Efesiërs 5:1-33

5  Word dan navolgers van God,+ as geliefde kinders,  en gaan voort om in liefde te wandel,+ net soos die Christus julle ook liefgehad het+ en homself vir julle oorgegee het as ’n offergawe+ en ’n offerande aan God tot ’n welriekende geur.+  Laat hoerery+ en elke soort onreinheid of hebsug+ nie eens onder julle genoem word nie,+ net soos dit heilige mense betaam;+  ook nie skandelike gedrag+ of dwase praatjies of onwelvoeglike+ skertsery nie, dinge wat nie betaamlik is nie, maar eerder danksegging.+  Want julle weet dit, en julle besef dit self, dat geen hoereerder+ of onreine of gierigaard+—wat beteken om ’n afgodedienaar te wees—enige erfenis in die koninkryk van die Christus en van God het nie.+  Laat geen mens julle met leë woorde bedrieg nie,+ want weens die voormelde dinge kom die gramskap van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.+  Moet dus nie hulle deelgenote word nie;+  want julle was eens duisternis,+ maar julle is nou lig+ in verband met die Here. Gaan voort om as kinders van die lig te wandel,  want die vrug van die lig bestaan uit elke soort goedheid en regverdigheid en waarheid.+ 10  Hou aan om seker te maak van wat vir die Here aanneemlik is;+ 11  en hou op om saam met hulle deel te hê+ aan die onvrugbare werke wat tot die duisternis behoort,+ maar wys hulle eerder tereg,+ 12  want die dinge wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik om selfs te noem.+ 13  Al die dinge wat dan nou tereggewys word,+ word deur die lig openbaar gemaak, want alles wat openbaar gemaak word,+ is lig. 14  Derhalwe sê hy: “Ontwaak,+ o slaper, en staan op uit die dode,+ en die Christus sal op jou skyn.”+ 15  Let dan voortdurend streng op hoe julle wandel,+ dat dit nie as onwyses is nie, maar as wyses, 16  terwyl julle die geleë tyd vir julleself uitkoop,+ omdat die dae boos is.+ 17  Hou om dié rede op om onredelik te word, maar gaan voort om te begryp+ wat die wil+ van Jehovah is. 18  En moenie dronk word+ van wyn, waarin daar losbandigheid is+ nie, maar word voortdurend met gees vervul,+ 19  en spreek tot mekaar met psalms+ en lofliedere+ tot God en geestelike liedere, en sing+ en begelei julle met musiek+ in julle hart tot Jehovah, 20  terwyl julle ons God en Vader altyd vir alles dank+ in die naam van ons Here Jesus Christus. 21  Wees onderdanig aan mekaar+ in die vrees van Christus. 22  Laat vrouens onderdanig+ wees aan hulle mans soos aan die Here, 23  want ’n man is die hoof van sy vrou,+ soos die Christus ook die hoof van die gemeente is,+ hy as redder van hierdie liggaam. 24  Trouens, soos die gemeente aan die Christus onderdanig is, so moet vrouens dit ook in alles aan hulle mans wees.+ 25  Mans, hou aan om julle vrouens lief te hê,+ net soos die Christus ook die gemeente liefgehad en homself daarvoor oorgegee het,+ 26  sodat hy dit kon heilig,+ deur dit met die waterbad deur middel van die woord te reinig,+ 27  sodat hy die gemeente in die prag daarvan voor hom kon stel,+ sonder ’n vlek of ’n rimpel of iets dergeliks, maar dat dit heilig en sonder smet sou wees.+ 28  Só behoort mans hulle vrouens lief te hê soos hulle eie liggaam. Hy wat sy vrou liefhet, het homself lief, 29  want geen mens het nog ooit sy eie vlees gehaat nie; maar hy voed en koester dit,+ soos die Christus ook met die gemeente doen, 30  want ons is lede van sy liggaam.+ 31  “Daarom sal ’n man sy vader en sy moeder verlaat, en hy sal sy vrou aankleef, en die twee sal een vlees word.”+ 32  Hierdie heilige geheim+ is groot. Ek spreek dan nou met betrekking tot Christus en die gemeente.+ 33  Maar elkeen van julle moet ook afsonderlik sy vrou so liefhê+ soos homself; die vrou daarenteen moet diep respek+ vir haar man hê.

Voetnote