Esegiël 14:1-23

14  En manne uit die ouer manne van Israel het na my toe gekom en voor my gaan sit.+  Toe het die woord van Jehovah tot my gekom en gesê:  “Mensekind, wat hierdie manne betref, hulle het hulle drekgode in hulle hart opgeneem, en die struikelblok wat hulle oortreding veroorsaak, het hulle voor hulle aangesig gesit.+ Sal ek my enigsins deur hulle laat raadpleeg?+  Daarom, praat met hulle, en jy moet vir hulle sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Elke man van die huis van Israel wat sy drekgode+ in sy hart opneem en wat die struikelblok wat sy oortreding veroorsaak, voor sy aangesig sit en wat na die profeet toe kom—ek, Jehovah, ek sal hom in die saak antwoord volgens die menigte van sy drekgode,+  om die huis van Israel in hulle hart te gryp,+ omdat hulle hulle deur hulle drekgode van my teruggetrek het—hulle almal.”’+  “Daarom, sê vir die huis van Israel: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kom terug en keer julle af van julle drekgode+ en wend julle aangesig af van al julle verfoeilike dinge;+  want elke man uit die huis van Israel of uit die inwonende vreemdelinge wat as vreemdelinge in Israel woon, wat hom daarvan terugtrek om my te volg+ en wat sy drekgode in sy hart opneem en wat die struikelblok wat sy oortreding veroorsaak, voor sy aangesig sit en wat na die profeet toe kom om my vir hom te raadpleeg+—ek, Jehovah, ek antwoord hom self.  En ek sal my aangesig teen dié man rig+ en hom as ’n teken+ en as spreekwoorde+ stel, en ek sal hom uitroei onder my volk uit;+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.”’+  “‘En wat die profeet betref, as hy mislei word en ’n woord spreek, het ek, Jehovah, dié profeet mislei;+ en ek sal my hand teen hom uitsteek en hom onder my volk Israel uit verdelg.+ 10  En hulle sal hulle oortreding moet dra.+ Die oortreding van die raadpleger sal net soos die oortreding van die profeet wees,+ 11  sodat die huis van Israel nie meer agter my wegdwaal+ en hulle nie meer met al hulle oortredings gaan verontreinig nie. En hulle sal my volk word en ek sal hulle God word’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”+ 12  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê: 13  “Mensekind, wat ’n land betref, as dit sonde teen my begaan deur ontrou te handel,+ sal ek ook my hand daarteen uitsteek en die stawwe daarvan verbreek waaraan ringvormige brode gehang word,+ en ek sal hongersnood+ daarin stuur en mens en mak dier daaruit uitroei.”+ 14  “‘En as hierdie drie manne, Noag,+ Daniël+ en Job,+ daarin was, sou hulle weens hulle regverdigheid+ hulle eie siel verlos’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”+ 15  “‘Of as ek gevaarlike wilde diere deur die land laat trek+ en hulle dit van kinders beroof+ en dit ’n verlate woesteny word sonder dat iemand daar deurtrek weens die wilde diere+ 16  as hierdie drie manne daarin was, so waar as ek lewe’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘hulle sou nie seuns of dogters verlos nie; hulle, net hulle, sou verlos word en die land sou ’n verlate woesteny word.’”+ 17  “‘Of as ek ’n swaard oor daardie land bring+ en sê: “Laat ’n swaard deur die land trek”, en as ek mens en mak dier daaruit uitroei+ 18  as hierdie drie manne daarin was,+ so waar as ek lewe’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘hulle sou nie seuns of dogters verlos nie, maar hulle, net hulle, sou verlos word.’”+ 19  “‘Of as ek pes oor daardie land stuur+ en ek my woede met bloed daaroor uitstort,+ om mens en mak dier daaruit uit te roei— 20  as Noag,+ Daniël+ en Job+ daarin was,+ so waar as ek lewe’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘hulle sou nie seun of dogter verlos nie; hulle sou weens hulle regverdigheid hulle eie siel verlos.’”+ 21  “Want só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘So sal dit ook wees wanneer ek my vier skadelike strafgerigte+—swaard en hongersnood en gevaarlike wilde diere en pes+—oor Jerusalem stuur om mens en mak dier daaruit uit te roei.+ 22  Maar kyk! daarin sal beslis ’n groep oorbly wat ontkom het, dié wat uitgebring word.+ Seuns en dogters, hier is hulle! Hulle gaan uit na julle toe, en julle sal hulle weg en hulle handelinge moet sien.+ En julle sal beslis vertroos word oor die rampspoed wat ek oor Jerusalem gebring het, ja, alles wat ek daaroor gebring het.’” 23  “‘En hulle sal julle beslis vertroos wanneer julle hulle weg en hulle handelinge sien; en julle sal moet weet dat ek nie sonder oorsaak alles gedoen het wat ek daarteen gaan doen nie’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”+

Voetnote