Efesiërs 4:1-32

4  Ek, die gevangene+ in die Here, versoek julle dan dringend om te wandel op ’n wyse wat die roeping waarmee julle geroep is,+ waardig is,+  met algehele ootmoed+ en sagmoedigheid, met lankmoedigheid,+ terwyl julle mekaar in liefde verdra+  en ywerig daarna streef om die eenheid van die gees in die verenigende band van vrede te bewaar.+  Daar is een liggaam+ en een gees,+ net soos julle geroep is in die een hoop+ waartoe julle geroep is;  een Here,+ een geloof,+ een doop;+  een God+ en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in almal is.  Aan elkeen van ons is daar dan nou onverdiende goedhartigheid+ gegee ooreenkomstig die wyse waarop die Christus die vrye gawe toegemeet het.+  Derhalwe sê hy: “Toe hy na bo opgevaar het, het hy gevangenes weggevoer; hy het gawes in die vorm van mense gegee.”+  Wat beteken die uitdrukking ‘hy het opgevaar’+ dan nou anders as dat hy ook tot in die laer dele, dit wil sê die aarde, neergedaal het?+ 10  Dieselfde een wat neergedaal het, is ook die een wat ver bo al die hemele+ opgevaar het,+ om volheid+ aan alles te gee. 11  En hy het party as apostels+ gegee, party as profete,+ party as evangeliedienaars,+ party as herders en onderrigters,+ 12  om die heiliges reg te help,+ vir bedieningswerk, vir die opbouing van die liggaam van die Christus,+ 13  totdat ons almal kom tot die eenheid in die geloof en in die juiste kennis van die Seun van God, tot ’n volgroeide+ man, tot die mate van die groei wat tot die volheid van die Christus behoort;+ 14  sodat ons nie langer klein kindertjies moet wees nie, wat rondgeslinger word+ soos deur golwe en hiernatoe en daarnatoe gevoer word deur elke wind van lering+ deur middel van die bedrieëry+ van mense, deur middel van listigheid in die versinning van dwaling. 15  Maar laat ons, terwyl ons die waarheid praat,+ deur liefde in alles opgroei+ in hom wat die hoof+ is, Christus. 16  Uit hom bevorder die hele liggaam+ die groei van die liggaam vir sy eie opbouing in liefde,+ deurdat dit harmonies saamgeheg is en tot samewerking gebring word deur middel van elke gewrig wat gee wat nodig is, volgens die werking van elke onderskeie lid in die regte mate. 17  Dít sê ek dan en getuig ek van in die Here, dat julle nie langer aanhou wandel soos ook die nasies+ in die nutteloosheid van hulle verstand wandel nie,+ 18  terwyl hulle verstandelik in duisternis is+ en vervreemd is+ van die lewe wat tot God behoort, weens die onkunde+ wat in hulle is, weens die ongevoeligheid+ van hulle hart. 19  Aangesien hulle alle sedelikheidsgevoel verloor het,+ het hulle hulle aan losbandige+ gedrag oorgegee om met hebsug+ elke soort onreinheid+ te bedryf. 20  Maar julle het die Christus nie so leer ken nie,+ 21  mits julle hom natuurlik gehoor het en deur middel van hom geleer is,+ net soos die waarheid+ in Jesus is, 22  dat julle die ou persoonlikheid moet aflê,+ wat met julle vroeëre lewenswandel ooreenkom en wat volgens sy bedrieglike begeertes+ verderf word;+ 23  maar dat julle vernuwe moet word in die krag wat julle verstand aandryf+ 24  en julle met die nuwe persoonlikheid+ moet beklee,+ wat na God se wil in ware regverdigheid+ en lojaliteit geskep is.+ 25  Noudat julle onwaarheid afgelê het,+ moet julle derhalwe die waarheid praat, elkeen van julle met sy naaste,+ want ons is lede wat aan mekaar behoort.+ 26  Wees toornig, en moet nogtans nie sondig nie;+ laat die son nie ondergaan terwyl julle in ’n ergerlike gemoedstemming is nie,+ 27  en moet ook nie plek toelaat vir die Duiwel nie.+ 28  Laat die steler nie meer steel nie,+ maar laat hom liewer hard werk deur met sy hande goeie werk te doen,+ sodat hy iets kan hê om uit te deel aan iemand wat gebrek het.+ 29  Laat ’n slegte woord nie uit julle mond uitgaan nie,+ maar net ’n woord wat goed is vir opbouing waar dit nodig is, sodat dit iets gunstigs aan die hoorders kan meedeel.+ 30  En moenie God se heilige gees, waarmee julle verseël is+ vir ’n dag van bevryding deur ’n losprys,+ bedroef nie.+ 31  Laat alle kwaadwillige bitterheid+ en toorn en gramskap en geskreeu en smadende taal+ van julle af weggeneem word, saam met alle slegtheid.+ 32  Maar word goedhartig+ teenoor mekaar, vol tere medelye,+ en vergewe mekaar vryelik net soos God julle ook deur Christus vryelik vergewe het.+

Voetnote