Esegiël 10:1-22

10  En ek het gesien, en kyk! op die uitspansel+ wat oor die kop van die gerubs was, was daar iets soos saffiersteen,+ iets wat soos ’n troongestalte+ gelyk het, wat bo hulle verskyn het.  En hy het die man wat in die linne geklee was,+ aangespreek en gesê: “Gaan in tussen die draaiende wiele,+ onder die gerubs in, en vul die holtes van jou twee hande met vuurkole+ daar tussen die gerubs, en strooi dit oor die stad.”+ Toe het hy voor my oë ingegaan.  En die gerubs het regs van die huis gestaan toe die man ingaan, en die wolk het die binneste voorhof gevul.+  En die heerlikheid van Jehovah+ het van die gerubs af opgestyg na die drumpel van die huis, en die huis is geleidelik met die wolk gevul,+ en die voorhof was vol van die glans van die heerlikheid van Jehovah.  En die geluid van die vlerke van die gerubs+ kon tot in die buitenste voorhof gehoor word, soos die geluid van God die Almagtige wanneer hy praat.+  En toe hy die man wat in die linne geklee was, beveel het deur te sê: “Neem vuur tussen die draaiende wiele, tussen die gerubs uit”, het hy ingegaan en langs die wiel gaan staan.  Toe het die gerub sy hand uitgesteek, tussen die gerubs uit, na die vuur+ wat tussen die gerubs was,+ en hy het dit geneem en in die holtes van die hande gesit van die een wat in die linne geklee was,+ wat dit toe geneem en uitgegaan het.  En daar is gesien dat die gerubs onder hulle vlerke iets gehad het wat die vorm van ’n mensehand het.+  En ek het gesien, en kyk! daar was vier wiele langs die gerubs, een wiel langs die een gerub en een wiel langs die ander gerub,+ en die voorkoms van die wiele was soos die gloed van ’n chrisolietsteen. 10  En wat hulle voorkoms betref, al vier het dieselfde gelyk, soos wanneer daar ’n wiel binne-in ’n wiel is.+ 11  Wanneer hulle beweeg het, het hulle na hulle vier kante beweeg. Hulle het nie van rigting verander wanneer hulle beweeg het nie, want na die plek waarheen die kop gekeer was, het hulle agter hom aan gegaan. Hulle het nie van rigting verander wanneer hulle beweeg het nie.+ 12  En hulle hele vlees en hulle rug en hulle hande en hulle vlerke en die wiele was rondom vol oë.+ Al vier het hulle wiele gehad. 13  Wat die wiele betref, hulle is voor my ore toegeroep: “O draaiende wiele!” 14  En elkeen het vier gesigte gehad.+ Die eerste gesig was die gesig van die gerub, en die tweede gesig was die gesig van ’n mens,+ en die derde was die gesig van ’n leeu, en die vierde was die gesig van ’n arend.+ 15  En die gerubs het opgestyg+—dit was dieselfde lewende wese wat ek by die Kebarrivier+ gesien het— 16  en wanneer die gerubs beweeg het, het die wiele langs hulle beweeg;+ en wanneer die gerubs hulle vlerke opgelig het om hoog bo die aarde te wees, het ook die wiele nie van rigting verander nie en langs hulle gebly.+ 17  Wanneer dié stilgestaan het, het hulle stilgestaan; en wanneer dié opgestyg het,+ het hulle saam met hulle opgestyg, want die gees van die lewende wese was in hulle.+ 18  En die heerlikheid+ van Jehovah het van die drumpel van die huis af weggegaan en bo die gerubs gaan staan.+ 19  En die gerubs het toe hulle vlerke opgelig en voor my oë van die aarde af opgestyg.+ Toe hulle weggaan, was ook die wiele reg langs hulle; en hulle het by die oostelike ingang van die poort van die huis van Jehovah gaan staan, en die heerlikheid van die God van Israel was oor hulle, van bo af. 20  Dit is die lewende wese+ wat ek onder die God van Israel by die Kebarrivier+ gesien het, sodat ek te wete gekom het dat hulle gerubs was. 21  Wat die vier betref, elkeen het vier gesigte gehad+ en elkeen het vier vlerke gehad, en iets wat soos die hande van ’n mens gelyk het, was onder hulle vlerke. 22  En só het hulle gesigte gelyk: dit was die gesigte waarvan ek die voorkoms by die Kebarrivier gesien het, presies dieselfde.+ Hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan.+

Voetnote