Esegiël 15:1-8

15  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “Mensekind, in watter opsig verskil die wingerdstok+ van elke ander boom, die loot, wat onder die bome van die woud is?  Word daarvan ’n paal geneem om werk mee te doen? Of neem mense daarvan ’n pen om enige soort voorwerp aan op te hang?  Kyk! In die vuur moet dit gesit word as brandstof.+ Die vuur verteer beslis albei sy ente, en sy middel word verskroei.+ Is dit geskik vir enige werk?  Kyk! Wanneer dit heel is, word dit nie vir enige werk gebruik nie. Hoeveel minder kan dit, wanneer vuur dit verteer het en dit verskroei word, vir enige verdere werk gebruik word!”+  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Soos die wingerdstok onder die bome van die woud, wat ek as brandstof aan die vuur gegee het, so het ek die inwoners van Jerusalem oorgegee.+  En ek het my aangesig teen hulle gerig.+ Uit die vuur het hulle uitgegaan, maar die vuur sal hulle verteer.+ En julle sal moet weet dat ek Jehovah is, wanneer ek my aangesig teen hulle rig.’”+  “‘En ek sal die land ’n verlate woesteny maak,+ omdat hulle ontrou gehandel het’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”

Voetnote