2 Tessalonisense 3:1-18

3  Laastens, broers, hou aan om vir ons te bid,+ dat die woord van Jehovah+ voortdurend vinnig sal voortbeweeg+ en verheerlik sal word net soos ook by julle;  en dat ons van slegte en goddelose mense verlos sal word,+ want geloof is nie iets wat alle mense besit nie.+  Maar die Here is getrou, en hy sal julle standvastig maak en julle van die bose bewaar.+  Wat meer is, ons het vertroue+ in die Here aangaande julle, dat julle die dinge wat ons beveel, doen en sal aanhou doen.+  Mag die Here voortgaan om julle harte met welslae te rig tot die liefde+ vir God en tot die volharding+ vir die Christus.  Ons gee julle dan nou bevel,+ broers, in die naam van die Here Jesus Christus, om julle te onttrek+ aan elke broer wat wanordelik+ wandel en nie volgens die oorlewering wat julle van ons ontvang het nie.+  Want julle weet self hoe julle ons behoort na te volg,+ want ons het ons nie wanordelik onder julle gedra nie,+  en ons het ook nie by enigeen verniet voedsel geëet nie.+ Inteendeel, met arbeid en geswoeg+ het ons nag en dag gewerk ten einde nie een van julle ’n duur las op te lê nie.+  Nie dat ons nie gesag het nie,+ maar sodat ons ons vir julle as ’n voorbeeld kon stel om ons na te volg.+ 10  Trouens, ook toe ons by julle was, het ons julle herhaaldelik beveel:+ “As iemand nie wil werk nie, laat hom dan ook nie eet nie.”+ 11  Want ons hoor dat sommige wanordelik+ onder julle wandel en glad nie werk nie, maar hulle bemoei met wat hulle nie aangaan nie.+ 12  Aan sulke mense gee ons die bevel en vermaning in die Here Jesus Christus dat hulle deur rustig te werk, voedsel moet eet wat hulle self verdien.+ 13  Wat julle betref, broers, moenie ophou om te doen wat reg is nie.+ 14  Maar as iemand nie gehoorsaam is aan ons woord+ deur hierdie brief nie, hou dié een gemerk,+ hou op om met hom om te gaan,+ sodat hy beskaamd kan word.+ 15  Moet hom nogtans nie as ’n vyand beskou nie, maar hou aan om hom ernstig te vermaan+ as ’n broer. 16  Mag die Here van vrede julle dan nou voortdurend in elke opsig vrede gee.+ Mag die Here met julle almal wees. 17  Hier is my groete, Paulus s’n, in my eie hand,+ wat ’n teken is in elke brief; dit is hoe ek skryf. 18  Mag die onverdiende goedhartigheid+ van ons Here Jesus Christus met julle almal wees.

Voetnote