Daniël 8:1-27

8  In die derde jaar van die koningskap van koning Belʹsasar+ het daar aan my, ja aan my, Daniël, ’n visioen verskyn, ná die een wat in die begin aan my verskyn het.+  En ek het in die visioen begin sien; en terwyl ek gekyk het, was ek in die kasteel Susan,+ wat in die regsgebied Elam+ is; en ek het in die visioen gesien, en ek was by die waterloop Ulai.+  Toe ek my oë opslaan, het ek gesien, en kyk! ’n ram+ wat voor die waterloop staan, en hy het twee horings gehad. En die twee horings was lank, maar die een was langer as die ander, en die langste het laaste uitgekom.+  Ek het die ram stootbewegings na die weste en na die noorde en na die suide sien maak, en geen wilde dier het voor hom bly staan nie, en daar was niemand wat enigsins uit sy hand verlos het nie.+ En hy het gedoen net wat hy wil, en hy het hom baie groot gehou.  En wat my betref, ek het bly ag gee, en kyk! daar het ’n bokram+ van die sonsondergang af oor die oppervlak van die hele aarde gekom, en hy het nie aan die aarde geraak nie. En die bokram het ’n opvallende horing tussen sy oë gehad.+  En hy het na die ram toe aangekom wat die twee horings gehad het, wat ek voor die waterloop sien staan het; en hy het in sy geweldige woede na hom toe aangehardloop gekom.  En ek het hom tot reg by die ram sien kom, en hy het bitterheid teenoor hom begin toon, en hy het die ram neergestoot en sy twee horings gebreek, en daar was geen krag in die ram om voor hom te bly staan nie. Hy het hom dus teen die grond gegooi en hom vertrap, en die ram het niemand gehad wat hom uit sy hand verlos het nie.+  En die bokram het hom uitermate groot gehou;+ maar net toe hy magtig geword het, is die groot horing gebreek, en daar het op opvallende wyse vier in sy plek uitgekom, na die vier windstreke van die hemel.+  En uit een van hulle het ’n ander horing voortgekom, ’n kleintjie,+ en hy het baie groter geword na die suide en na die sonsopgang en na die Sieraad+ toe. 10  En hy het groter geword tot reg by die leër van die hemel,+ sodat hy party van die leër en party van die sterre+ op die aarde laat val het, en hy het hulle vertrap.+ 11  En hy het hom baie groot gehou tot reg by die Vors+ van die leër, en van hom is die voortdurende kenmerk+ weggeneem, en die vaste plek van sy heiligdom is neergewerp.+ 12  En ’n leër is geleidelik oorgegee,+ tesame met die voortdurende kenmerk,+ weens oortreding;+ en hy het die waarheid+ op die aarde bly werp,+ en hy het opgetree en was suksesvol.+ 13  En ek het ’n sekere heilige+ hoor praat, en ’n ander heilige het vir die een wat praat, gesê: “Hoe lank sal die visioen duur van die voortdurende kenmerk+ en van die oortreding wat verwoesting veroorsaak,+ om die heiligdom sowel as die leër dinge te maak om te vertrap?”+ 14  Toe het hy vir my gesê: “Tot tweeduisend-driehonderd aande en oggende; en die heiligdom sal beslis tot sy regte toestand gebring word.”+ 15  Terwyl ek, Daniël, die visioen gesien en probeer verstaan het,+ kyk! toe het daar iemand voor my gestaan wat soos ’n man gelyk het.+ 16  En ek het die stem van ’n mens vanuit die Ulai+ begin hoor, en hy het uitgeroep en gesê: “Gaʹbriël,+ laat die een daar verstaan wat hy sien.”+ 17  Toe het hy gekom tot waar ek gestaan het, maar toe hy kom, het ek verskrik geword sodat ek op my gesig geval het. En hy het vir my gesê: “Verstaan,+ o mensekind,+ dat die visioen vir die tyd van die einde is.”+ 18  En terwyl hy met my gepraat het, het ek met my gesig op die aarde vas aan die slaap geraak.+ Toe het hy aan my geraak en my laat opstaan daar waar ek gestaan het.+ 19  En hy het gesê: “Kyk, ek maak aan jou bekend wat aan die einde van die veroordeling sal plaasvind, want dit is vir die vasgestelde tyd van die einde.+ 20  “Die ram wat jy gesien het met die twee horings, staan vir die konings van Medië en Persië.+ 21  En die harige bokram staan vir die koning van Griekeland;+ en wat die groot horing betref wat tussen sy oë was, dit staan vir die eerste koning.+ 22  En dat dit gebreek is, sodat daar uiteindelik vier in sy plek opgestaan het:+ daar sal vier koninkryke uit sy nasie opstaan, maar nie met sy krag nie. 23  “En aan die einde van hulle koninkryk, terwyl die oortreders hulle dade tot voltooiing bring, sal daar ’n koning opstaan wat kwaai van gelaat is en dubbelsinnige gesegdes verstaan.+ 24  En sy krag sal magtig word, maar nie deur sy eie krag nie.+ En op ’n wonderbare wyse sal hy verwoesting aanrig,+ en hy sal beslis suksesvol wees en doeltreffend handel. En hy sal magtiges verdelg, ook die volk wat uit die heiliges bestaan.+ 25  En volgens sy insig sal hy ook beslis bedrog in sy hand laat slaag.+ En in sy hart sal hy hom baie groot hou,+ en gedurende ’n tyd van sorgeloosheid+ sal hy talle verdelg. En teen die Vors van die vorste+ sal hy opstaan, maar hy sal sonder hand verbreek word.+ 26  “En wat jy gesien het omtrent die aand en die oggend, wat gesê is, dit is waar.+ En jy, hou die visioen geheim, want dit is nog vir baie dae.”+ 27  En ek, Daniël, het uitgeput gevoel en was ’n paar dae lank siek.+ Toe het ek opgestaan en die werk van die koning gedoen;+ maar ek was lamgeslaan as gevolg van wat ek gesien het, en daar was niemand wat dit verstaan het nie.+

Voetnote