Esegiël 22:1-31

22  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “En wat jou betref, o mensekind, sal jy oordeel,+ sal jy die bloedskuldige stad+ oordeel en beslis al sy verfoeilike dinge aan hom bekend maak?+  En jy moet sê: ‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “O stad wat in hom bloed vergiet+ totdat sy tyd kom+ en wat in hom drekgode gemaak het om onrein te word,+  deur jou bloed wat jy vergiet het, het jy skuldig geword,+ en deur jou drekgode wat jy gemaak het, het jy onrein geword.+ En jy bring jou dae nader, en jy sal tot by jou jare kom. Daarom sal ek jou ’n voorwerp van smaad vir die nasies en van bespotting vir al die lande maak.+  Die lande wat naby en dié wat ver van jou af is, sal jou bespot, o onreine van naam, wat vol verwarring is.+  Kyk! Die owerstes+ van Israel was in jou, elkeen aan sy arm oorgegee om bloed te vergiet.+  Vader en moeder het hulle in jou met veragting behandel.+ Teenoor die inwonende vreemdeling het hulle in jou met kullery opgetree.+ Vaderlose seun en weduwee het hulle in jou sleg behandel.”’”+  “‘My heiligdomme het jy verag en my sabbatte het jy ontheilig.+  Volslae lasteraars was daar in jou, om bloed te vergiet;+ en in jou het hulle op die berge geëet.+ Losbandige gedrag het hulle in jou beoefen.+ 10  Die naaktheid van ’n vader het hulle in jou ontbloot;+ ’n vrou wat deur haar menstruasie onrein was, het hulle in jou verneder.+ 11  En ’n man het iets verfoeiliks met die vrou van sy metgesel gedoen,+ en ’n man het sy skoondogter deur losbandige gedrag verontreinig;+ en ’n man het sy suster, die dogter van sy vader, in jou verneder.+ 12  ’n Omkoopgeskenk het hulle in jou geneem om bloed te vergiet.+ Rente+ en woekerwins het jy geneem,+ en deur kullery+ bly jy op gewelddadige wyse wins maak+ uit jou metgeselle, en my het jy vergeet’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah. 13  “‘En kyk! ek het in my hand geslaan+ oor jou onregverdige wins wat jy gemaak het+ en oor jou dade van bloedvergieting wat in jou was.+ 14  Sal jou hart uithou+ of jou hande krag voorsien in die dae wanneer ek teen jou optree?+ Ek, Jehovah, het gespreek en ek sal optree.+ 15  En ek sal jou onder die nasies verstrooi en jou in die lande versprei,+ en ek sal jou onreinheid uit jou wegruim.+ 16  En jy sal beslis in jou ontheilig word voor die oë van die nasies, en jy sal moet weet dat ek Jehovah is.’”+ 17  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê: 18  “Mensekind, vir my het die huis van Israel soos metaalskuim geword.+ Hulle almal is koper en tin en yster en lood in ’n smeltoond. Baie metaalskuim, dié van silwer, het hulle geword.+ 19  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Omdat julle almal soos baie metaalskuim geword het,+ daarom, kyk, ek maak julle in Jerusalem bymekaar.+ 20  Soos wanneer silwer en koper en yster+ en lood en tin in ’n smeltoond bymekaargemaak word, om met vuur daarop te blaas+ om dit te laat smelt,+ so sal ek hulle in my toorn en in my woede bymekaarmaak, en ek sal blaas en julle laat smelt. 21  En ek sal julle bymekaarbring en met die vuur van my grimmigheid op julle blaas,+ en julle sal daarin gesmelt word.+ 22  Soos wanneer silwer in ’n smeltoond gesmelt word, so sal julle daarin gesmelt word; en julle sal moet weet dat ek, Jehovah, my woede oor julle uitgestort het.’”+ 23  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê: 24  “Mensekind, sê vir hom: ‘Jy is ’n land wat nie gereinig word nie, waarop geen reën in die dag van veroordeling val nie.+ 25  Daar is ’n sameswering van sy profete in hom,+ soos die brullende leeu wat prooi verskeur.+ Hulle verslind ’n siel.+ Skatte en kosbare dinge bly hulle neem.+ Sy weduwees het hulle in hom vermenigvuldig.+ 26  Sy priesters het my wet geweld aangedoen,+ en hulle bly my heiligdomme ontheilig.+ Tussen die heilige en die gewone+ het hulle geen onderskeid gemaak nie,+ en tussen die onreine en die reine het hulle geen verskil bekend gemaak nie,+ en vir my sabbatte het hulle hulle oë verberg,+ en ek word onder hulle ontheilig.+ 27  Sy vorste in hom is soos wolwe wat prooi verskeur, deurdat hulle bloed vergiet,+ deurdat hulle siele vernietig om onregverdige wins te maak.+ 28  En sy profete het vir hulle met witkalk gepleister,+ deur ’n onwerklikheid in ’n visioen te sien+ en vir hulle ’n leuen deur waarsêery te voorspel+ deur te sê: “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê”, terwyl Jehovah nie gespreek het nie. 29  Die volk van die land het gekul+ en geroof+ en die geteisterde en die arme sleg behandel+ en die inwonende vreemdeling sonder geregtigheid te kort gedoen.’+ 30  “‘En ek het bly soek na ’n man onder hulle wat die klipmuur sou herstel+ en vir die land in die gaping voor my sou staan,+ sodat ek dit nie sou verwoes nie;+ en ek het niemand gevind nie. 31  Daarom sal ek my veroordeling+ oor hulle uitstort. Met die vuur van my grimmigheid sal ek hulle uitroei.+ Hulle weg sal ek op hulle eie hoof laat neerkom’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”

Voetnote