Daniël 10:1-21
10 In die derde jaar van Kores,+ die koning van Persië, is ’n saak geopenbaar aan Daniël, wat Beltʹsasar genoem is;+ en die saak was waar, en daar was ’n groot krygsdiens.+ En hy het die saak begryp, en hy het verstaan wat hy gesien het.+
2 In daardie dae het ek, Daniël, drie volle weke getreur.+
3 Smaaklike brood het ek nie geëet nie, en geen vleis of wyn het in my mond gekom nie, en ek het my geensins gesalf totdat die drie volle weke om was nie.+
4 En op die vier-en-twintigste dag van die eerste maand, terwyl ek op die oewer van die groot rivier was, dit is die Hiddeʹkel,+
5 het ek ook my oë opgeslaan en gesien, en daar was ’n man in linne geklee,+ met sy heupe+ omgord met goud van Ufas.+
6 En sy liggaam was soos chrisoliet,+ en sy gesig het die voorkoms van weerlig gehad,+ en sy oë was soos vuurfakkels,+ en sy arms en die plek van sy voete het soos blinkgevryfde koper gelyk,+ en die geluid van sy woorde was soos die geluid van ’n menigte.
7 En ek, Daniël, ek alleen het die verskyning gesien; maar wat die manne betref wat saam met my was, hulle het nie die verskyning gesien nie.+ ’n Groot bewing het hulle egter oorval, sodat hulle gevlug het om weg te kruip.
8 En ek—ek het alleen oorgebly, sodat ek hierdie groot verskyning gesien het. En geen krag het in my oorgebly nie, en my waardigheid het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag behou nie.+
9 En ek het die geluid van sy woorde begin hoor; en terwyl ek die geluid van sy woorde gehoor het, was ek ook vas aan die slaap+ op my gesig, met my gesig op die aarde.+
10 En kyk! ’n hand het aan my geraak,+ en dit het my geleidelik aangespoor om op my knieë en my handpalms te kom.
11 En hy het vir my gesê:
“O Daniël, besonder geliefde man,+ verstaan die woorde wat ek met jou spreek,+ en staan op daar waar jy gestaan het, want ek is nou na jou toe gestuur.”
En toe hy hierdie woord met my spreek, het ek al bewende opgestaan.
12 En hy het vir my gesê: “Moenie bang wees nie,+ o Daniël, want van die eerste dag af dat jy jou hart gegee het om te verstaan+ en jou voor jou God te verneder,+ is jou woorde gehoor, en ek het weens jou woorde gekom.+
13 Maar die vors+ van die koninklike gebied van Persië+ het my een-en-twintig dae lank teëgestaan,+ en kyk! Miʹgael,+ een van die vernaamste vorste,+ het gekom om my te help; en ek het daar by die konings van Persië gebly.+
14 En ek het gekom om jou te laat verstaan wat jou volk+ aan die einde van die dae sal oorkom,+ want dit is ’n visioen+ nog vir die toekomstige dae.”+
15 En toe hy hierdie woorde met my spreek, het ek my gesig na die aarde gekeer+ en stom geword.
16 En kyk! iemand wat soos die mensekinders gelyk het, het aan my lippe geraak,+ en ek het my mond begin oopmaak en gepraat+ en vir die een wat voor my gestaan het, gesê: “O my heer,+ weens die verskyning het krampe my van binne oorval, en ek het geen krag behou nie.+
17 Hoe kon die kneg van my heer dan met my heer praat?+ En wat my betref, tot nou toe het geen krag in my gebly nie, en hoegenaamd geen asem het in my oorgebly nie.”+
18 En die een wat soos ’n mens gelyk het, het weer aan my geraak en my versterk.+
19 Toe het hy gesê: “Moenie bang wees nie,+ o besonder geliefde man.+ Mag jy vrede hê.+ Wees sterk, ja, wees sterk.”+ En net toe hy met my praat, het ek my kragte ingespan en uiteindelik gesê: “Laat my heer praat,+ want u het my versterk.”+
20 Toe het hy gesê:
“Weet jy werklik waarom ek na jou toe gekom het? En nou sal ek teruggaan om met die vors van Persië te veg.+ Wanneer ek weggaan, kyk! dan kom ook die vors van Griekeland.+
21 Ek sal jou egter die dinge vertel wat in die geskrif van die waarheid opgeteken staan,+ en daar is niemand wat my in hierdie dinge kragtig ondersteun nie, behalwe julle vors+ Miʹgael.+