2 Timoteus 1:1-18

1  Paulus, ’n apostel van Christus Jesus deur God se wil+ volgens die belofte van die lewe+ wat in eenheid met Christus Jesus is,+  aan Timoʹteus, ’n geliefde kind:+ Mag daar onverdiende goedhartigheid, barmhartigheid, vrede wees van God die Vader en Christus Jesus, ons Here.+  Ek is dankbaar teenoor God, aan wie ek net soos my voorvaders+ en met ’n skoon gewete+ heilige diens verrig,+ dat ek nooit ophou om in my smekinge aan jou te dink nie,+ terwyl ek nag en dag  verlang om jou te sien+ wanneer ek aan jou trane dink, sodat ek met vreugde vervul kan word.  Want ek herinner my die geloof+ wat sonder enige huigelary in jou is,+ en wat eers in jou grootmoeder Loʹïs en jou moeder Euniʹce gewoon het, maar waarvan ek die vaste vertroue het dat dit ook in jou is.  Juis om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die gawe+ van God wat deur die oplegging van my hande in jou is,+ soos ’n vuur aan te wakker.+  Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie,+ maar van krag+ en van liefde en van gesonde verstand.+  Moet jou dus nie skaam vir die getuienis aangaande ons Here nie,+ en ook nie vir my, ’n gevangene ter wille van hom nie,+ maar dra jou deel in die lyding+ van kwaad vir die goeie nuus ooreenkomstig die krag van God.+  Hy het ons gered+ en ons geroep met ’n heilige roeping,+ nie op grond van ons werke nie,+ maar op grond van sy eie voorneme en onverdiende goedhartigheid. Ons is dit lank gelede in verband met Christus Jesus gegee,+ 10  maar nou is dit duidelik sigbaar gemaak deur die openbaarwording+ van ons Redder, Christus Jesus, wat die dood tot niet gemaak het+ maar lig+ op lewe+ en onverderflikheid+ gewerp het deur die goeie nuus,+ 11  waarvoor ek as ’n prediker en apostel en onderrigter aangestel is.+ 12  Juis om hierdie rede ly+ ek ook hierdie dinge, maar ek skaam my nie.+ Want ek ken die een in wie ek geglo het, en ek het die vaste vertroue dat hy die pand wat ek aan hom toevertrou het, tot daardie dag+ toe kan bewaar.+ 13  Hou voortdurend vas aan die patroon van gesonde+ woorde wat jy van my gehoor het, met die geloof en liefde wat in verband met Christus Jesus is.+ 14  Bewaar hierdie goeie pand+ deur die heilige gees wat in ons woon.+ 15  Dít weet jy, dat al die manne in die landstreek Asië+ hulle van my afgekeer het.+ Figeʹlus en Hermoʹgenes tel onder hulle. 16  Mag die Here barmhartigheid aan die huis van Onesiʹforus+ skenk, want hy het dikwels aan my verkwikking verskaf,+ en hy het hom nie vir my kettings geskaam nie.+ 17  Inteendeel, toe hy in Rome was, het hy naarstig na my gesoek en my gevind.+ 18  Mag die Here aan hom gee dat hy in dié dag+ barmhartigheid+ by Jehovah sal vind. En jy weet goed watter dienste hy alles in Eʹfese verrig het.

Voetnote