Esegiël 17:1-24

17  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “Mensekind, gee ’n raaisel+ en stel ’n spreekwoord saam vir die huis van Israel.+  En jy moet sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Die groot arend+ met groot vlerke,+ met lang vlerkvere, vol vere wat veelkleurig was, het na die Liʹbanon+ gekom en die top+ van die seder geneem.+  Hy het die boonste van sy jong lote afgepluk en dit na die land Kanaän gebring;+ in ’n stad van handelaars het hy dit neergesit.  Verder het hy van die saad van die land geneem+ en dit in ’n saailand gesit. As ’n wilger by baie waters,+ as ’n wilgerboom het hy dit ingesit.  En dit het begin uitspruit en het geleidelik ’n welig groeiende wingerdstok geword wat laag gegroei het,+ geneig om sy blare na binne te draai; en sy wortels het geleidelik onder hom gekom. En dit het uiteindelik ’n wingerdstok geword en lote voortgebring en takke uitgestoot.+  “‘“En daar was nog ’n groot arend+ met groot vlerke en groot vlerkvere,+ en kyk! hierdie wingerdstok het sy wortels hongerig na hom toe uitgestrek.+ En sy blare het hy na hom toe uitgesteek sodat hy dit sou natlei, weg van die beddings waar dit geplant was.+  In ’n goeie land, by baie waters, was dit reeds oorgeplant,+ om lote voort te bring en vrug te dra, om ’n majestueuse wingerdstok te word.”’  “Sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Sal dit suksesvol wees?+ Sal iemand nie sy wortels uitruk+ en sy vrugte skubberig maak nie? En sal al sy vars geplukte uitspruitsels nie verdroog nie?+ Dit sal verdroog. Dit sal nie deur ’n groot arm of deur ’n talryke volk van sy wortels af opgelig hoef te word nie. 10  En kyk! sal dit suksesvol wees hoewel dit oorgeplant is? Sal dit nie heeltemal verdroog, ja, soos wanneer die oostewind dit aanraak nie?+ In die beddings van sy uitspruitsel sal dit verdroog.”’”+ 11  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê: 12  “Sê asseblief vir die opstandige huis:+ ‘Weet julle nie wat hierdie dinge beteken nie?’ Sê: ‘Kyk! Die koning van Babilon het na Jerusalem gekom en sy koning+ en sy vorste geneem en hulle na hom toe gebring in Babilon.+ 13  Verder het hy iemand van die koninklike saad+ geneem en ’n verbond met hom gesluit en hom ’n eed opgelê;+ en die vernaamste manne van die land het hy weggeneem,+ 14  sodat die koninkryk van geringe betekenis sou wees,+ nie in staat om homself te verhef nie, sodat dit sou bly staan deur sy verbond te hou.+ 15  Maar hy het uiteindelik teen hom in opstand gekom+ deur sy boodskappers na Egipte te stuur, sodat dié hom perde+ en baie manskappe sou gee. Sal hy suksesvol wees? Sal hy ontkom, hy wat hierdie dinge doen en wat ’n verbond verbreek het? En sal hy werklik ontkom?’+ 16  “‘“So waar as ek lewe”,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, “in die woonplek van die koning wat die een as koning aangestel het wat sy eed verag het+ en wat sy verbond verbreek het, by hom, in Babilon, sal hy sterf.+ 17  En deur ’n groot krygsmag en deur ’n talryke vergadering sal Farao hom nie in die oorlog doeltreffend laat optree nie,+ deur ’n beleëringskans op te werp en deur ’n beleëringsmuur te bou, ten einde baie siele uit te roei.+ 18  En hy het ’n eed verag+ deur ’n verbond te verbreek, en kyk! hy het sy hand gegee+ en al hierdie dinge gedoen. Hy sal nie ontkom nie.”’+ 19  “‘Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “So waar as ek lewe, my eed wat hy verag het+ en my verbond wat hy verbreek het—ja, ek sal dit gewis op sy hoof laat neerkom. 20  En ek sal my net oor hom uitsprei, en hy sal beslis in my vangnet gevang word;+ en ek sal hom na Babilon bring en daar met hom in die gerig tree omdat hy ontrou teenoor my gehandel het.+ 21  En wat al sy vlugtelinge in al sy krygsbendes betref, deur die swaard sal hulle val, en dié wat oorbly, sal in alle windrigtings verstrooi word.+ En julle sal moet weet dat ek, Jehovah, dit gespreek het.”’+ 22  “‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Ek sal ook van die hoë top van die seder neem en dit insit;+ van die boonste van sy takkies sal ek ’n sagte takkie afpluk,+ en ek sal dit op ’n hoë en verhewe berg oorplant.+ 23  Op die berg van die hoogte van Israel sal ek dit oorplant,+ en dit sal beslis takke voortbring en vrug dra+ en ’n majestueuse seder word.+ En daaronder sal alle soorte voëls woon; in die skaduwee van sy blare sal hulle woon.+ 24  En al die bome van die veld sal moet weet dat ek, Jehovah,+ die hoë boom verneder het,+ die geringe boom verhoog het,+ die boom wat nog vogtig was, laat verdroog het+ en die droë boom laat bloei het. Ek, Jehovah, het gespreek en het dit gedoen.”’”+

Voetnote