Daniël 2:1-49

2  En in die tweede jaar van die koningskap van Nebukadneʹsar het Nebukadneʹsar drome gedroom;+ en sy gees het onrustig geraak,+ en sy slaap was daarmee heen.  Daarom het die koning gesê dat die towerpriesters+ en die besweerders en die towenaars en die Galdeërs geroep moet word om vir die koning sy drome te vertel.+ En hulle het ingekom en voor die koning gaan staan.  Toe het die koning vir hulle gesê: “Ek het ’n droom gedroom, en my gees is onrustig om die droom te wete te kom.”  Daarop het die Galdeërs in die Aramese taal met die koning gepraat:+ “O koning, bly lewe, ja, vir onbepaalde tye.+ Sê vir u knegte wat die droom is, en ons sal die uitlegging openbaar.”+  Die koning het geantwoord en vir die Galdeërs gesê: “Die woord word deur my uitgevaardig: As julle die droom en sy uitlegging nie aan my bekend maak nie, sal julle in stukke gekap word,+ en julle huise sal in openbare gemakhuisies verander word.+  Maar as julle die droom en sy uitlegging openbaar, sal julle gawes en ’n geskenk en groot waardigheid van my ontvang.+ Openbaar derhalwe die droom en sy uitlegging aan my.”  Hulle het ’n tweede keer geantwoord en gesê: “Laat die koning vir sy knegte sê wat die droom is, en ons sal die uitlegging daarvan openbaar.”  Die koning het geantwoord en gesê: “Ek weet vir seker dat julle tyd probeer wen, aangesien julle gemerk het dat die woord deur my uitgevaardig word.  Want as julle die droom nie aan my bekend maak nie, is hierdie één vonnis+ op julle. Maar ’n leuenagtige en verkeerde woord het julle ooreengekom om voor my te sê,+ totdat die tyd verander. Vertel my derhalwe die droom, en ek sal weet dat julle die uitlegging daarvan kan openbaar.” 10  Die Galdeërs het voor die koning geantwoord, en hulle het gesê: “Daar bestaan nie ’n mens op droë grond wat die saak van die koning kan openbaar nie, aangesien geen groot koning of goewerneur so iets van enige towerpriester of besweerder of Galdeër gevra het nie. 11  Maar wat die koning vra, is moeilik, en daar bestaan niemand anders wat dit voor die koning kan openbaar nie, behalwe die gode,+ wie se woonplek beslis nie by die vlees is nie.”+ 12  Hieroor het die koning toornig en briesend kwaad geword,+ en hy het gesê dat al die wyse manne van Babilon doodgemaak moet word.+ 13  En die bevel het uitgegaan, en die wyse manne sou weldra doodgemaak word; en hulle het Daniël en sy metgeselle gesoek om hulle dood te maak. 14  Wat Daniël betref, hy het hom in dié tyd met raad en verstandigheid+ gerig tot Aʹriog, die hoof van die koning se lyfwag, wat uitgegaan het om die wyse manne van Babilon dood te maak. 15  Hy het geantwoord en vir Aʹriog, die beampte van die koning, gesê: “Waarom is daar so ’n streng bevel van die koning af?” Toe het Aʹriog die saak aan Daniël bekend gemaak.+ 16  Daarop het Daniël ingegaan en die koning gevra dat hy hom tyd moet gee, juis om die uitlegging aan die koning te openbaar.+ 17  Daarna het Daniël na sy eie huis gegaan; en hy het die saak aan sy metgeselle Hananʹja, Miʹsael en Asarʹja bekend gemaak, 18  dat ook hulle barmhartighede+ van die God van die hemel+ aangaande hierdie geheim kon vra,+ sodat hulle Daniël en sy metgeselle nie saam met die res van die wyse manne van Babilon sou doodmaak nie.+ 19  Toe is die geheim in ’n nagvisioen aan Daniël geopenbaar.+ Gevolglik het Daniël die God van die hemel geloof.+ 20  Daniël het geantwoord en gesê: “Laat die naam van God geloof word+ van onbepaalde tyd, ja, tot onbepaalde tyd, want die wysheid en die mag—dit behoort aan hom.+ 21  En hy verander tye en tydperke,+ sit konings af en stel konings aan,+ gee wysheid aan die wyses en kennis aan dié wat onderskeidingsvermoë ken.+ 22  Hy openbaar die diep dinge en die verborge dinge,+ hy weet wat in die duisternis is;+ en die lig woon by hom.+ 23  U, o God van my voorvaders, loof en prys ek,+ want wysheid+ en mag het u aan my gegee. En nou het u aan my bekend gemaak wat ons u versoek het, want u het die saak van die koning aan ons bekend gemaak.”+ 24  Daarom het Daniël ingegaan na Aʹriog toe,+ wat die koning aangestel het om die wyse manne van Babilon dood te maak.+ Hy het gegaan, en só het hy vir hom gesê: “Moenie een van die wyse manne van Babilon doodmaak nie. Bring my in voor die koning,+ sodat ek die uitlegging aan die koning kan openbaar.” 25  Toe het Aʹriog Daniël haastig voor die koning ingebring, en só het hy vir hom gesê: “Ek het ’n man onder die ballinge+ van Juda gevind wat die uitlegging aan die koning bekend kan maak.” 26  Die koning het geantwoord en vir Daniël, wie se naam Beltʹsasar was,+ gesê: “Is jy bekwaam genoeg om aan my die droom wat ek gesien het, en sy uitlegging, bekend te maak?”