Esegiël 19:1-14

19  “En wat jou betref, hef ’n klaaglied aan+ oor die owerstes van Israel,+  en jy moet sê: ‘Wat was jou moeder? ’n Leeuwyfie tussen leeus.+ Sy het tussen jong maanhaarleeus gaan lê. Sy het haar welpies grootgemaak.  “‘En sy het geleidelik een van haar welpies grootgemaak.+ ’n Jong maanhaarleeu het hy geword, en hy het begin leer hoe om prooi te verskeur.+ Hy het selfs mense verslind.  En nasies het voortdurend van hom gehoor. In hulle kuil is hy gevang, en hulle het hom met hake na Egipteland gebring.+  “‘Toe sy sien dat sy gewag het en haar hoop vergaan het, het sy nog een van haar welpies geneem.+ ’n Jong maanhaarleeu het sy hom gemaak.  En hy het onder leeus rondgeloop. ’n Jong maanhaarleeu het hy geword. En hy het geleidelik geleer hoe om prooi te verskeur.+ Hy het selfs mense verslind.+  En hy het hulle woontorings leer ken, en hy het selfs hulle stede verwoes,+ sodat die land verlate gemaak is en hy dit met die geluid van sy gebrul gevul het.+  En nasies rondom uit die regsgebiede het hulle teen hom begin opstel+ en het hulle net oor hom uitgesprei.+ In hulle kuil is hy gevang.+  Uiteindelik het hulle hom met hake in die hok gesit en hom na die koning van Babilon toe gebring.+ Hulle het hom met vangnette gebring, sodat sy stem nie meer op die berge van Israel gehoor sou word nie.+ 10  “‘Jou moeder+ was soos ’n wingerdstok in jou bloed,+ geplant by waters. Dit het vrugdraend en vol takke geword weens oorvloedige water.+ 11  En hulle het sterk stawwe daarvoor geword, bestem vir die septers van heersers.+ En sy hoogte het geleidelik groot geword, tot tussen die takke, en dit het weens sy hoogte sigbaar geword, weens die oorvloed van sy blare.+ 12  Maar dit is uiteindelik in grimmigheid uitgeruk.+ Teen die grond is dit gegooi, en ’n oostewind het sy vrugte laat verdroog.+ Sy sterk staf is afgeruk en het verdroog.+ Vuur het dit verteer.+ 13  En nou is dit in die wildernis geplant,+ in ’n waterlose en dorstige land.+ 14  En vuur het uit sy staf uitgegaan.+ Dit het sy lote verteer, ja, sy vrugte, en daarin was geen sterk staf nie, geen septer om te heers nie.+ “‘Dit is ’n klaaglied, en dit sal ’n klaaglied word.’”+

Voetnote