Daniël 5:1-31

5  Wat koning Belʹsasar+ betref, hy het ’n groot feesmaal vir duisend van sy edelmanne gegee, en voor die duisend het hy wyn gedrink.+  Onder die invloed van die wyn+ het Belʹsasar gesê dat die goue en silwerhouers+ ingebring moet word wat sy vader Nebukadneʹsar weggeneem het uit die tempel wat in Jerusalem was, sodat die koning en sy edelmanne, sy byvrouens en sy ondergeskikte vrouens daaruit kon drink.+  Toe het hulle die goue houers ingebring wat hulle weggeneem het uit die tempel van die huis van God wat in Jerusalem was, en die koning en sy edelmanne, sy byvrouens en sy ondergeskikte vrouens het daaruit gedrink.  Hulle het wyn gedrink, en hulle het die gode van goud en van silwer, koper, yster, hout en klip geloof.+  Op daardie oomblik het die vingers van ’n mensehand te voorskyn gekom en teenoor die lampstaander op die pleister van die muur van die koning se paleis geskryf,+ en die koning het die rugkant van die hand gesien wat geskryf het.  Toe het die koning se gelaatskleur verander, en sy gedagtes het hom begin bang maak,+ en sy heupgewrigte het losgeraak+ en sy knieë het teen mekaar geslaan.+  Die koning het hard uitgeroep dat die besweerders, die Galdeërs en die sterrewiggelaars ingebring moet word.+ Die koning het geantwoord en vir die wyse manne van Babilon gesê: “Enige mens wat hierdie skrif lees en die uitlegging daarvan aan my openbaar—in purper sal hy geklee word,+ met ’n goue ketting om sy nek, en as die derde in die koninkryk sal hy heers.”+  Toe het al die wyse manne van die koning ingekom, maar hulle was nie bekwaam genoeg om die skrif te lees of die uitlegging aan die koning bekend te maak nie.+  Gevolglik was koning Belʹsasar baie bang en het sy gelaatskleur verander; en sy edelmanne was dronkgeslaan.+ 10  Wat die koningin betref, sy het weens die woorde van die koning en sy edelmanne tot reg in die feessaal gekom. Die koningin het geantwoord en gesê: “O koning, bly lewe, ja, tot onbepaalde tye.+ Laat u gedagtes u nie bang maak nie, en laat u gelaatskleur ook nie verander nie. 11  Daar is ’n bekwame man in u koninkryk in wie die gees van heilige gode is;+ en in die dae van u vader is verligting en insig en wysheid soos die wysheid van gode in hom gevind, en koning Nebukadneʹsar, u vader, het hom as hoof+ van die towerpriesters, die besweerders, die Galdeërs en die sterrewiggelaars aangestel, ja, u vader, o koning; 12  aangesien ’n buitengewone gees en kennis en insig om drome uit te lê+ en die verklaring van raaisels en die losmaak van knope in hom gevind is,+ in Daniël, aan wie die koning die naam Beltʹsasar gegee het.+ Laat Daniël nou geroep word, sodat hy die uitlegging kan openbaar.” 13  Toe is Daniël voor die koning ingebring. Die koning het begin praat en vir Daniël gesê: “Is jy die Daniël wat uit die ballinge van Juda is,+ wat die koning, my vader, uit Juda gebring het?+ 14  Ek het ook omtrent jou gehoor dat die gees van gode in jou is+ en dat verligting en insig en buitengewone wysheid+ in jou gevind is. 15  En die wyse manne en die besweerders is dan nou voor my ingebring sodat hulle hierdie skrif kon lees, ja, om die uitlegging daarvan aan my bekend te maak; maar hulle is nie bekwaam genoeg om die uitlegging van die woord te openbaar nie.+ 16  En ek het omtrent jou gehoor dat jy uitleggings kan verskaf+ en knope kan losmaak. As jy dan nou die skrif kan lees en die uitlegging daarvan aan my bekend kan maak—in purper sal jy geklee word, met ’n goue ketting om jou nek, en as die derde in die koninkryk sal jy heers.”+ 17  Toe het Daniël geantwoord en voor die koning gesê: “Hou maar u gawes vir uself, en gee u geskenke maar aan ander.+ Ek sal nietemin die skrif vir die koning lees, en die uitlegging sal ek aan hom bekend maak.+ 18  Wat u betref, o koning, die Allerhoogste God+ het aan u vader Nebukadneʹsar+ die koninkryk en die grootheid en die waardigheid en die majesteit gegee.+ 19  En weens die grootheid wat Hy hom gegee het, het alle volke, volksgroepe en tale gebewe en vrees voor hom geopenbaar.+ Hy het doodgemaak wie hy wou; en hy het verpletter wie hy wou; en hy het verhef wie hy wou; en hy het verneder wie hy wou.+ 20  Maar toe sy hart hoogmoedig geword en sy gees hom verhard het, sodat hy vermetel gehandel het,+ is hy van die troon van sy koninkryk afgestoot, en sy waardigheid is van hom weggeneem.+ 21  En hy is onder die mensekinders uit verdryf, en sy hart is soos dié van ’n dier gemaak, en by die wilde esels was sy woonplek.+ Plantegroei het hulle hom gegee om te eet net soos bulle, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak,+ totdat hy geweet het dat die Allerhoogste God die Heerser in die koninkryk van die mensdom is en dat hy daaroor aanstel wie hy wil.+ 22  “En wat u, sy seun Belʹsasar,+ betref, u het u hart nie verneder nie,+ hoewel u dit alles geweet het.+ 23  Maar teen die Here van die hemel het u u verhef,+ en hulle het selfs die houers van sy huis voor u gebring;+ en u en u edelmanne, u byvrouens en u ondergeskikte vrouens het daaruit wyn gedrink, en u het blote gode van silwer en van goud, koper, yster, hout en klip geloof,+ wat niks sien en niks hoor en niks weet nie;+ maar die God in wie se hand u asem is+ en aan wie al u weë behoort,+ het u nie verheerlik nie.+ 24  Gevolglik is daar van hom af die rugkant van ’n hand gestuur en is hierdie skrif geskryf.+ 25  En dít is die skrif wat geskryf is: MENE, MENE, TEKEL en PARSIN. 26  “Dít is die uitlegging van die woord: MENE—God het die dae van u koninkryk getel en daar ’n einde aan gemaak.+ 27  “TEKEL—u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind.+ 28  “PERES—u koninkryk is verdeel en aan die Mede en die Perse gegee.”+ 29  Toe het Belʹsasar bevel gegee, en hulle het Daniël in purper geklee, met ’n goue ketting om sy nek; en hulle het aangaande hom aangekondig dat hy die derde heerser in die koninkryk sou word.+ 30  In daardie selfde nag is Belʹsasar, die Galdese koning, doodgemaak+ 31  en het Dariʹus+ die Meder die koninkryk ontvang, toe hy ongeveer twee-en-sestig jaar oud was.

Voetnote