Daniël 1:1-21

1  In die derde jaar van die koningskap van Joʹjakim,+ die koning van Juda, het Nebukadneʹsar, die koning van Babilon, na Jerusalem gekom en dit beleër.+  Na verloop van tyd het Jehovah Joʹjakim, die koning van Juda,+ en ’n gedeelte van die voorwerpe+ van die huis van die ware God in sy hand gegee, sodat hy hulle na die land Siʹnear+ gebring het, na die huis van sy god; en die voorwerpe het hy na die skathuis van sy god gebring.+  Toe het die koning sy hoofhofbeampte+ Asʹpenas aangesê om sommige uit die kinders van Israel en uit die koninklike nageslag en uit die edeles+ te bring—  kinders wat hoegenaamd geen gebrek gehad het nie,+ maar mooi in voorkoms was en insig in alle wysheid gehad het+ en met kennis vertroud was en onderskeidingsvermoë gehad het ten opsigte van wat bekend is,+ en wat ook in staat was om in die paleis van die koning te dien+—en om hulle die skrif en die taal van die Galdeërs te leer.  Daarbenewens het die koning vir hulle ’n daaglikse porsie vasgestel van die lekkernye+ van die koning en van die wyn wat hy gedrink het, ja, om hulle drie jaar lank te voed, sodat hulle aan die einde daarvan voor die koning kon staan.  En onder hulle was daar sommige uit die kinders van Juda: Daniël,+ Hananʹja, Miʹsael en Asarʹja.+  En die hoofhofbeampte het aan hulle name toegeken.+ Toe het hy aan Daniël die naam Beltʹsasar+ toegeken; en aan Hananʹja Sadrag; en aan Miʹsael Mesag; en aan Asarʹja Abedneʹgo.+  Maar Daniël het in sy hart besluit dat hy hom nie sou verontreinig met die lekkernye van die koning en met die wyn wat hy gedrink het nie.+ En hy het die hoofhofbeampte bly versoek dat hy hom nie hoef te verontreinig nie.+  En die ware God het Daniël liefderyke goedhartigheid en barmhartigheid voor die hoofhofbeampte laat vind.+ 10  Toe het die hoofhofbeampte vir Daniël gesê: “Ek vrees my heer die koning, wat julle voedsel en julle drank vasgestel het.+ Waarom moet hy dan op julle gesig ’n terneergedrukte uitdrukking sien in vergelyking met die kinders wat dieselfde ouderdom as julle is, en waarom moet julle my hoof by die koning skuldig maak?” 11  Maar Daniël het vir die bewaker wat deur die hoofhofbeampte+ oor Daniël, Hananʹja, Miʹsael en Asarʹja aangestel is, gesê: 12  “Stel asseblief u knegte tien dae lank op die proef, en laat hulle vir ons groente gee+ sodat ons kan eet en water sodat ons kan drink; 13  en laat ons gelaat en die gelaat van die kinders wat die lekkernye van die koning eet, voor u verskyn, en doen met u knegte volgens wat u sien.” 14  Uiteindelik het hy na hulle geluister in hierdie saak en hulle tien dae lank op die proef gestel. 15  En na verloop van tien dae het hulle gelaat beter en voller van vlees gelyk as al die kinders wat die lekkernye van die koning geëet het.+ 16  Die bewaker het dus voortgegaan om hulle lekkernye en die wyn wat hulle moes drink, weg te neem en vir hulle groente te gee.+ 17  En aan hierdie kinders, die vier, het die ware God kennis gegee en insig in alles wat geskryf is en wysheid;+ en Daniël het allerhande visioene en drome verstaan.+ 18  En na verloop van die dae wat die koning gesê het dat hulle ingebring moes word,+ het die hoofhofbeampte hulle ook voor Nebukadneʹsar ingebring. 19  En die koning het met hulle begin praat, en onder hulle almal is niemand soos Daniël, Hananʹja, Miʹsael en Asarʹja+ gevind nie; en hulle het voor die koning bly staan.+ 20  En wat elke saak van wysheid en begrip+ betref waaroor die koning hulle uitgevra het, het hy selfs gevind dat hulle tien keer beter was as al die towerpriesters+ en die besweerders+ wat in sy hele koninklike gebied was. 21  En Daniël het tot die eerste jaar van koning Kores daar gebly.+

Voetnote