Esegiël 1:1-28

1  En in die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde dag van die maand, terwyl ek onder die ballinge+ by die Kebarrivier+ was, is die hemel geopen+ en het ek visioene van God begin sien.+  Op die vyfde dag van die maand, dit wil sê in die vyfde jaar van die ballingskap van koning Joʹjagin,+  het die woord van Jehovah uitdruklik gekom+ tot Eseʹgiël,+ die seun van Busi, die priester, in die land van die Galdeërs,+ by die Kebarrivier, en die hand van Jehovah het daar op hom gekom.+  En ek het toe gesien, en kyk! ’n stormwind+ het uit die noorde gekom, ’n groot wolkmassa+ en flikkerende vuur,+ en dit het ’n glans rondom gehad, en daaruit het iets geblink wat soos elektrum gelyk het, uit die vuur.+  En daaruit het die gestalte van vier lewende wesens+ gekom, en só het hulle gelyk: hulle het die gestalte van ’n mens gehad.  En elkeen het vier gesigte gehad,+ en elkeen van hulle vier vlerke.+  En hulle voete was reguit voete, en hulle voetsole was soos die sole van ’n kalfspoot;+ en hulle het geglim soos met die gloed van blinkgevryfde koper.+  En daar was mensehande onder hulle vlerke aan hulle vier sye,+ en al vier het hulle gesigte en hulle vlerke gehad.+  Hulle vlerke het aan mekaar geraak. Hulle het nie gedraai wanneer hulle beweeg het nie; hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan.+ 10  En só het hulle gesigte gelyk: al vier het die gesig van ’n mens+ gehad met die gesig van ’n leeu+ aan die regterkant,+ en al vier het die gesig van ’n bul+ aan die linkerkant+ gehad; al vier het ook die gesig van ’n arend+ gehad. 11  So was hulle gesigte. En hulle vlerke+ was na bo uitgesprei. Elkeen het twee gehad wat aan mekaar geraak het, en twee het hulle liggaam bedek.+ 12  En hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan.+ Waarheen die gees ook al wou gaan, het hulle gegaan.+ Hulle het nie gedraai wanneer hulle beweeg het nie.+ 13  En wat die gestalte van die lewende wesens betref, hulle voorkoms was soos brandende vuurkole.+ Iets wat soos fakkels+ gelyk het, het heen en weer tussen die lewende wesens beweeg, en die vuur was helder, en uit die vuur het weerlig uitgeslaan.+ 14  En die lewende wesens het die voorkoms van weerlig gehad wanneer hulle gegaan en teruggekeer het.+ 15  Terwyl ek die lewende wesens aanskou het, kyk! daar was een wiel op die grond langs die lewende wesens,+ by elkeen se vier gesigte.+ 16  Wat die voorkoms van die wiele+ en hulle bou betref, dit was soos die gloed van chrisoliet;+ en al vier het dieselfde gelyk. En hulle voorkoms en hulle bou was soos wanneer daar ’n wiel binne-in ’n wiel is.+ 17  Wanneer hulle beweeg het, het hulle op hulle vier onderskeie kante voortbeweeg.+ Hulle het nie in ’n ander rigting gedraai wanneer hulle beweeg het nie.+ 18  En wat hulle vellings betref, dié was so hoog dat hulle vrees veroorsaak het; en al vier se vellings was rondom vol oë.+ 19  En wanneer die lewende wesens beweeg het, het die wiele langs hulle beweeg, en wanneer die lewende wesens van die grond af opgelig is, is die wiele opgelig.+ 20  Waarheen die gees ook al wou gaan, het hulle gegaan, omdat die gees daarheen wou gaan; en die wiele is reg langs hulle opgelig, want die gees van die lewende wese was in die wiele. 21  Wanneer hulle beweeg het, het dié beweeg; en wanneer hulle stilgestaan het, het dié stilgestaan; en wanneer hulle van die grond af opgelig is, is die wiele reg langs hulle opgelig, want die gees van die lewende wese was in die wiele.+ 22  En oor die koppe van die lewende wesens was iets wat gelyk het soos ’n uitspansel+ met die glinstering van ontsagwekkende ys, bokant hulle koppe uitgesprei.+ 23  En onder die uitspansel was hulle vlerke reguit, na mekaar toe. Elkeen het twee vlerke gehad wat hulle liggaam aan hierdie kant bedek het en elkeen het twee gehad wat dit aan die ander kant bedek het. 24  En ek het die geluid van hulle vlerke gehoor, ’n geluid soos dié van baie waters,+ soos die geluid van die Almagtige, wanneer hulle beweeg het, die geluid van ’n beroering,+ soos die geluid van ’n leërkamp.+ Wanneer hulle stilgestaan het, het hulle hulle vlerke laat sak. 25  En daar was ’n stem bo die uitspansel wat oor hulle kop was. (Wanneer hulle stilgestaan het, het hulle hulle vlerke laat sak.) 26  En bo die uitspansel wat oor hulle kop was, was iets wat soos saffiersteen gelyk het+ in die gestalte van ’n troon.+ En op die troongestalte was ’n gestalte van iemand wat gelyk het soos ’n mens daarop,+ daar bo. 27  En ek het iets soos die gloed van elektrum+ gesien, en dit het gelyk of daar rondom vuur daarin is,+ van wat soos sy heupe gelyk het en boontoe; en van wat soos sy heupe gelyk het en ondertoe het ek iets gesien wat soos vuur gelyk het, en hy het ’n glans rondom gehad. 28  Daar was iets wat gelyk het soos die boog+ wat op die dag van ’n stortreën in ’n wolkmassa verskyn. So het die glans rondom gelyk. Dit het soos die heerlikheid van Jehovah+ gelyk. Toe ek dit sien, het ek op my gesig geval,+ en ek het die stem begin hoor van iemand wat praat.

Voetnote