2 Timoteus 4:1-22

4  Ek gelas jou plegtig voor God en Christus Jesus, wat bestem is om die lewendes en die dooies+ te oordeel,+ en kragtens sy openbaarwording+ en sy koninkryk:+  verkondig die woord,+ bly dringend daarmee besig in gunstige tye,+ in moeilike tye,+ wys tereg,+ berispe, vermaan, met alle lankmoedigheid+ en onderrigkuns.  Want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle nie die gesonde leer sal verdra nie,+ maar ooreenkomstig hulle eie begeertes vir hulle onderrigters sal versamel sodat hulle ore gestreel kan word;+  en hulle sal hulle ore van die waarheid afkeer en hulle tot valse stories wend.+  Bly jy egter in alles nugter van verstand,+ ly kwaad,+ doen die werk van ’n evangeliedienaar,+ voer jou bediening ten volle uit.+  Want ek word reeds soos ’n drankoffer uitgegiet,+ en die bestemde tyd vir my losmaking+ is op hande.  Ek het die goeie stryd gestry,+ ek het die wedloop enduit gehardloop,+ ek het die geloof bewaar.+  Van nou af is die kroon van regverdigheid vir my weggelê,+ wat die Here, die regverdige regter,+ my in daardie dag+ as beloning sal gee,+ en tog, nie net aan my nie, maar ook aan almal wat sy openbaarwording liefgehad het.  Doen jou uiterste bes om binnekort na my toe te kom.+ 10  Want Demas+ het my verlaat omdat hy die teenswoordige stelsel+ van dinge liefgehad het, en hy het na Tessaloniʹka gegaan; Kressens na Galaʹsië,+ Titus na Dalmaʹsië. 11  Net Lukas is by my. Neem Markus en bring hom saam met jou, want hy is vir my nuttig+ om diens te verrig. 12  Maar ek het Tiʹgikus+ na Eʹfese gestuur. 13  Wanneer jy kom, moet jy die mantel bring wat ek in Troas+ by Karpus agtergelaat het, en die boekrolle, veral die perkamente. 14  Aleksander,+ die kopersmid, het my baie kwaad aangedoen—Jehovah sal hom na sy dade vergeld+ 15  en jy moet ook op jou hoede wees vir hom, want hy het ons woorde uitermate teëgestaan. 16  In my eerste verdediging het niemand my kom bystaan nie, maar hulle het my almal begin verlaat+—mag dit hulle nie toegereken word nie+ 17  maar die Here het naby my gestaan+ en my krag gegee,+ sodat deur my die prediking ten volle uitgevoer kon word en al die nasies dit kon hoor;+ en ek is uit die leeu se bek verlos.+ 18  Die Here sal my van elke goddelose werk verlos+ en my vir sy hemelse koninkryk red.+ Aan hom die heerlikheid vir ewig en altyd. Amen. 19  Dra my groete oor aan Prisca+ en Aʹquila en die huis van Onesiʹforus.+ 20  Erasʹtus+ het in Korinte+ gebly, maar Troʹfimus+ het ek in Mileʹte+ siek agtergelaat. 21  Doen jou uiterste bes om voor die winter hier aan te kom. Eubuʹlus stuur vir jou groete, en so ook Pudens en Linus en Claudia en al die broers. 22  Mag die Here wees met die gees wat jy openbaar.+ Mag sy onverdiende goedhartigheid met julle wees.

Voetnote