Efesiërs 1:1-23

1  Paulus, ’n apostel+ van Christus Jesus deur God se wil,+ aan die heiliges wat in Eʹfese is en die getroues+ in eenheid+ met Christus Jesus:  Mag julle onverdiende goedhartigheid+ en vrede+ hê van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus.  Mag die God en Vader van ons Here Jesus Christus+ geloof word, want hy het ons geseën+ met elke geestelike seën in die hemelse plekke+ in eenheid met Christus,  net soos hy ons in eenheid met hom voor die grondlegging+ van die wêreld uitgekies het,+ dat ons heilig en sonder smet+ voor hom moet wees in liefde.+  Want hy het ons voorbestem+ tot die aanneming+ as kinders+ vir homself deur middel van Jesus Christus, volgens die welbehae van sy wil,+  tot lof+ van sy glorieryke onverdiende goedhartigheid+ wat hy ons goedgunstig deur middel van sy geliefde+ geskenk het.  Deur middel van hom het ons die bevryding deur ’n losprys deur die bloed+ van daardie een, ja, die vergifnis+ van ons oortredings, volgens die rykdom van sy onverdiende goedhartigheid.+  Dit het hy oorvloedig teenoor ons laat word in alle wysheid+ en verstandigheid,  deurdat hy die heilige geheim+ van sy wil aan ons bekend gemaak het. Dit is volgens sy welbehae wat hy in homself voorgeneem het+ 10  om aan die voleinding van die vasgestelde tye+ ’n administrasie+ te hê, naamlik om alles weer byeen te bring+ in die Christus,+ die dinge in die hemele+ en die dinge op die aarde.+ Ja, in hom, 11  in eenheid met wie ons ook as erfgename+ aangewys is, deurdat ons voorbestem is ooreenkomstig die voorneme van hom wat alles werk volgens die raadsbesluit van sy wil,+ 12  sodat ons tot lof van sy heerlikheid sal dien,+ ons wat eerste op die Christus gehoop het.+ 13  Maar ook julle het op hom gehoop nadat julle die woord van waarheid,+ die goeie nuus oor julle redding,+ gehoor het. Deur middel van hom is julle ook, nadat julle geglo het, met die beloofde heilige gees+ verseël,+ 14  wat ’n vooruitgegewe pand+ van ons erfenis+ is, met die oog op die bevryding van God se eie besitting+ deur ’n losprys,+ tot lof van sy heerlikheid. 15  Dit is waarom ook ek, aangesien ek gehoor het van die geloof wat julle in die Here Jesus en teenoor al die heiliges het,+ 16  nie ophou om vir julle te dank nie. Ek hou aan om julle in my gebede te meld,+ 17  dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, julle ’n gees van wysheid+ en van openbaring in die juiste kennis van hom sal gee;+ 18  sodat julle, deurdat die oë+ van julle hart verlig is,+ kan weet wat die hoop+ is waartoe hy julle geroep het, wat die glorieryke rykdom+ is wat hy as erfenis vir die heiliges+ bewaar 19  en wat die allesoortreffende grootheid van sy krag+ teenoor ons, die gelowiges, is. Dit is volgens die werking+ van die mag van sy sterkte, 20  waarmee hy in die geval van die Christus gewerk het toe hy hom uit die dode opgewek+ en hom aan sy regterhand+ in die hemelse plekke+ laat sit het, 21  ver bo elke regering en gesag en mag en heerskappy+ en elke naam wat genoem word,+ nie net in hierdie stelsel van dinge nie,+ maar ook in die toekomstige.+ 22  Hy het ook alles onder sy voete onderwerp+ en hom hoof oor alles gemaak+ met betrekking tot die gemeente, 23  wat sy liggaam is,+ die volheid+ van hom wat alles in almal vervul.+

Voetnote