Daniël 11:1-45

11  “En in die eerste jaar van Dariʹus die Meder+ het ek as ’n versterker en as ’n vesting vir hom opgestaan.  En nou sal ek jou vertel wat die waarheid is:+ “Kyk! Daar sal nog drie konings vir Persië opstaan,+ en die vierde+ sal groter rykdom as al die ander vergaar.+ En sodra hy in sy rykdom sterk geword het, sal hy alles teen die koninkryk van Griekeland in beweging bring.+  “En ’n magtige koning sal beslis opstaan en met uitgebreide heerskappy heers+ en doen net wat hy wil.+  En wanneer hy opgestaan het,+ sal sy koninkryk verbreek word en na die vier windstreke+ van die hemel verdeel word,+ maar nie aan sy nageslag nie+ en nie volgens sy heerskappy waarmee hy geheers het nie; want sy koninkryk sal uitgeruk word, ja, vir ander as hulle.  “En die koning van die suide sal sterk word, ja, een van sy vorste; en hy sal die oorhand oor hom kry en sal beslis heers met uitgebreide heerskappy, groter as daardie een se heersersmag.  “En na verloop van ’n aantal jare sal hulle ’n bondgenootskap met mekaar aangaan, en die dogter van die koning van die suide sal na die koning van die noorde toe kom om ’n billike ooreenkoms aan te gaan. Maar sy sal nie die krag van haar arm behou nie;+ en hy sal nie standhou nie, ook nie sy arm nie; en sy sal prysgegee word, sy en dié wat haar inbring en hy wat haar geboorte veroorsaak het en die een wat haar in daardie tye sterk maak.  En een uit die spruit+ van haar wortels sal gewis in sy posisie opstaan, en hy sal na die krygsmag kom en teen die vesting van die koning van die noorde kom en sal gewis teen hulle optree en die oorhand kry.  En ook met hulle gode,+ met hulle gegote beelde, met hulle begeerlike voorwerpe van silwer en van goud en met die gevangenes sal hy na Egipte kom. En hy sal ’n aantal jare op ’n afstand bly van die koning van die noorde.  “En hy sal in die koninkryk van die koning van die suide inkom en na sy eie land teruggaan. 10  “En wat sy seuns betref, hulle sal hulle gereedmaak en ’n menigte groot krygsmagte versamel. En wanneer hy kom, sal hy beslis kom en oorstroom en deurtrek. Maar hy sal teruggaan, en hy sal die hele pad tot by sy vesting slaggereed bly. 11  “En die koning van die suide sal verbitterd word en sal moet uitgaan en teen hom moet veg, dit is teen die koning van die noorde; en hy sal beslis ’n groot menigte laat opstaan, en die menigte sal in die hand van daardie een gegee word.+ 12  En die menigte sal beslis weggevoer word. Sy hart sal hom verhef,+ en hy sal tienduisende laat val; maar hy sal nie sy sterk posisie benut nie. 13  “En die koning van die noorde sal terugkeer en ’n groter menigte as die eerste op die been bring; en na verloop van die tye, ’n aantal jare, sal hy kom, en wel met ’n groot krygsmag+ en met ’n groot klomp goed.+ 14  En in dié tye sal baie teen die koning van die suide opstaan. “En wat die seuns van die rowers betref wat tot jou volk behoort, hulle sal meegesleep word om te probeer om ’n visioen te laat uitkom;+ en hulle sal moet struikel.+ 15  “En die koning van die noorde sal kom en ’n beleëringskans opwerp+ en ’n stad met verskansings inneem. En wat die arms van die suide betref, hulle sal nie standhou nie, ook nie die manskappe van sy uitgesoektes nie; en daar sal geen krag wees om stand te hou nie. 16  En die een wat teen hom kom, sal doen net wat hy wil, en niemand sal voor hom standhou nie. En hy sal in die Sieraadland+ staan, en daar sal uitroeiing in sy hand wees.+ 17  En hy sal sy aangesig daarop rig+ om met die krag van sy hele koninkryk te kom, en billike+ voorwaardes sal hom vergesel; en hy sal doeltreffend optree.+ En wat die dogter van die vroue betref, dit sal aan hom gegee word om haar in die verderf te stort. En sy sal nie standhou nie, en sy sal nie syne bly nie.+ 18  En hy sal sy gesig terugdraai na die kuslande+ en sal baie inneem. En ’n aanvoerder sal die smaad wat van hom afkomstig is, vir homself moet laat ophou, sodat sy smaad nie sal wees nie. Hy sal dit op daardie een laat terugval. 19  En hy sal sy aangesig terugdraai na die vestings van sy eie land, en hy sal beslis struikel en val, en hy sal nie gevind word nie.+ 20  “En in sy posisie sal daar een+ opstaan wat ’n eiser+ deur die pragtige koninkryk laat trek, en binne enkele dae sal hy verbreek word, maar nie in toorn of in oorlog nie. 21  “En in sy posisie sal daar een opstaan wat verag sal word,+ en hulle sal beslis nie die waardigheid van die koninkryk op hom lê nie; en hy sal gedurende ’n tyd van sorgeloosheid+ inkom en die koninkryk deur middel van vleiery+ verkry. 22  En wat die arms+ van die vloed betref, hulle sal weens hom oorstroom word, en hulle sal verbreek word;+ so ook+ die Leier+ van die verbond.