Efesiërs 3:1-21

3  Daarom is dit dat ek, Paulus, die gevangene+ van Christus Jesus ten behoewe van julle, die mense van die nasies+  as julle werklik gehoor het van die bestuurderskap+ van die onverdiende goedhartigheid van God wat met die oog op julle aan my gegee is,  dat die heilige geheim deur ’n openbaring aan my bekend gemaak is,+ net soos ek vantevore kortliks geskryf het.  Met die oog hierop kan julle, wanneer julle hierdie brief lees, ’n begrip kry van die insig+ wat ek in die heilige geheim+ van die Christus het.  In ander geslagte is hierdie geheim+ nie aan die mensekinders bekend gemaak soos dit nou deur gees aan sy heilige apostels en profete+ geopenbaar is nie,+  naamlik dat mense van die nasies mede-erfgename moet wees en medelede van die liggaam+ en deelgenote met ons van die belofte+ in eenheid met Christus Jesus deur middel van die goeie nuus.  Ek het ’n bedienaar+ hiervan geword ooreenkomstig die vrye gawe van die onverdiende goedhartigheid van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die wyse waarop sy krag werk.+  Aan my, iemand wat geringer is as die geringste+ van alle heiliges, is hierdie onverdiende goedhartigheid+ gegee, sodat ek die goeie nuus oor die onpeilbare rykdom+ van die Christus aan die nasies+ bekend sou maak  en mense sou laat sien hoe die heilige geheim+ uitgevoer word,+ wat van die onbepaalde verlede af verborge was in God, wat alles geskep het.+ 10  Dit het geskied sodat die uiters veelsydige wysheid van God+ nou deur middel van die gemeente+ aan die regerings en die owerhede+ in die hemelse plekke bekend gemaak kan word, 11  volgens die ewige voorneme wat hy gevorm het in verband met die Christus,+ Jesus ons Here, 12  deur middel van wie ons hierdie vrymoedigheid van spraak en toegang+ met vertroue deur ons geloof in hom het. 13  Derhalwe vra ek julle om nie moed op te gee weens hierdie verdrukkinge+ van my ten behoewe van julle nie, want dit beteken heerlikheid vir julle. 14  Om dié rede buig ek my knieë+ voor die Vader,+ 15  aan wie elke familie+ in die hemel en op die aarde sy naam te danke het,+ 16  dat hy ooreenkomstig die rykdom+ van sy heerlikheid aan julle sal gee om met krag deur middel van sy gees+ sterk gemaak te word in die mens wat julle innerlik is,+ 17  sodat die Christus deur julle geloof in julle harte kan woon met liefde;+ dat julle gewortel+ kan wees en gegrond op die fondament,+ 18  sodat julle heeltemal in staat kan wees om saam met al die heiliges verstandelik te begryp+ wat die breedte en lengte en hoogte en diepte+ is, 19  en om die liefde van die Christus+ te ken, wat kennis oortref, sodat julle vervul kan word met al die volheid+ wat God gee. 20  En aan hom wat, ooreenkomstig sy krag wat in ons aan die werk is,+ oneindig meer kan doen as alles wat ons vra of wat ons ons voorstel,+ 21  aan hom die heerlikheid deur middel van die gemeente en deur middel van Christus Jesus tot in alle geslagte, vir ewig en altyd.+ Amen.

Voetnote