2 Samuel 8:1-18

8  En daarna het Dawid die Filistyne+ verslaan en hulle onderwerp,+ en Dawid het Meteg-Amma uit die hand van die Filistyne geneem.  En hy het die Moabiete verslaan+ en hulle met ’n lyn gemeet deur hulle op die grond te laat lê, sodat hy twee lyne kon meet om hulle dood te maak en ’n volle lyn om hulle te laat lewe;+ en die Moabiete het Dawid se knegte geword+ wat skatting moes bring.+  En Dawid het Hadadeʹser,+ die seun van Rehob, die koning van Soba,+ verslaan terwyl hy gegaan het om sy mag aan die Eufraatrivier+ te herstel.  En Dawid het van hom duisend-sewehonderd ruiters en twintigduisend voetsoldate gevange geneem;+ en Dawid het die hakskeensenings van al die strydwaperde+ afgesny,+ maar hy het van hulle honderd strydwaperde laat oorbly.  Toe Sirië van Damaskus+ Hadadeʹser, die koning van Soba, kom help, het Dawid onder die Siriërs twee-en-twintigduisend man verslaan.+  Verder het Dawid garnisoene+ in Sirië van Damaskus geplaas; en die Siriërs het Dawid se knegte geword wat skatting moes bring.+ En Jehovah het Dawid gered waar hy ook al gegaan het.+  Ook het Dawid die ronde skilde+ van goud geneem wat die knegte van Hadadeʹser gedra het en dit na Jerusalem gebring.  En uit Betag en Berotaiʹ, stede van Hadadeʹser, het koning Dawid ’n baie groot hoeveelheid koper geneem.+  En Toï, die koning van Hamat,+ het te hore gekom dat Dawid die hele krygsmag van Hadadeʹser verslaan het.+ 10  Daarom het Toï sy seun Joram na koning Dawid toe gestuur om hom na sy welstand te vra+ en hom geluk te wens omdat hy teen Hadadeʹser geveg het sodat hy hom verslaan het (want Hadadeʹser het ervare geword in oorlogvoering teen Toï); en in sy hand was daar silwervoorwerpe en goue voorwerpe en kopervoorwerpe.+ 11  Ook dit het koning Dawid aan Jehovah geheilig, saam met die silwer en die goud wat hy geheilig het van al die nasies wat hy onderwerp het,+ 12  van Sirië en van Moab+ en van die kinders van Ammon en van die Filistyne+ en van Aʹmalek+ en van die buit van Hadadeʹser, die seun van Rehob, die koning van Soba.+ 13  En Dawid het naam gemaak toe hy teruggekom het nadat hy die Edomiete in die Soutvallei verslaan het+—agtienduisend.+ 14  En hy het garnisoene in Edom geplaas.+ In die hele Edom het hy garnisoene geplaas, en al die Edomiete het knegte van Dawid geword;+ en Jehovah het Dawid gered waar hy ook al gegaan het.+ 15  En Dawid het oor die hele Israel bly regeer;+ en Dawid het voortdurend regterlike beslissings gelewer en regverdigheid+ uitgeoefen vir sy hele volk.+ 16  En Joab,+ die seun van Seruʹja, was oor die leër; en Joʹsafat,+ die seun van Ahiʹlud, was kroniekskrywer. 17  En Sadok,+ die seun van Ahiʹtub, en Ahimeʹleg,+ die seun van Abjaʹtar, was priesters, en Seraʹja was sekretaris. 18  En Benaʹja,+ die seun van Joʹjada, was oor die Keretiete+ en die Peletiete.+ Wat die seuns van Dawid betref, hulle het priesters geword.+

Voetnote