Daniël 4:1-37
4 “Koning Nebukadneʹsar aan al die volke, volksgroepe en tale wat op die hele aarde woon:+ Mag julle vrede groot word.+
2 Ek het dit goedgevind om die tekens en wonders wat die Allerhoogste God ten opsigte van my verrig het, bekend te maak.+
3 Hoe groot is sy tekens, en hoe magtig sy wonders!+ Sy koninkryk is ’n koninkryk tot onbepaalde tyd,+ en sy heerskappy is van geslag tot geslag.+
4 “Ek, Nebukadneʹsar, was rustig+ in my huis en het gefloreer in my paleis.+
5 Ek het ’n droom gesien, en dit het my begin bang maak.+ En daar was geestesbeelde op my bed en visioene wat in my kop gekom het, wat my begin verskrik het.+
6 En deur my is ’n bevel uitgevaardig dat al die wyse manne van Babilon voor my ingebring moes word, sodat hulle die uitlegging van die droom aan my bekend kon maak.+
7 “Toe het die towerpriesters, die besweerders, die Galdeërs+ en die sterrewiggelaars+ ingekom; en ek het voor hulle gesê wat die droom was, maar sy uitlegging het hulle nie aan my bekend gemaak nie.+
8 En eindelik het Daniël voor my ingekom, wie se naam Beltʹsasar+ is na die naam van my god+ en in wie die gees van die heilige gode is;+ en voor hom het ek gesê wat die droom was:
9 “‘O Beltʹsasar, hoof van die towerpriesters+—want ek weet goed dat die gees van die heilige gode in jou is+ en dat daar hoegenaamd geen geheim is wat jou kwel nie+—vertel my die visioene van my droom wat ek gesien het en die uitlegging daarvan.+
10 “‘En ek het die visioene gesien wat in my kop gekom het terwyl ek op my bed was,+ en kyk! ’n boom+ in die middel van die aarde, waarvan die hoogte ontsaglik was.+
11 Die boom het groot en sterk geword, en sy hoogte het uiteindelik tot aan die hemel gereik, en hy was tot aan die einde van die hele aarde sigbaar.+
12 Sy blare was mooi en sy vrugte was oorvloedig, en daar was voedsel vir almal aan hom. Onder hom het die diere+ van die veld skaduwee gesoek,+ en op sy takke het die voëls van die hemel gewoon,+ en van hom het alle vlees geëet.
13 “‘Ek het verder gesien in die visioene wat in my kop gekom het terwyl ek op my bed was, en kyk! ’n wag,+ ja, ’n heilige,+ wat uit die hemel neerdaal.
14 Hy het hard uitgeroep, en só het hy gesê: “KAP die boom af+ en kap sy takke af. SKUD sy blare af en verstrooi sy vrugte. Laat die diere onder hom uit wegvlug en die voëls uit sy takke.+
15 Maar LAAT sy wortelstomp in die aarde staan, ja, met ’n band van yster en van koper, tussen die gras van die veld; en laat hom deur die dou van die hemel natgemaak word, en laat sy deel saam met die diere tussen die plantegroei van die aarde wees.+
16 Laat sy hart anders word as dié van ’n mens, en laat ’n dierehart aan hom gegee word,+ en laat sewe tye+ oor hom heen gaan.
