Esegiël 21:1-32

21  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “Mensekind, keer jou gesig na Jerusalem en laat woorde na die heiligdomme+ drup+ en profeteer teen die land van Israel.+  En jy moet vir die land van Israel sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Kyk, ek is teen jou,+ en ek sal my swaard uit sy skede trek+ en die regverdige en die goddelose uit jou uitroei.+  Sodat ek die regverdige en die goddelose uit jou kan uitroei, daarom sal my swaard uit sy skede uitgaan teen alle vlees van die suide tot die noorde.+  En alle vlees sal moet weet dat ek, Jehovah, my swaard uit sy skede getrek het.+ Dit sal nie meer teruggaan nie.”’+  “En wat jou betref, o mensekind, sug met bewende heupe.+ Ja, met bitterheid moet jy voor hulle oë sug.+  En as hulle vir jou sê: ‘Waarom sug jy?’+ moet jy sê: ‘Weens ’n berig.’+ Want dit sal beslis kom,+ en elke hart sal smelt+ en al die hande sal slap word en elke gees sal terneergedruk raak en al die knieë sal drup van water.+ ‘Kyk! Dit sal beslis kom+ en tot stand gebring word’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “Mensekind, profeteer, en jy moet sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Sê: ‘’n Swaard, ’n swaard!+ Dit is skerp gemaak,+ en dit is ook blink gevryf. 10  Dit is skerp gemaak om ’n slagting teweeg te bring; dit is blink gevryf om dit te laat glinster.’”’”+ “Of sal ons ons verheug?”+ “‘Verwerp dit die septer+ van my seun,+ soos dit elke boom verwerp?+ 11  “‘En dit word gegee om blink gevryf te word, ten einde dit met die hand te swaai. Dit—die swaard—is skerp gemaak en dit is blink gevryf, om dit in die hand te gee van iemand wat doodmaak.+ 12  “‘Roep uit en weeklaag,+ o mensekind, want dit het teen my volk gekom;+ dit is teen al die owerstes van Israel.+ Dié wat aan die swaard uitgelewer is, is by my volk.+ Slaan dus op die dy.+ 13  Want daar is ondersoek ingestel,+ en sê nou dit verwerp ook die septer?+ Dit sal nie bly bestaan nie’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 14  “En jy, o mensekind—profeteer en slaan palm teen palm,+ en ‘’n Swaard!’ moet drie keer herhaal word.+ Die swaard van die gesneuweldes is dit. Dit is die swaard van ’n gesneuwelde wat groot is, wat hulle omsingel.+ 15  Ek sal deur die swaard ’n slagting aanrig sodat die hart kan smelt+ en dié vermenigvuldig kan word wat by al hulle poorte tot ’n val gebring word.+ Ag, dit is gemaak om te glinster, blink gevryf om ’n slagting aan te rig!+ 16  Wys dat jy skerp is;+ gaan regs! Bepaal jou posisie; gaan links! Waarheen jou gesig ook al gekeer is! 17  En ook ek sal my een palm teen my ander palm slaan,+ en ek sal my woede+ tot bedaring bring.+ Ek, Jehovah, het gespreek.” 18  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê: 19  “En wat jou betref, o mensekind, maak vir jou twee paaie waarlangs die swaard van die koning van Babilon kan inkom.+ Uit die een land moet hulle albei uitgaan, en ’n handwyser moet uitgesny word;+ aan die bopunt van die pad na die stad moet dit uitgesny word. 20  ’n Pad moet jy maak waarlangs die swaard kan inkom teen Rabba+ van die kinders van Ammon, en een teen Juda, teen versterkte Jerusalem.+ 21  Want die koning van Babilon het by die kruispaaie gaan staan, aan die bopunt van die twee paaie, om van waarsêery gebruik te maak.+ Hy het die pyle geskud. Hy het deur middel van die terafim+ gevra; hy het die lewer bekyk. 22  In sy regterhand was die waarsêery vir Jerusalem, om stormramme op te stel,+ om die mond vir ’n slagting oop te maak, om die geluid van ’n alarmsein te laat hoor,+ om stormramme teen poorte op te stel, om ’n beleëringskans op te werp, om ’n beleëringsmuur te bou.+ 23  En dit het vir hulle soos valse waarsêery in hulle oë geword+—dié wat met ede aan hulle verbonde is;+ en hy bring oortreding in herinnering,+ sodat hulle gevang kan word.+ 24  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Omdat julle julle oortreding in herinnering bring deurdat julle oortredings blootgelê word, sodat julle sondes volgens al julle handelinge gesien kan word—omdat julle in herinnering gebring word,+ sal julle met die hand gegryp word.’+ 25  “En wat jou betref, o dodelik gewonde, goddelose owerste+ van Israel,+ wie se dag in die tyd van die laaste oortreding gekom het,+ 26  só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Verwyder die tulband en haal die kroon af.+ Dit sal nie dieselfde wees nie.+ Verhoog wat laag is+ en verlaag die een wat hoog is.+ 27  ’n Puinhoop, ’n puinhoop, ’n puinhoop sal ek dit maak.+ Ook wat dit betref, dit sal beslis niemand s’n word nie totdat hy kom wat die wetlike reg het,+ en ek sal dit aan hom gee.’+ 28  “En jy, o mensekind, profeteer, en jy moet sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê oor die kinders van Ammon en oor hulle gesmaad.’ En jy moet sê: ‘’n Swaard, ’n swaard wat vir ’n slagting getrek is, blink gevryf om te verslind, sodat dit kan glinster,+ 29  omdat hulle vir jou ’n onwerklikheid sien, omdat hulle vir jou ’n leuen deur waarsêery voorspel,+ om jou op die nekke van die gesneuweldes te sit, die goddeloses wie se dag in die tyd van die laaste oortreding gekom het.+ 30  Steek dit terug in sy skede. Op die plek waar jy geskep is, in die land van jou herkoms,+ sal ek jou oordeel. 31  En ek sal my veroordeling oor jou uitstort. Met die vuur van my grimmigheid sal ek op jou blaas,+ en ek sal jou in die hand gee van redelose mense, mense wat vernietiging bewerk.+ 32  Vir die vuur sal jy brandstof word.+ Jou bloed sal in die land wees. Aan jou sal nie gedink word nie, want ek, Jehovah, het gespreek.’”+

Voetnote