Efesiërs 6:1-24

6  Kinders, wees gehoorsaam aan julle ouers+ in eenheid+ met die Here, want dít is regverdig:+  “Eer jou vader en jou moeder”;+ wat die eerste gebod met ’n belofte is:+  “Sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank op die aarde mag bly.”+  En vaders, moenie julle kinders irriteer nie,+ maar hou aan om hulle in die dissipline+ en verstandsregulering+ van Jehovah op te voed.+  Slawe, wees gehoorsaam aan dié wat in vleeslike sin julle here is,+ met vrees en bewing+ in die opregtheid van julle hart, soos aan die Christus,  nie met oëdiens soos mensebehaers nie,+ maar soos Christus se slawe, wat die wil van God met hulle hele siel doen.+  Wees slawe met goeie neigings, soos vir Jehovah+ en nie vir mense nie,  want julle weet dat elkeen, hetsy hy ’n slaaf of vrygeborene+ is, al die goeie wat hy doen, van Jehovah sal terugontvang.+  En here, hou aan om dieselfde dinge teenoor hulle te doen, en laat staan die dreigemente,+ want julle weet dat hy wat hulle sowel as julle Heer is,+ in die hemele is, en daar is geen partydigheid+ by hom nie. 10  Laastens, hou aan om krag te verkry+ in die Here en in die mag+ van sy sterkte. 11  Trek die volle wapenrusting+ van God aan, sodat julle kan vasstaan teen die sette+ van die Duiwel; 12  want ons het ’n worstelstryd,+ nie teen bloed en vlees nie, maar teen die regerings,+ teen die owerhede,+ teen die wêreldheersers+ van hierdie duisternis, teen die bose geesmagte+ in die hemelse plekke. 13  Neem daarom die volle wapenrusting van God op,+ sodat julle in die bose dag weerstand kan bied en, nadat julle alles deeglik gedoen het, kan vasstaan.+ 14  Staan dus vas, julle lendene omgord+ met waarheid,+ en met die borsplaat van regverdigheid aan,+ 15  en julle voete geskoei+ met die toerusting van die goeie nuus van vrede.+ 16  Neem bowenal die groot skild van geloof op,+ waarmee julle al die brandende pyle van die bose sal kan blus.+ 17  En neem die helm+ van redding aan, en die swaard+ van die gees,+ dit is God se woord,+ 18  terwyl julle met elke vorm van gebed+ en smeking aanhou om by elke geleentheid in gees te bid.+ En bly met dié doel wakker met alle standvastigheid en met smeking ten behoewe van al die heiliges, 19  ook vir my, dat die vermoë om te spreek+ aan my gegee sal word wanneer ek my mond oopmaak, om met vrymoedigheid van spraak+ die heilige geheim van die goeie nuus bekend te maak,+ 20  waarvoor ek as ’n ambassadeur+ in kettings optree; sodat ek met vrymoedigheid in verband daarmee kan spreek soos ek behoort te spreek.+ 21  En sodat julle ook van my aangeleenthede kan weet, hoe dit met my gaan, sal Tiʹgikus,+ ’n geliefde broer en getroue bedienaar in die Here, alles aan julle bekend maak.+ 22  Ek stuur hom juis met dié doel na julle toe, dat julle van die dinge aangaande ons kan weet en dat hy julle harte kan vertroos.+ 23  Mag die broers vrede hê en liefde met geloof van God die Vader en die Here Jesus Christus. 24  Mag die onverdiende goedhartigheid+ met almal wees wat ons Here Jesus Christus in onverdorwenheid liefhet.

Voetnote