3 Johannes 1:1-14

 Die ouer man+ aan Gajus, die geliefde, wat ek waarlik liefhet.+  Geliefde,+ ek bid dat jy in alles voorspoedig is+ en goeie gesondheid geniet,+ net soos jou siel voorspoedig is.+  Want ek was baie bly toe broers gekom het en getuig het van die waarheid waarby jy hou, net soos jy voortgaan om in die waarheid te wandel.+  Ek het geen groter rede tot dankbaarheid as hierdie dinge nie, dat ek hoor dat my kinders voortgaan om in die waarheid te wandel.+  Geliefde, jy doen ’n getroue werk in wat jy ook al vir die broers doen,+ en dit boonop vir vreemdelinge,+  wat voor die gemeente van jou liefde getuig het. Help hulle asseblief weg op ’n wyse wat God waardig is.+  Want dit was ter wille van sy naam dat hulle uitgegaan het, sonder om enigiets+ van die mense van die nasies aan te neem.  Ons staan dus onder verpligting om sulke mense gasvry te ontvang,+ sodat ons medewerkers in die waarheid kan word.+  Ek het iets aan die gemeente geskryf, maar Dioʹtrefes, wat daarvan hou om die eerste plek onder hulle te beklee,+ ontvang niks+ van ons met respek nie.+ 10  Daarom sal ek, as ek kom, sy werke in herinnering bring wat hy bly doen+ deur met goddelose woorde oor ons te klets.+ En met hierdie dinge nie tevrede nie, ontvang hy self ook nie die broers+ met respek nie, en dié wat hulle wil ontvang,+ probeer hy verhinder+ en uit die gemeente werp.+ 11  Geliefde, wees ’n navolger, nie van wat sleg is nie, maar van wat goed is.+ Hy wat die goeie doen, het sy oorsprong by God.+ Hy wat die slegte doen, het God nie gesien nie.+ 12  Van Demeʹtrius het hulle almal, en die waarheid self, getuig.+ Trouens, ons getuig ook,+ en jy weet dat die getuienis wat ons gee, waar is.+ 13  Ek het baie dinge gehad om aan jou te skryf, en tog wil ek nie verder met ink en pen aan jou skryf nie.+ 14  Maar ek hoop om jou binnekort te sien, en ons sal van aangesig tot aangesig praat.+ Mag jy vrede hê.+ Die vriende stuur vir jou groete.+ Dra my groete oor+ aan die vriende by name.

Voetnote