tog vandag gemaak+ toe hy hom vandag voor die oë van die slavinne van sy knegte ontbloot het, net soos een van die leeghoofdiges hom openlik ontbloot!”+ 21  Hierop het Dawid vir Migal gesê: “Dit was voor Jehovah, wat my bo jou vader en sy hele huis verkies het om my as leier oor Jehovah se volk Israel aan te stel,+ en ek sal die geleentheid voor Jehovah vier.+ 22  En ek sal maak dat ek selfs nog meer geringgeag word,+ en ek sal in my oë gering word; en met die slavinne wat jy genoem het, met hulle is ek vasbeslote om my te verheerlik.”+ 23  En wat Migal,+ Saul se dogter, betref, sy het tot die dag van haar dood geen kind gehad nie.

Voetnote