Daniël 3:1-30

3  Koning Nebukadneʹsar het ’n beeld+ van goud gemaak, waarvan die hoogte sestig el en die breedte ses el was. Hy het dit in die vlakte Dura in die regsgebied van Babilon opgerig.+  En as koning het Nebukadneʹsar gestuur om die satrape, die prefekte+ en die goewerneurs, die raadgewers, die skatmeesters, die regters, die polisiemagistrate+ en al die administrateurs van die regsgebiede bymekaar te roep om na die inwyding te kom+ van die beeld wat koning Nebukadneʹsar opgerig het.  Toe het die satrape,+ die prefekte en die goewerneurs, die raadgewers, die skatmeesters, die regters, die polisiemagistrate en al die administrateurs van die regsgebiede bymekaargekom vir die inwyding van die beeld wat koning Nebukadneʹsar opgerig het, en hulle het voor die beeld gestaan wat Nebukadneʹsar opgerig het.  En die aankondiger+ het hard uitgeroep: “Julle word aangesê, o volke, volksgroepe en tale,+  dat julle, sodra julle die geluid van die horing, die fluit, die siter, die driehoekige harp, die snaarinstrument, die doedelsak en allerhande musiekinstrumente hoor,+ moet neerval en die goue beeld moet aanbid wat koning Nebukadneʹsar opgerig het.  En elkeen wat nie neerval en aanbid nie,+ sal dieselfde oomblik+ in die brandende vuuroond gegooi word.”+  Daarom, net toe al die volke die geluid van die horing, die fluit, die siter, die driehoekige harp, die snaarinstrument en allerhande musiekinstrumente hoor, het al die volke,+ volksgroepe en tale neergeval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadneʹsar opgerig het.  Om dié rede het sekere Galdeërs terselfdertyd nader gekom en die Jode beskuldig.+  Hulle het geantwoord en vir koning Nebukadneʹsar gesê: “O koning, bly lewe, ja, vir onbepaalde tye.+ 10  U, o koning, het die bevel gegee dat elke mens wat die geluid van die horing, die fluit, die siter, die driehoekige harp, die snaarinstrument en die doedelsak en allerhande musiekinstrumente hoor,+ moet neerval en die goue beeld moet aanbid; 11  en dat elkeen wat nie neerval en aanbid nie, in die brandende vuuroond gegooi moet word.+ 12  Daar is sekere Jode wat u oor die administrasie van die regsgebied van Babilon aangestel het,+ Sadrag, Mesag en Abedneʹgo; hierdie manne het hulle nie aan u gesteur nie, o koning, hulle dien nie u gode nie, en die goue beeld wat u opgerig het, aanbid hulle nie.”+ 13  Toe het Nebukadneʹsar, woedend en grimmig,+ gesê dat Sadrag, Mesag en Abedneʹgo+ gebring moet word. Gevolglik is hierdie manne voor die koning gebring. 14  Nebukadneʹsar het geantwoord en vir hulle gesê: “Is dit werklik so, o Sadrag, Mesag en Abedneʹgo, dat julle my gode nie dien nie+ en die goue beeld wat ek opgerig het, nie aanbid nie?+ 15  As julle dan nou bereid is om neer te val wanneer julle die geluid van die horing, die fluit, die siter, die driehoekige harp, die snaarinstrument en die doedelsak en allerhande musiekinstrumente hoor+ en die beeld te aanbid wat ek gemaak het, goed. Maar as julle nie aanbid nie, sal julle daardie selfde oomblik in die brandende vuuroond gegooi word. En wie is die god wat julle uit my hand kan red?”+ 16  Sadrag, Mesag en Abedneʹgo het geantwoord en vir die koning gesê: “O Nebukadneʹsar, ons is nie genoodsaak om vir u ’n woord hierop te antwoord nie.+ 17  As dit moet, is ons God wat ons dien, in staat om ons te red. Uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, sal hy ons red.+ 18  Maar so nie, laat dit dan aan u bekend word, o koning, dat ons u gode nie dien nie, en die goue beeld wat u opgerig het, sal ons nie aanbid nie.”+ 19  Toe is Nebukadneʹsar met grimmigheid vervul, en sy gesigsuitdrukking het teenoor Sadrag, Mesag en Abedneʹgo verander. Hy het geantwoord en gesê dat die oond sewe keer warmer gemaak moet word as wat dit gewoonlik gemaak is. 20  En hy het sekere lewenskragtige+ manne wat in sy krygsmag was, aangesê om Sadrag, Mesag en Abedneʹgo te bind om hulle in die brandende vuuroond te gooi.+ 21  Toe is hierdie manne in hulle mantels, hulle klere en hulle musse en hulle ander kledingstukke gebind en in die brandende vuuroond gegooi. 22  Juis omdat die koning se woord streng was en die oond uitermate warm gemaak is, is dié manne wat Sadrag, Mesag en Abedneʹgo opgeneem het, deur die vuurvlam gedood. 23  Maar hierdie ander manne, die drie, Sadrag, Mesag en Abedneʹgo, het gebind binne-in die brandende vuuroond geval.+ 24  Toe het koning Nebukadneʹsar bang geword en haastig opgestaan. Hy het geantwoord en vir sy hoë koninklike amptenare gesê: “Het ons nie drie manne gebind binne-in die vuur gegooi nie?”+ Hulle het geantwoord en vir die koning gesê: “Ja, o koning.” 25  Hy het geantwoord en gesê: “Kyk! Ek sien vier manne wat los binne-in die vuur rondloop, en daar is geen letsel aan hulle nie, en die voorkoms van die vierde is soos dié van ’n godeseun.”+ 26  Toe het Nebukadneʹsar nader gekom na die deur van die brandende vuuroond.+ Hy het geantwoord en gesê: “Sadrag, Mesag en Abedneʹgo, knegte van die Allerhoogste God,+ kom uit hierheen!” Toe het Sadrag, Mesag en Abedneʹgo uit die vuur uitgekom. 27  En die satrape, die prefekte en die goewerneurs en die hoë amptenare+ van die koning wat bymekaar gekom het, het hierdie manne gesien, dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad het nie+ en dat geen haar van hulle kop+ geskroei was nie, en dat selfs hulle mantels geen verandering ondergaan het nie en nie eens die reuk van die vuur aan hulle gekom het nie. 28  Nebukadneʹsar het geantwoord en gesê: “Mag die God van Sadrag, Mesag en Abedneʹgo geloof word,+ wat sy engel gestuur+ en sy knegte gered het wat op hom vertrou het+ en wat die woord van die koning verander het en hulle liggame oorgegee het, omdat hulle geen ander god behalwe hulle eie God+ wou dien+ en aanbid nie.+ 29  En deur my word ’n bevel uitgevaardig+ dat enige volk, volksgroep of taal wat enigiets verkeerds teen die God van Sadrag, Mesag en Abedneʹgo sê, in stukke gekap moet word,+ en sy huis moet in ’n openbare gemakhuisie verander word,+ aangesien daar geen ander god is wat kan verlos soos dié een nie.”+ 30  In dié tyd het die koning gesorg dat Sadrag, Mesag en Abedneʹgo voorspoedig is in die regsgebied van Babilon.+

Voetnote