Esegiël 13:1-23

13  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “Mensekind, profeteer aangaande die profete van Israel wat profeteer,+ en jy moet vir dié wat uit hulle eie hart profeteer,+ sê: ‘Hoor die woord van Jehovah.+  Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Wee die dwase+ profete, wat agter hulle eie gees aan wandel,+ terwyl hulle niks gesien het nie!+  Soos jakkalse in die verwoeste plekke het jou profete geword, o Israel.+  Julle sal beslis nie in die gapings opklim nie,+ en ook sal julle nie ’n klipmuur vir die huis van Israel bou,+ om in die dag van Jehovah in die stryd stand te hou nie.”+  “Hulle het onwaarheid en leuenagtige waarsêery in ’n visioen gesien,+ hulle wat sê: ‘Die woord van Jehovah is’, terwyl Jehovah hulle nie gestuur het nie, en hulle het gewag dat ’n woord bewaarheid word.+  Het julle nie ’n valse visioen gesien en leuenagtige waarsêery gespreek nie deur te sê: ‘Die woord van Jehovah is’, terwyl ek niks gesê het nie?”’+  “‘Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “‘Omdat julle onwaarheid gespreek en ’n leuen in ’n visioen gesien het, daarom, kyk, ek is teen julle’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”  En my hand het teen die profete gekom wat onwaarheid in ’n visioen sien en wat ’n leuen deur waarsêery voorspel.+ In die intieme+ groep van my volk sal hulle nie bly nie, en in die register van die huis van Israel sal hulle nie geskryf word nie,+ en na die land van Israel sal hulle nie kom nie;+ en julle sal moet weet dat ek die Soewereine Heer Jehovah is,+ 10  omdat, ja, omdat hulle my volk op ’n dwaalspoor gebring het deur te sê: “Daar is vrede!” terwyl daar geen vrede is nie,+ en ’n skeidsmuur word gebou, maar tevergeefs+ pleister hulle dit met witkalk.’+ 11  “Sê vir dié wat met witkalk pleister dat dit sal val. ’n Oorstromende stortreën sal beslis kom, en julle, o haelstene, sal val, en ’n vlaag windstorms sal dit regdeur laat kraak.+ 12  En kyk! die muur sal val. Sal daar nie vir julle gesê word nie: ‘Waar is die pleisterlaag waarmee julle gepleister het?’+ 13  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Ek sal ook ’n vlaag windstorms in my woede laat losbreek, en in my toorn sal daar ’n oorstromende stortreën kom, en in woede sal daar haelstene wees tot uitroeiing.+ 14  En ek sal die muur afbreek wat julle met witkalk gepleister het en dit in aanraking bring met die aarde, en sy fondament sal blootgelê word.+ En die stad sal beslis val, en julle sal daarin aan julle einde kom; en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.’+ 15  “‘En ek sal my woede laat uitwoed teen die muur en teen dié wat dit met witkalk gepleister het, en ek sal vir julle sê: “Die muur is nie meer nie, en dié wat dit gepleister het, is nie meer nie,+ 16  die profete van Israel wat vir Jerusalem profeteer en wat vir hom ’n visioen van vrede sien,+ terwyl daar geen vrede is nie”’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.+ 17  “En wat jou betref, o mensekind, rig jou aangesig+ teen die dogters van jou volk wat uit hulle eie hart as profetesse+ optree,+ en profeteer teen hulle. 18  En jy moet sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Wee die vroue wat bande aanmekaarwerk op al die elmboë en sluiers maak op koppe van elke grootte om op siele jag te maak!+ Is die siele waarop julle jag maak, o vroue, dié wat aan my volk behoort, en die siele wat julle in die lewe hou, dié wat aan julle behoort? 19  En sal julle my by my volk ontheilig vir die hande vol gars en vir die stukkies brood,+ om die siele dood te maak wat nie behoort te sterf nie+ en om die siele in die lewe te hou wat nie behoort te lewe nie, deur julle leuen aan my volk, die hoorders van ’n leuen?”’+ 20  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Kyk, ek is teen julle bande, o vroue, waarmee julle op die siele jag maak asof hulle voëls is, en ek sal dit van julle arms afskeur en die siele vrylaat waarop julle jag maak, siele asof hulle voëls is.+ 21  En ek sal julle sluiers afruk en my volk uit julle hand verlos, en hulle sal in julle hand nie meer iets wees wat op die jag gevang is nie; en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.+ 22  Omdat julle die hart van ’n regverdige met leuens+ terneergedruk gemaak het, terwyl ek hom nie pyn veroorsaak het nie, en omdat julle die hande van ’n goddelose versterk het+ sodat hy hom nie van sy slegte weg sou afkeer om hom in die lewe te hou nie,+ 23  daarom sal julle, o vroue, nie onwaarheid in ’n visioen bly sien nie,+ en waarsêery+ sal julle nie meer bedryf nie;+ en ek sal my volk uit julle hand verlos,+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.’”+

Voetnote