17 Volgens die verordening van wagte+ is die saak, en volgens die woord van heiliges is die versoek, sodat die lewendes kan weet dat die Allerhoogste die Heerser in die koninkryk van die mensdom is+ en dat hy dit gee aan wie hy wil+ en selfs die geringste van die mensdom daaroor aanstel.”+
18 “‘Dit was die droom wat ek, koning Nebukadneʹsar, gesien het; en sê jy, o Beltʹsasar, wat die uitlegging is, aangesien al die ander wyse manne van my koninkryk nie die uitlegging aan my bekend kan maak nie.+ Maar jy is bekwaam, want die gees van heilige gode is in jou.’+
19 “Toe was Daniël, wie se naam Beltʹsasar is,+ ’n oomblik verstom, en sy gedagtes het hom begin bang maak.+
“Die koning het geantwoord en gesê: ‘O Beltʹsasar, laat die droom en die uitlegging jou nie bang maak nie.’+
“Beltʹsasar het geantwoord en gesê: ‘O my heer, mag die droom van toepassing wees op dié wat u haat, en sy uitlegging op u teenstanders.+
20 “‘Die boom wat u gesien het, wat groot en sterk geword het en waarvan die hoogte uiteindelik tot aan die hemel gereik het en wat vir die hele aarde sigbaar was,+
21 en waarvan die blare mooi was en waarvan die vrugte oorvloedig was, en waaraan daar voedsel vir almal was; waaronder die diere van die veld gewoon het, en op die takke waarvan die voëls van die hemel gebly het,+
22 dit is u, o koning,+ want u het groot en sterk geword, en u grootsheid het baie toegeneem en tot aan die hemel gereik,+ en u koningskap tot aan die einde van die aarde.+
23 “‘En dat die koning ’n wag, ja, ’n heilige,+ uit die hemel sien neerdaal het, wat ook gesê het: “KAP die boom af en VERWOES dit. LAAT sy wortelstomp egter in die aarde staan, maar met ’n band van yster en van koper, tussen die gras van die veld, en laat hom deur die dou van die hemel natgemaak word, en laat sy deel saam met die diere van die veld wees totdat sewe tye oor hom heen gegaan het”+—
24 dit is die uitlegging, o koning, en dit is die verordening+ van die Allerhoogste+ wat oor my heer die koning sal kom.+
25 En hulle sal u onder die mense uit verdryf, en by die diere van die veld sal u woonplek wees,+ en die plantegroei sal hulle vir u gee om te eet net soos bulle;+ en deur die dou van die hemel sal u natgemaak word, en sewe tye+ sal oor u heen gaan, totdat u weet dat die Allerhoogste die Heerser in die koninkryk van die mensdom is+ en dat hy dit gee aan wie hy wil.+
26 “‘En dat hulle gesê het dat die wortelstomp van die boom laat staan moet word:+ u koninkryk sal vir u seker wees nadat u weet dat die hemel heers.+
27 Daarom, o koning, mag u tog my raad goedvind,+ en verwyder u sondes deur regverdigheid,+ en u ongeregtigheid deur barmhartigheid aan die armes te bewys.+ Miskien sal daar ’n verlenging van u voorspoed wees.’”+
28 Dit alles het oor koning Nebukadneʹsar gekom.+
29 Na verloop van twaalf maanmaande het hy op die koninklike paleis van Babilon rondgeloop.
30 Die koning het geantwoord en gesê:+ “Is dit nie Babilon die Grote wat ek vir die koninklike huis gebou het met die sterkte van my mag+ en vir die waardigheid van my majesteit nie?”+
31 Terwyl die woord nog in die koning se mond was, het daar ’n stem uit die hemel geval: “Vir jou word daar gesê, o koning Nebukadneʹsar: ‘Die koninkryk het van jou gewyk,+
32 en hulle verdryf jou onder die mensdom uit, en by die diere van die veld sal jou woonplek wees.+ Plantegroei sal hulle vir jou gee om te eet net soos bulle, en sewe tye sal oor jou heen gaan, totdat jy weet dat die Allerhoogste die Heerser in die koninkryk van die mensdom is en dat hy dit gee aan wie hy wil.’”+
33 Op daardie oomblik+ is die woord oor Nebukadneʹsar vervul, en hy is onder die mensdom uit verdryf, en plantegroei het hy begin eet net soos bulle, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak, totdat selfs sy hare lank geword het net soos arende se vere en sy naels soos voëls se kloue.+
34 “En aan die einde van die dae+ het ek, Nebukadneʹsar, my oë na die hemel opgeslaan,+ en my verstand het tot my begin terugkeer; en ek het die Allerhoogste geloof,+ en die Een wat tot onbepaalde tyd lewe, het ek geprys en verheerlik,+ want sy heerskappy is ’n heerskappy tot onbepaalde tyd en sy koninkryk is van geslag tot geslag.+
35 En al die bewoners van die aarde word as bloot niks geag,+ en hy handel volgens sy wil met die leër van die hemel en die bewoners van die aarde.+ En daar bestaan niemand wat sy hand kan teëhou+ of wat vir hom kan sê: ‘Wat het u gedoen?’ nie.+
36 “Terselfdertyd het my verstand tot my begin terugkeer, en vir die waardigheid van my koninkryk het my majesteit en my glans tot my begin terugkeer;+ en na my het selfs my hoë koninklike beamptes en my edelmanne ywerig begin soek, en ek is weer oor my koninkryk aangestel, en buitengewone grootheid is vir my toegevoeg.+
37 “Ek, Nebukadneʹsar, loof en verhef en verheerlik nou die Koning van die hemel,+ omdat al sy werke waarheid is en sy weë geregtigheid,+ en omdat hy dié wat in trotsheid wandel, kan verneder.”+