2 Samuel 7:1-29

7  En toe die koning in sy eie huis woon+ en Jehovah hom van al sy vyande rondom rus gegee het,+  het die koning vir die profeet Natan+ gesê: “Kyk dan nou, ek woon in ’n huis van sederhout+ terwyl die ark van die ware God in tentdoeke woon.”+  Daarop het Natan vir die koning gesê: “Alles wat in u hart is—gaan, doen dit,+ want Jehovah is met u.”  En in dié nag het die woord+ van Jehovah tot Natan gekom en gesê:  “Gaan, en jy moet vir my kneg Dawid sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Sou jý vir my ’n huis bou om in te woon?+  Want van die dag af dat ek die kinders van Israel uit Egipte laat optrek het tot vandag toe het ek nie in ’n huis gewoon nie,+ maar ek het voortdurend in tent+ en tabernakel+ rondgetrek.+  Het ek ooit, in al die tyd dat ek onder al die kinders van Israel rondgetrek het,+ met een van die stamme van Israel+ wat ek beveel het om my volk Israel as herder te lei, ’n woord gespreek en gesê: ‘Waarom het julle nie vir my ’n huis van sederhout gebou nie?’”’  En só moet jy dan nou vir my kneg Dawid sê: ‘Só het Jehovah van die leërs gesê: “Ek het jou uit die weiveld agter die kleinvee weggeneem+ om ’n leier+ oor my volk Israel te word.  En ek sal met jou wees waar jy ook al gaan,+ en ek sal al jou vyande voor jou uitroei;+ en ek sal beslis vir jou ’n groot naam maak,+ soos die naam van die grotes wat op die aarde is. 10  En ek sal beslis vir my volk Israel ’n plek bestem+ en hulle plant,+ en hulle sal inderdaad woon waar hulle is en nie meer verontrus word nie; en die kinders van onregverdigheid sal hulle nie weer verdruk soos hulle vroeër gedoen het nie,+ 11  ja, van die dag af dat ek rigters+ oor my volk Israel aangestel het; en ek sal jou rus gee van al jou vyande.+ “‘“En Jehovah het vir jou gesê dat Jehovah vir jou ’n huis+ tot stand sal bring. 12  Wanneer jou dae vervul is+ en jy met jou voorvaders moet ontslaap,+ dan sal ek beslis jou saad ná jou verwek, wat uit jou liggaam sal voortkom; en ek sal inderdaad sy koninkryk stewig vestig.+ 13  Hý sal vir my naam ’n huis bou,+ en ek sal beslis die troon van sy koninkryk tot onbepaalde tyd stewig vestig.+ 14  Ek sal sy vader word,+ en hy sal my seun word.+ Wanneer hy verkeerd doen, sal ek hom ook met die roede+ van mense en met die slae van die kinders van Adam teregwys. 15  Wat my liefderyke goedhartigheid betref, dit sal nie van hom wyk soos ek dit verwyder het van Saul,+ wat ek weens jou verwyder het nie. 16  En jou huis en jou koninkryk sal beslis tot onbepaalde tyd voor jou bestendig wees; jou troon sal tot onbepaalde tyd stewig gevestig word.”’”+ 17  Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie hele visioen, so het Natan met Dawid gepraat.+ 18  Daarop het koning Dawid ingekom en voor Jehovah gaan sit en gesê: “Wie is ek,+ o Soewereine Heer Jehovah? En wat is my huis dat u my so ver gebring het? 19  Asof dit maar iets kleins in u oë sou wees, o Soewereine Heer Jehovah, spreek u ook nog aangaande die huis van u kneg tot in die verre toekoms; en dit is die wet wat vir die mens gegee is,+ o Soewereine Heer Jehovah.+ 20  En wat kan Dawid nog byvoeg en vir u sê, terwyl u u kneg goed ken,+ o Soewereine Heer Jehovah? 21  Ter wille van u woord+ en in ooreenstemming met u hart+ het u al hierdie groot dinge gedoen, om dit aan u kneg bekend te maak.+ 22  Daarom is u inderdaad groot,+ o Soewereine Heer Jehovah; want daar is geen ander soos u nie,+ en daar is geen God behalwe u+ onder almal van wie ons met ons ore gehoor het nie. 23  En watter nasie op die aarde is soos u volk Israel,+ wat God gegaan het om vir hom as ’n volk te verlos+ en om aan hom ’n naam toe te ken+ en om vir hulle groot en vreesinboesemende dinge te doen+—om ter wille van u volk, wat u vir u uit Egipte verlos het,+ die nasies en hulle gode te verdryf? 24  En u het u volk Israel+ tot onbepaalde tyd vir u as u volk stewig gevestig; en u, o Jehovah, het hulle God geword.+ 25  “En nou, Jehovah God, voer tot onbepaalde tyd die woord uit wat u oor u kneg en oor sy huis gespreek het en doen net soos u gespreek het.+ 26  En laat u naam tot onbepaalde tyd groot word+ deurdat daar gesê word: ‘Jehovah van die leërs is God oor Israel’,+ en laat die huis van u kneg Dawid stewig voor u gevestig word.+ 27  Want u, Jehovah van die leërs, die God van Israel, het aan u kneg se oor geopenbaar en gesê: ‘’n Huis sal ek vir jou bou.’+ Daarom het u kneg moed geskep om hierdie gebed tot u te rig.+ 28  En nou, o Soewereine Heer Jehovah, u is die ware God; en wat u woorde betref, laat dit waarheid wees,+ aangesien u aan u kneg hierdie goedheid beloof.+ 29  En neem dit nou op u en seën+ die huis van u kneg sodat dit tot onbepaalde tyd voor u kan bly;+ want u, o Soewereine Heer Jehovah, het beloof, en laat die huis van u kneg weens u seën tot onbepaalde tyd geseënd wees.”+

Voetnote