Daniël 7:1-28

7  In die eerste jaar van Belʹsasar,+ die koning van Babilon, het Daniël ’n droom gesien en visioene wat in sy kop gekom het terwyl hy op sy bed was.+ Toe het hy die droom opgeskryf.+ Die volledige verslag van die sake het hy vertel.  Daniël het begin praat en gesê: “Ek het in my visioene gedurende die nag gesien, en kyk! die vier winde+ van die hemel het die uitgestrekte see in beroering gebring.+  En vier yslike diere+ het uit die see opgekom,+ elkeen verskillend+ van die ander.  “Die eerste was soos ’n leeu,+ en hy het die vlerke van ’n arend gehad.+ Ek het bly kyk totdat sy vlerke uitgeruk is, en hy is van die aarde af opgehef+ en is soos ’n mens op twee voete orent geplaas, en ’n mensehart is aan hom gegee.+  “En kyk! ’n ander dier, ’n tweede, wat soos ’n beer was.+ En sy een kant is opgelig,+ en daar was drie ribbebene in sy bek tussen sy tande; en só het hulle vir hom gesê: ‘Staan op, eet baie vleis.’+  “Hierna het ek gesien, en kyk! ’n ander dier, een soos ’n luiperd,+ maar hy het vier vlerke van ’n voël op sy rug gehad. En die dier het vier koppe gehad,+ en aan hom is daar inderdaad heerskappy gegee.  “Hierna het ek in die nagvisioene gesien, en kyk! ’n vierde dier, vreeswekkend en verskriklik en buitengewoon sterk.+ En hy het groot ystertande gehad. Hy het verslind en verbrysel, en wat oorgebly het, het hy met sy pote vertrap. En hy was verskillend van al die ander diere wat voor hom was, en hy het tien horings gehad.+  Ek het op die horings bly ag gee, en kyk! ’n ander horing, ’n kleintjie,+ het tussen hulle uitgekom, en drie van die eerste horings is voor hom uitgeruk. En kyk! daar was oë soos die oë van ’n mens in hierdie horing, en daar was ’n mond wat grootse dinge gespreek het.+  “Ek het bly kyk totdat daar trone neergesit is+ en die Oue van Dae+ gaan sit het. Sy klere was wit soos sneeu,+ en die hare van sy kop was soos skoon wol.+ Sy troon was vuurvlamme;+ die wiele daarvan was ’n brandende vuur.+ 10  ’n Stroom vuur het gevloei en voor hom uitgegaan.+ Duisend duisende het hom bly dien,+ en tienduisend maal tienduisend het reg voor hom bly staan.+ Die Hof+ het gaan sit, en boeke is geopen. 11  “Ek het toe bly kyk weens die geluid van die grootse woorde wat die horing gespreek het;+ ek het bly kyk totdat die dier doodgemaak en sy liggaam vernietig is en hy aan die brandende vuur oorgegee is.+ 12  Maar wat die res van die diere betref,+ hulle heerskappy is weggeneem, en ’n verlenging van lewe is aan hulle gegee vir ’n tyd en ’n tydperk.+ 13  “Ek het in die nagvisioene gesien, en kyk! met die wolke+ van die hemel het iemand soos ’n seun van die mens+ gekom; en hy het toegang tot die Oue van Dae+ verkry, en hulle het hom tot naby, ja, tot voor Hom gebring.+ 14  En aan hom is heerskappy+ en waardigheid+ en ’n koninkryk+ gegee, sodat al die volke, volksgroepe en tale hóm sou dien.+ Sy heerskappy is ’n heerskappy van onbepaalde duur wat nie sal verbygaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie.+ 15  “Wat my, Daniël, betref, my gees was innerlik benoud hieroor, en die visioene van my hoof het my begin bang maak.+ 16  Ek het tot naby een van dié gegaan wat daar gestaan het, sodat ek van hom betroubare inligting oor dit alles kon vra.+ En terwyl hy die uitlegging van die sake aan my bekend gemaak het, het hy vir my gesê: 17  “‘Wat hierdie yslike diere betref, omdat hulle vier is,+ is daar vier konings wat uit die aarde sal opstaan.+ 18  Maar die heiliges+ van die Opperwese+ sal die koninkryk ontvang, en hulle sal die koninkryk vir onbepaalde tyd in besit neem,+ ja, vir onbepaalde tyd tot onbepaalde tye.’ 19  “Toe wou ek sekerheid verkry oor die vierde dier, wat verskillend was van al die ander, buitengewoon vreeswekkend, waarvan die tande van yster en die kloue van koper was, wat verslind en verbrysel het, en wat selfs wat oorgebly het, met sy pote vertrap het;+ 20  en oor die tien horings wat op sy kop was,+ en die ander horing+ wat uitgekom het en waarvoor drie geval het,+ ja, dié horing wat oë gehad het en ’n mond wat grootse dinge gespreek het+ en waarvan die voorkoms groter was as dié van die ander. 21  “Ek het bly kyk toe daardie selfde horing teen die heiliges oorlog gevoer het, en hy het die oorhand oor hulle gekry,+ 22  totdat die Oue van Dae+ gekom het en oordeel ten gunste van die heiliges van die Opperwese+ gevel is en die bepaalde tyd aangebreek het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het.+ 23  “Só het hy gesê: ‘Wat die vierde dier betref, ’n vierde koninkryk sal op die aarde tot stand kom, wat verskillend sal wees van al die ander koninkryke; en dit sal die hele aarde verslind en sal dit vertrap en verbrysel.+ 24  En wat die tien horings betref, uit daardie koninkryk sal tien konings opstaan;+ en nog ’n ander een sal ná hulle opstaan, en hy sal verskillend wees van die eerstes,+ en hy sal drie konings verneder.+ 25  En hy sal selfs woorde teen die Allerhoogste spreek,+ en die heiliges van die Opperwese+ sal hy voortdurend teister. En sy bedoeling sal wees om tye+ en wet te verander,+ en hulle sal vir ’n tyd en tye en ’n halwe tyd in sy hand gegee word.+ 26  En die Hof het gesit,+ en sy heerskappy het hulle uiteindelik weggeneem, om hom te verdelg en hom heeltemal te vernietig.+ 27  “‘En die koninkryk en die heerskappy en die grootsheid van die koninkryke onder die ganse hemel is gegee aan die volk wat die heiliges van die Opperwese is.+ Hulle koninkryk is ’n koninkryk van onbepaalde duur,+ en al die heerskappye sal hulle dien en gehoorsaam.’+ 28  “Tot hiertoe is die einde van die saak. Wat my, Daniël, betref, my gedagtes het my steeds baie bang gemaak, sodat my gelaatskleur verander het; maar die saak het ek in my hart bewaar.”+

Voetnote