Daniël 12:1-13

12  “En gedurende daardie tyd sal Miʹgael+ opstaan,+ die groot vors+ wat ten behoewe van die kinders van jou volk staan.+ En daar sal beslis ’n tyd van benoudheid wees soos daar nie was sedert ’n nasie ontstaan het tot op daardie tyd nie.+ En gedurende daardie tyd sal jou volk ontkom,+ elkeen wat in die boek opgeskryf gevind word.+  En baie van dié wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak,+ sommige tot lewe vir onbepaalde tyd+ en sommige tot smaadhede en tot afsku vir onbepaalde tyd.+  “En dié wat insig het, sal skyn soos die glans van die uitspansel;+ en dié wat baie tot regverdigheid bring,+ soos die sterre tot onbepaalde tyd, ja, vir ewig.  “En jy, o Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek,+ tot die tyd van die einde toe.+ Baie sal rondswerf, en die ware kennis sal oorvloedig word.”+  En ek, Daniël, ek het gesien, en kyk! daar het twee ander gestaan,+ een op die oewer duskant die stroom en die ander op die oewer anderkant die stroom.+  Toe het een vir die man, geklee in die linne,+ wat bokant die waters van die stroom was, gesê: “Hoe lank sal dit wees tot die einde van die wonderlike dinge?”+  En ek het die man, geklee in die linne, wat bokant die waters van die stroom was, begin hoor toe hy sy regterhand en sy linkerhand na die hemel ophef en sweer+ by die Een wat vir onbepaalde tyd lewe:+ “Dit sal ’n vasgestelde tyd, vasgestelde tye en ’n halwe tyd wees.+ En sodra daar ’n einde gemaak is aan die verplettering van die mag van die heilige volk,+ sal al hierdie dinge tot ’n einde kom.”  En wat my betref, ek het gehoor, maar ek kon nie verstaan nie,+ sodat ek gesê het: “O my heer, wat sal die einde van hierdie dinge wees?”+  En hy het gesê: “Gaan, Daniël, want die woorde word geheim gehou en verseël tot die tyd van die einde toe.+ 10  Baie sal hulle reinig+ en hulle wit maak+ en sal gelouter word.+ En die goddeloses sal beslis goddeloos handel,+ en geeneen van die goddeloses sal verstaan nie;+ maar dié wat insig het, sal verstaan.+ 11  “En van die tyd af dat die voortdurende kenmerk+ verwyder is+ en die walglike ding+ wat verwoesting veroorsaak, opgestel is, sal daar duisend-tweehonderd-en-negentig dae wees. 12  “Gelukkig+ is hy wat in afwagting bly en wat die duisend-driehonderd-vyf-en-dertig dae bereik! 13  “En wat jou betref, gaan die einde tegemoet;+ en jy sal rus,+ maar jy sal opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.”+

Voetnote