2 Tessalonisense 2:1-17

2  Maar wat die teenwoordigheid+ van ons Here Jesus Christus en ons byeenbringing tot hom+ betref, versoek ons julle, broers,  om nie gou van julle denke afgebring of opgewonde gemaak te word nie, hetsy deur ’n geïnspireerde uiting+ of deur ’n mondelinge boodskap+ of deur ’n brief+ wat glo van ons afkomstig sou wees, wat te kenne gee dat die dag+ van Jehovah hier is.  Laat niemand julle op enige manier verlei nie, want dit sal nie kom nie tensy die afval+ eers kom en die mens van wetteloosheid+ geopenbaar word,+ die seun van vernietiging.+  Hy verset hom+ en verhef hom bo elkeen wat “god” of ’n voorwerp van verering genoem word, sodat hy in die tempel van Die God gaan sit en homself in die openbaar as ’n god vertoon.+  Onthou julle nie dat ek, terwyl ek nog by julle was, hierdie dinge vir julle gesê het+ nie?  En julle weet dan nou wat+ as ’n teëhouer dien,+ met die oog daarop dat hy op sy eie bestemde tyd geopenbaar sal word.+  Die verborgenheid van hierdie wetteloosheid is weliswaar reeds aan die werk;+ maar net totdat hy wat op die oomblik as ’n teëhouer dien, nie meer in die weg staan nie.+  Dan sal die wettelose inderdaad geopenbaar word, met wie die Here Jesus sal wegdoen deur die gees van sy mond+ en wat hy tot niet sal maak deur die openbaarwording+ van sy teenwoordigheid.+  Maar die wettelose se teenwoordigheid is volgens die werking+ van Satan met allerhande kragtige werke en leuenagtige tekens en voortekens+ 10  en met allerhande onregverdige bedrog+ vir dié wat vergaan,+ as ’n vergelding omdat hulle nie die liefde+ vir die waarheid aangeneem het sodat hulle gered kan word nie.+ 11  Dit is dan waarom God ’n werking van dwaling na hulle laat gaan, dat hulle die leuen sal glo,+ 12  sodat hulle almal geoordeel kan word omdat hulle nie die waarheid geglo het nie,+ maar behae geskep het in onregverdigheid.+ 13  Ons is egter verplig om God altyd vir julle te dank, broers vir wie Jehovah lief is, want God het julle van die begin af vir redding gekies+ deur julle met gees+ te heilig+ en deur julle geloof in die waarheid.+ 14  Juis hiertoe het hy julle geroep deur die goeie nuus wat ons bekend maak,+ sodat julle die heerlikheid van ons Here Jesus Christus kan verwerf.+ 15  Daarom, broers, staan dan vas+ en hou vas aan die oorleweringe+ wat julle geleer is, hetsy deur ’n mondelinge boodskap of deur ’n brief van ons. 16  En mag ons Here Jesus Christus self en God, ons Vader, wat ons liefgehad het+ en deur middel van onverdiende goedhartigheid ewige troos en goeie hoop+ gegee het, 17  julle harte vertroos en julle standvastig maak in elke goeie daad en woord.+

Voetnote