Daniël 9:1-27

9  In die eerste jaar van Dariʹus,+ die seun van Ahasʹveros, uit die saad van die Mede,+ wat koning gemaak is oor die koninkryk van die Galdeërs;+  in die eerste jaar van sy regering het ek, Daniël, uit die boeke die getal jare onderskei waaroor die woord van Jehovah tot die profeet Jeremia gekom het,+ om die verwoestings van Jerusalem te vervul,+ naamlik sewentig jaar.+  En ek het my aangesig+ tot Jehovah, die ware God, gerig om hom te soek met gebed+ en met dringende versoeke, met gevas en sak en as.+  En ek het tot Jehovah my God begin bid en belydenis gedoen en gesê:+ “Ag, Jehovah, die ware God, die Grote+ en die Vreesinboesemende, wat die verbond+ en die liefderyke goedhartigheid+ hou teenoor dié wat hom liefhet en teenoor dié wat sy gebooie onderhou,+  ons het gesondig+ en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom;+ en daar is van u gebooie en van u regterlike beslissings afgewyk.+  En ons het nie geluister na u knegte, die profete,+ wat in u naam met ons konings, ons vorste en ons voorvaders en met die hele volk van die land gespreek het nie.+  Aan u, o Jehovah, behoort die regverdigheid, maar aan ons die skaamte van aangesig soos dit vandag is,+ aan die manne van Juda en aan die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel, dié wat naby is en dié wat ver weg is in al die lande waarheen u hulle verstrooi het weens hulle ontrouheid waarmee hulle teen u gehandel het.+  “O Jehovah, aan ons behoort die skaamte van aangesig, aan ons konings, aan ons vorste en aan ons voorvaders, omdat ons teen u gesondig het.+  Aan Jehovah ons God behoort die barmhartighede+ en die dade van vergifnis,+ want ons het teen hom in opstand gekom.+ 10  En ons het nie die stem van Jehovah ons God gehoorsaam deur te wandel in sy wette wat hy deur die hand van sy knegte, die profete, voor ons gestel het nie.+ 11  En die hele Israel het u wet oortree, en hulle het afgewyk deur nie u stem te gehoorsaam nie,+ sodat u die vloek en die geswore eed+ wat geskrywe staan in die wet van Moses, die kneg van die ware God, oor ons uitgestort het, want ons het teen Hom gesondig. 12  En hy het sy woorde uitgevoer wat hy gespreek het teen ons+ en teen ons rigters wat ons gerig het,+ deur groot rampspoed oor ons te bring, sodat daar onder die ganse hemel nie gedoen is wat in Jerusalem gedoen is nie.+ 13  Net soos daar in die wet van Moses geskrywe staan,+ al hierdie rampspoed—dit het oor ons gekom,+ en ons het nie die aangesig van Jehovah ons God versag deur ons van ons oortreding af te keer+ en deur insig in u waaragtigheid te toon nie.+ 14  “En Jehovah het wakker gebly ten opsigte van die rampspoed en dit uiteindelik oor ons gebring,+ want Jehovah ons God is regverdig in al sy werke wat hy gedoen het; en ons het nie sy stem gehoorsaam nie.+ 15  “En nou, o Jehovah ons God, u wat u volk met ’n sterk hand uit Egipteland uitgelei het+ en vir u ’n naam gemaak het soos dit vandag is,+ ons het gesondig,+ ons het goddeloos gehandel. 16  O Jehovah, laat asseblief u toorn en u woede, volgens al u dade van regverdigheid,+ van u stad Jerusalem, u heilige berg,+ wyk; want weens ons sondes en weens die oortredings van ons voorvaders+ is Jerusalem en u volk ’n voorwerp van smaad vir almal rondom ons.+ 17  Luister dan nou, o ons God, na die gebed van u kneg en na sy dringende versoeke, en laat u aangesig skyn+ oor u heiligdom wat woes lê,+ ter wille van Jehovah. 18  Neig u oor, o my God, en hoor.+ Open tog u oë en sien ons verlate toestande en die stad wat na u naam genoem is;+ want nie op grond van ons regverdige dade bring ons ons dringende versoeke voor u nie,+ maar op grond van u talle barmhartighede.+ 19  O Jehovah, hoor tog.+ O Jehovah, vergewe tog.+ O Jehovah, skenk tog aandag en tree op.+ Moenie talm nie,+ ter wille van uself, o my God, want u naam is oor u stad en oor u volk uitgeroep.”+ 20  Terwyl ek nog gepraat en gebid en my sonde+ en die sonde van my volk Israel bely het+ en my versoek om guns aangaande die heilige berg+ van my God voor Jehovah my God gebring het, 21  en terwyl ek nog in die gebed gepraat het, kyk, toe het die man Gabriël,+ wat ek, afgemat van moegheid, in die begin in die visioen gesien het,+ ten tye van die aandoffergawe+ by my aangekom. 22  En hy het my begrip gegee en met my gepraat en gesê: “O Daniël, nou het ek gekom om jou insig met begrip te laat kry.+ 23  By die begin van jou dringende versoeke het ’n woord uitgegaan, en ek het gekom om berig te bring, want jy is ’n besonder geliefde man.+ Gee dan ag+ op die saak en verstaan wat jy sien. 24  “Sewentig weke is oor jou volk+ en oor jou heilige stad+ vasgestel, om die oortreding te beëindig+ en om aan sonde ’n einde te maak+ en om vir die ongeregtigheid versoening te doen+ en om regverdigheid vir onbepaalde tye in te bring+ en om op visioen en profeet ’n seël te druk+ en om die Heilige der Heilige te salf.+ 25  En jy moet weet en die insig hê dat daar vanaf die uitgang van die woord+ om Jerusalem te herstel en te herbou+ tot op Messiʹas+ die Leier+ sewe weke sal wees, ook twee-en-sestig weke.+ Dit sal terugkeer en herbou word, met ’n openbare plein en grag, maar in tye van benoudheid. 26  “En ná die twee-en-sestig weke sal die Messias uitgeroei word,+ met niks vir hom nie.+ “En die volk van ’n leier wat kom, sal die stad en die heilige plek+ verwoes.+ En die einde daarvan sal deur die vloed wees. En tot die einde toe sal daar oorlog wees; dit waarop besluit is, is verwoestings.+ 27  “En hy sal die verbond+ een week lank vir baie van krag laat bly;+ en teen die helfte van die week sal hy offerande en offergawe laat ophou.+ “En op die vleuel van walglike dinge sal die een wees wat verwoesting veroorsaak;+ en totdat ’n uitroeiing volbring is, sal dit waarop besluit is, ook uitgestort word oor die een wat woes lê.”+

Voetnote