2 Timoteus 3:1-17

3  Maar weet dít, dat daar in die laaste dae+ kritieke tye sal wees wat moeilik is om deur te kom.+  Want mense sal liefhebbers van hulleself wees, liefhebbers van geld, aanmatigend, hoogmoedig, lasteraars, ongehoorsaam aan ouers,+ ondankbaar, dislojaal,+  sonder natuurlike geneentheid,+ nie bereid tot enige ooreenkoms nie,+ kwaadsprekers,+ sonder selfbeheersing, wreedaardig,+ sonder liefde vir die goeie,+  verraaiers,+ eiesinnig, opgeblase van trots,+ liefhebbers van genot eerder as liefhebbers van God,+  wat ’n vorm van godvrugtige toegewydheid het+ maar die krag daarvan verloën;+ en keer jou van hierdie mense af.+  Want uit hulle midde staan dié op wat hulle op listige wyse in huise indring+ en as hulle gevangenes swak vroue wegvoer wat met sondes belaai is en deur allerhande begeertes gelei word,+  wat altyd leer en tog nooit tot juiste kennis van die waarheid kan kom nie.+  En net soos Jannes en Jambres+ Moses teëgestaan het, so gaan ook hulle voort om die waarheid teë te staan,+ mense wat heeltemal verdorwe van verstand is,+ afgekeur wat die geloof betref.+  Nietemin sal hulle geen verdere vooruitgang maak nie, want hulle waansin sal vir almal baie duidelik wees, soos ook die waansin van daardie twee manne geword het.+ 10  Maar jy het my leer nougeset gevolg, my lewenswandel,+ my voorneme, my geloof, my lankmoedigheid, my liefde, my volharding, 11  my vervolginge, my lyding, die soort dinge wat my oorgekom het in Antiogiʹë,+ in Ikoʹnium,+ in Listra,+ die soort vervolginge wat ek verdra het; en tog het die Here my uit hulle almal verlos.+ 12  Trouens, almal wat met godvrugtige toegewydheid in verbintenis met Christus Jesus wil lewe, sal ook vervolg word.+ 13  Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, terwyl hulle mislei en mislei word.+ 14  Bly jy egter in die dinge wat jy geleer het en oortuig is om te glo,+ aangesien jy weet by watter persone jy dit geleer het+ 15  en dat jy van kleintyd+ af die heilige geskrifte geken het, wat jou wys kan maak tot redding+ deur die geloof in verband met Christus Jesus.+ 16  Die hele Skrif is deur God geïnspireer+ en is nuttig om te onderrig,+ om tereg te wys,+ om dinge reg te stel,+ om in regverdigheid te dissiplineer,+ 17  sodat die mens van God volkome bevoeg kan wees,+ ten volle toegerus vir elke goeie werk.+

Voetnote