Esegiël 11:1-25

11  En ’n gees+ het my opgelig+ en my gebring na die oostelike poort van die huis van Jehovah wat ooswaarts kyk,+ en kyk! in die ingang van die poort was daar vyf-en-twintig manne,+ en onder hulle het ek Jaäsanʹja, die seun van Assur, en Pelatʹja, die seun van Benaʹja, vorste van die volk,+ gesien.  Toe het hy vir my gesê: “Mensekind, dit is die manne wat skadelike planne beraam en slegte raad gee teen hierdie stad;+  wat sê: ‘Sal daar nie binnekort huise gebou word nie?+ Die stad is die wyebekkookpot,+ en ons is die vleis.’  “Daarom, profeteer teen hulle. Profeteer, o mensekind.”+  Toe het die gees van Jehovah op my geval,+ en hy het vir my gesê: “Sê: ‘Só het Jehovah gesê:+ “Julle het die regte ding gesê, o huis van Israel; en wat die dinge betref wat in julle gees opkom, ek het dit geken.+  Julle het baie in hierdie stad omgebring, en julle het sy strate gevul met dié wat omgebring is.”’”+  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Wat dié betref wat deur julle omgebring is, wat julle daarin gesit het, hulle is die vleis,+ en die stad is die wyebekkookpot;+ en julle sal daar uitgebring word.’”+  “‘’n Swaard het julle gevrees,+ en ’n swaard sal ek oor julle bring’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.+  ‘En ek sal julle beslis daar uitbring en julle in die hand van vreemdelinge gee+ en strafgerigte aan julle voltrek.+ 10  Deur die swaard sal julle val.+ Op die grens van Israel+ sal ek julle oordeel; en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.+ 11  Die stad sal nie vir julle ’n wyebekkookpot+ wees nie, en julle sal nie vleis daarin wees nie. Op die grens van Israel sal ek julle oordeel, 12  en julle sal moet weet dat ek Jehovah is, omdat julle nie in my voorskrifte gewandel het en nie my regterlike beslissings onderhou het nie,+ maar die regterlike beslissings van die nasies wat rondom julle is, het julle onderhou.’”+ 13  En onmiddellik nadat ek geprofeteer het, het Pelatʹja, die seun van Benaʹja, gesterf,+ en ek het op my gesig geval en met ’n harde stem geroep+ en gesê: “Ag, o Soewereine Heer Jehovah!+ Is dit ’n uitroeiing wat u oor die oorblywendes van Israel bring?”+ 14  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê: 15  “Mensekind, wat jou broers+ betref, jou broers, die manne wat by jou terugkoopreg betrokke is, en die hele huis van Israel, almal daarvan, aan hulle het die inwoners van Jerusalem gesê: ‘Gaan ver van Jehovah af weg. Aan ons behoort dit; die land is as ’n besitting aan ons gegee’;+ 16  daarom, sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Hoewel ek hulle ver weggedryf het onder die nasies, en hoewel ek hulle verstrooi het in die lande,+ sal ek tog ’n kort rukkie vir hulle ’n heiligdom word in die lande waar hulle gekom het.”’+ 17  “Daarom, sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Ek sal julle ook bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en ek sal aan julle die land van Israel gee.+ 18  En hulle sal beslis daar kom en al sy walglike dinge en al sy verfoeilike dinge daaruit verwyder.+ 19  En ek sal hulle een hart gee,+ en ’n nuwe gees sal ek in hulle plaas;+ en ek sal beslis die hart van klip uit hulle vlees verwyder+ en hulle ’n hart van vlees gee,+ 20  sodat hulle in my insettinge sal wandel en my regterlike beslissings sal onderhou en sal uitvoer;+ en hulle sal werklik my volk word+ en ek sal hulle God word.”’+ 21  “‘“Maar wat dié betref wie se hart in hulle walglike dinge en hulle verfoeilike dinge wandel,+ hulle weg sal ek beslis op hulle hoof laat neerkom”, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.’”+ 22  En die gerubs+ het toe hulle vlerke opgelig, en die wiele was reg by hulle,+ en die heerlikheid+ van die God van Israel was oor hulle, van bo af.+ 23  En die heerlikheid van Jehovah+ het bo die stad opgestyg en bo die berg+ gaan staan wat oos van die stad is.+ 24  En ’n gees+ het my opgehef+ en my uiteindelik na Galdeʹa gebring, na die ballinge,+ in die visioen deur die gees van God; en die visioen wat ek gesien het, het van my af opgestyg. 25  En ek het al die dinge van Jehovah wat hy my laat sien het, vir die ballinge begin vertel.+

Voetnote