+ 27  Daniël het voor die koning geantwoord en gesê: “Die geheim wat die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die towerpriesters en die sterrewiggelaars nie aan die koning openbaar nie.+ 28  Maar daar bestaan ’n God in die hemel wat ’n Openbaarder van geheime is,+ en hy het aan koning Nebukadneʹsar bekend gemaak wat aan die einde van die dae gaan plaasvind.+ U droom en die visioene wat in u kop gekom het terwyl u op u bed was—dit is soos volg: 29  “Wat u betref, o koning, op u bed+ het u gedagtes opgekom oor wat hierna gaan plaasvind, en die Een wat die Openbaarder van geheime is, het aan u bekend gemaak wat gaan plaasvind.+ 30  En wat my betref, dit is nie deur enige wysheid wat in my is meer as in al die ander lewendes dat hierdie geheim aan my geopenbaar is nie,+ maar met die bedoeling dat die uitlegging aan die koning bekend gemaak sal word en dat u die gedagtes van u hart kan ken.+ 31  “U, o koning, het gesien, en kyk! daar was ’n ontsaglike beeld. Dié beeld, wat groot was en waarvan die glans buitengewoon was, het voor u gestaan, en sy voorkoms was vreeslik. 32  Wat dié beeld betref, sy kop was van goeie goud,+ sy bors en sy arms was van silwer,+ sy maag en sy dye was van koper,+ 33  sy bene was van yster,+ sy voete was deels van yster en deels van gevormde klei.+ 34  U het bly kyk totdat ’n klip uitgekap is, nie deur hande nie,+ en dit het die beeld op sy voete van yster en van gevormde klei getref en hulle verbrysel.+ 35  Toe is die yster, die gevormde klei, die koper, die silwer en die goud alles saam verbrysel en het dit soos die kaf van die somerdorsvloer geword,+ en die wind het dit weggevoer sodat hoegenaamd geen spoor daarvan gevind is nie.+ En wat die klip betref wat die beeld getref het, dit het ’n groot berg geword en die hele aarde gevul.+ 36  “Dit is die droom, en sy uitlegging sal ons voor die koning sê.+ 37  U, o koning, die koning van die konings, u aan wie die God van die hemel die koninkryk,+ die mag en die sterkte en die waardigheid gegee het, 38  en in wie se hand hy, oral waar die mensekinders woon, die diere van die veld en die voëls van die hemel gegee het,+ en wat hy heerser oor hulle almal gemaak het, u is die kop van goud.+ 39  “En ná u sal daar ’n ander koninkryk opstaan,+ geringer as u;+ en nog ’n koninkryk, ’n derde, van koper, wat oor die hele aarde sal heers.+ 40  “En wat die vierde koninkryk betref,+ dit sal sterk soos yster wees.+ Aangesien yster alle ander dinge verbrysel en vergruis, sal dit ook, soos yster wat verpletter, dit alles verbrysel en verpletter.+ 41  “En dat u gesien het dat die voete en die tone deels van gevormde pottebakkersklei en deels van yster was:+ die koninkryk sal verdeeld wees,+ maar iets van die hardheid van yster sal daarin wees, aangesien u die yster gemeng met klam klei gesien het.+ 42  En wat die tone van die voete betref wat deels van yster en deels van gevormde klei was: die koninkryk sal deels sterk en deels bros wees. 43  Dat u yster gemeng met klam klei gesien het: hulle sal met die nageslag van die mensdom vermeng raak; maar hulle sal nie aan mekaar kleef, die een aan die ander nie, soos yster nie met gevormde klei meng nie. 44  “En in die dae van dié konings+ sal die God van die hemel+ ’n koninkryk oprig+ wat nooit vernietig sal word nie.+ En die koninkryk sal aan geen ander volk oorgedra word nie.+ Dit sal al hierdie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak,+ en self sal dit tot onbepaalde tye bly staan;+ 45  aangesien u gesien het dat ’n klip uit die berg gekap is, nie deur hande nie,+ en dat dit die yster, die koper, die gevormde klei, die silwer en die goud verbrysel het.+ Die Grootse God+ het aan die koning bekend gemaak wat hierna gaan plaasvind.+ En die droom is waaragtig, en sy uitlegging is betroubaar.”+ 46  Toe het koning Nebukadneʹsar op sy gesig neergeval, en hy het aan Daniël hulde bewys, en hy het gesê dat selfs ’n geskenk en reukwerk aan hom geoffer moet word.+ 47  Die koning het Daniël geantwoord en gesê: “Waarlik, julle God is ’n God van die gode+ en ’n Here van die konings+ en ’n Openbaarder van geheime, want jy kon hierdie geheim openbaar.”+ 48  Gevolglik het die koning Daniël ’n vername man gemaak,+ en hy het hom talle groot geskenke gegee, en hy het hom heerser oor die hele regsgebied van Babilon+ en hoofprefek oor al die wyse manne van Babilon gemaak. 49  En Daniël het ’n versoek tot die koning gerig, en hy het Sadrag, Mesag en Abedneʹgo+ oor die administrasie van die regsgebied van Babilon aangestel, maar Daniël was aan die hof+ van die koning.

Voetnote