Esegiël 2:1-10

2  En hy het vir my gesê: “Mensekind,+ staan op jou voete sodat ek met jou kan praat.”+  En gees het in my begin kom die oomblik toe hy met my praat,+ en dit het my uiteindelik op my voete laat staan sodat ek die Een kon hoor wat met my praat.+  En hy het vir my gesê: “Mensekind, ek stuur jou na die kinders van Israel toe,+ na opstandige nasies wat teen my in opstand gekom het.+ Hulle en hulle voorvaders het teen my oortree tot hierdie selfde dag toe.+  En die kinders wat vermetel van aangesig+ en hard van hart+ is—ek stuur jou na hulle toe, en jy moet vir hulle sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê.’  En wat hulle betref, of hulle sal hoor+ of dit sal nalaat+—want hulle is ’n opstandige huis+—hulle sal beslis ook weet dat daar ’n profeet in hulle midde was.+  “En jy, o mensekind, moenie vir hulle bang wees nie;+ en moenie vir hulle woorde bang wees nie, want daar is hardkoppiges+ en dinge wat jou steek,+ en onder skerpioene+ woon jy. Moenie vir hulle woorde bang wees nie,+ en moenie met verskrikking vervul word weens hulle aangesig nie,+ want hulle is ’n opstandige huis.+  En jy moet my woorde tot hulle spreek, ongeag of hulle hoor of dit nalaat, want hulle is opstandig.+  “En jy, o mensekind, hoor wat ek vir jou sê. Moenie opstandig word soos die opstandige huis nie.+ Maak jou mond oop en eet wat ek jou gee.”+  En ek het toe gesien, en kyk! ’n hand is na my toe uitgesteek,+ en kyk! daarin was ’n boekrol.+ 10  En hy het dit geleidelik voor my uitgesprei, en daar was op die voorkant en op die agterkant daarvan geskryf;+ en daarin was klaagliedere en ’n gekerm en ’n geweeklaag geskryf.+

Voetnote