+ 23  En omdat hulle ’n bondgenootskap met hom aangaan, sal hy bedrog pleeg en opkom en magtig word deur middel van ’n klein nasie.+ 24  Gedurende ’n tyd van sorgeloosheid+ sal hy selfs in die vetheid van die regsgebied ingaan en doen wat sy vaders en sy grootvaders nie gedoen het nie. Roof en buit en goed sal hy onder hulle uitstrooi; en teen vestings sal hy sy planne beraam,+ maar net tot ’n sekere tyd. 25  “En hy sal sy krag en sy hart teen die koning van die suide opwek met ’n groot krygsmag; en wat die koning van die suide betref, hy sal hom vir die oorlog gereedmaak met ’n uiters groot en magtige krygsmag. En hy sal nie standhou nie, want hulle sal planne teen hom beraam. 26  En juis dié wat sy lekkernye eet, sal sy verbreking meebring. “En wat sy krygsmag betref, dit sal weggespoel word, en daar sal beslis baie gesneuweldes val. 27  “En wat hierdie twee konings betref, hulle hart sal geneig wees om te doen wat sleg is, en aan een tafel+ sal hulle leuens bly spreek.+ Maar niks sal slaag nie,+ want die einde is nog vir die vasgestelde tyd.+ 28  “En hy sal met ’n groot hoeveelheid goed na sy land teruggaan, en sy hart sal teen die heilige verbond wees.+ En hy sal doeltreffend optree+ en beslis na sy land teruggaan. 29  “Op die vasgestelde tyd+ sal hy teruggaan, en hy sal teen die suide kom;+ maar dit sal die laaste keer nie wees soos die eerste keer nie. 30  En die skepe van Kittim+ sal beslis teen hom kom, en hy sal terneergedruk moet raak. “En hy sal teruggaan en veroordelings+ teen die heilige verbond+ slinger en doeltreffend optree; en hy sal moet teruggaan en sal ag gee op dié wat die heilige verbond verlaat. 31  En daar sal arms opstaan wat van hom uitgaan; en hulle sal die heiligdom, die vesting, ontheilig+ en die voortdurende kenmerk verwyder.+ “En hulle sal beslis die walglike ding+ wat verwoesting veroorsaak,+ opstel. 32  “En dié wat goddeloos handel teen die verbond,+ sal hy deur middel van vleiende woorde+ tot afvalligheid lei.+ Maar die volk wat hulle God ken,+ sal seëvier+ en doeltreffend optree. 33  En wat dié betref wat insig het+ onder die volk, hulle sal aan talle begrip verleen.+ En hulle sal beslis struikel deur swaard en deur vlam, deur gevangenskap en deur plundering,+ ’n aantal dae lank. 34  Maar wanneer hulle struikel, sal hulle met ’n bietjie hulp gehelp word;+ en baie sal beslis deur middel van vleiery by hulle aansluit.+ 35  En party van dié wat insig het, sal struikel,+ om weens hulle ’n louteringswerk te doen en om te reinig en wit te maak,+ tot die tyd van die einde toe;+ want dit is nog vir die vasgestelde tyd.+ 36  “En die koning sal doen net wat hy wil, en hy sal hom verhef en hom groot maak bo elke god;+ en teen die God van die gode+ sal hy wonderlike dinge spreek. En hy sal beslis suksesvol wees totdat die veroordeling tot ’n einde gekom het;+ want dít waarop besluit is, moet gedoen word. 37  En op die God van sy vaders sal hy geen ag gee nie; en op die begeerte van vroue en op enige ander god sal hy geen ag gee nie, maar hy sal hom bo almal groot maak.+ 38  Maar aan die god van vestings sal hy in sy posisie heerlikheid gee; en aan ’n god wat sy vaders nie geken het nie, sal hy heerlikheid gee deur middel van goud en deur middel van silwer en deur middel van edelstene en deur middel van begeerlike dinge. 39  En hy sal doeltreffend optree teen die mees versterkte vestings, tesame met ’n vreemde god. Almal wat aan hom erkenning gegee het, sal hy oorvloedig laat wees in heerlikheid, en hy sal hulle onder baie laat heers; en die grond sal hy teen ’n prys uitdeel. 40  “En in die tyd van die einde sal die koning van die suide+ in ’n stotery met hom betrokke raak, en die koning van die noorde sal hom bestorm met strydwaens en met ruiters en met baie skepe; en hy sal beslis in die lande ingaan en oorstroom en deurtrek. 41  Hy sal ook in die Sieraadland+ ingaan,+ en baie lande sal struikel.+ Maar dié sal uit sy hand ontkom: Edom en Moab+ en die vernaamste deel van die kinders van Ammon. 42  En hy sal sy hand teen die lande bly uitsteek; en wat Egipteland+ betref, dit sal nie ontkom nie. 43  En hy sal oor die verborge skatte van die goud en die silwer en oor al die begeerlike dinge van Egipte heers. En die Libiërs en die Etiopiërs sal sy voetstappe volg. 44  “Maar daar sal berigte wees wat hom sal ontstel,+ vanuit die sonsopgang+ en vanuit die noorde, en hy sal beslis met ’n groot woede uitgaan om te verdelg en om baie aan vernietiging oor te gee.+ 45  En hy sal sy paleistente tussen die groot see en die heilige Sieraadberg+ opslaan; en hy sal geheel en al tot sy einde moet kom,+ en daar sal vir hom geen helper wees nie.+

Voetnote