2 Samuel 9:1-13

9  En Dawid het gesê: “Is daar nog iemand van die huis van Saul wat oorgebly het, sodat ek liefderyke goedhartigheid+ teenoor hom kan bewys ter wille van Joʹnatan?”+  Die huis van Saul het dan nou ’n kneg gehad met die naam Siba.+ En hulle het hom na Dawid geroep, en die koning het toe vir hom gesê: “Is jy Siba?” waarop hy gesê het: “Ek is u kneg.”  En die koning het gesê: “Is daar niemand meer van die huis van Saul nie, sodat ek die liefderyke goedhartigheid van God teenoor hom kan bewys?”+ Hierop het Siba vir die koning gesê: “Daar is nog ’n seun van Joʹnatan, wie se voete gebreklik is.”+  Daarop het die koning vir hom gesê: “Waar is hy?” Toe het Siba vir die koning gesê: “Kyk! Hy is in die huis van Magir,+ die seun van Ammiʹël, in Lo-Debar.”+  Onmiddellik het koning Dawid gestuur en hom uit die huis van Magir, die seun van Ammiʹël, in Lo-Debar, laat haal.  Toe Mefiboʹset, die seun van Joʹnatan, die seun van Saul, by Dawid kom, het hy dadelik op sy gesig geval en hom neergewerp.+ Toe het Dawid gesê: “Mefiboʹset!” waarop hy gesê het: “Hier is u kneg.”  En Dawid het vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, want ek sal vir seker liefderyke goedhartigheid+ teenoor jou bewys ter wille van jou vader Joʹnatan;+ en ek sal al die grond+ van jou grootvader Saul aan jou teruggee, en jy sal voortdurend aan my tafel brood eet.”+  Daarop het hy hom neergewerp en gesê: “Wat is u kneg, dat u u aangesig gedraai het na die dooie hond,+ soos ek is?”  Die koning het Siba, Saul se dienaar, toe geroep en vir hom gesê: “Alles wat aan Saul en aan sy hele huis behoort het, gee ek+ aan die kleinseun van jou heer. 10  En jy moet die grond vir hom bewerk, jy en jou seuns en jou knegte, en jy moet die insameling doen, en dit sal as voedsel dien vir dié wat aan die kleinseun van jou heer behoort, en hulle sal eet; maar Mefiboʹset, die kleinseun van jou heer, sal voortdurend aan my tafel brood eet.”+ En Siba het vyftien seuns en twintig knegte gehad.+ 11  Toe het Siba vir die koning gesê: “Ooreenkomstig alles wat my heer die koning sy kneg beveel, so sal u kneg doen; maar Mefiboʹset+ eet aan my tafel soos een van die seuns van die koning.” 12  En Mefiboʹset het ’n jong seun gehad met die naam Miga,+ en almal wat in die huis van Siba gewoon het, was knegte van Mefiboʹset. 13  En Mefiboʹset het in Jerusalem gewoon, want hy het voortdurend aan die tafel van die koning geëet;+ en al twee sy voete was gebreklik.+

Voetnote