Esegiël 23:1-49

23  En die woord van Jehovah het tot my gekom+ en gesê:  “Mensekind, daar was twee vroue, die dogters van een moeder.+  En hulle het in Egipte prostitusie begin pleeg.+ In hulle jeug het hulle prostitusie gepleeg.+ Daar is hulle borste betas,+ en daar is hulle maagdelike borste gedruk.  En hulle name was Ohoʹla, die oudste, en Ohoʹliba, haar suster, en hulle het myne geword+ en aan seuns en dogters geboorte begin gee.+ En wat hulle name betref, Ohoʹla is Samariʹa+ en Ohoʹliba is Jerusalem.+  “En Ohoʹla het prostitusie begin pleeg,+ terwyl sy aan my onderworpe was, en het ’n wellustige begeerte gekoester na dié wat haar hartstogtelik liefgehad het,+ die Assiriërs,+ wat naby was,  goewerneurs geklee in blou stof, en onderheersers—almal begeerlike jong manne, ruiters te perd.  En sy het haar in dade van prostitusie aan hulle bly gee, almal van hulle die beste kinders van Assiʹrië; en met almal wat sy wellustig begeer het—met hulle drekgode—het sy haar verontreinig.+  En haar dade van prostitusie wat uit Egipte oorgebring is, het sy nie laat vaar nie, want in haar jeug het hulle by haar gaan lê, en dit was hulle wat haar maagdelike borste gedruk en hulle onsedelike gemeenskap oor haar bly uitstort het.+  Daarom het ek haar in die hand gegee van dié wat haar hartstogtelik liefgehad het,+ in die hand van die kinders van Assiʹrië, wat sy wellustig begeer het.+ 10  Húlle het haar naaktheid ontbloot.+ Haar seuns en haar dogters het hulle geneem,+ en haar het hulle met die swaard doodgemaak. En sy het by die vroue berug geword, en hulle het strafgerigte aan haar voltrek. 11  “Toe haar suster Ohoʹliba dit sien,+ het sy haar sinlike begeerte verderfliker gemaak as sy, en haar prostitusie meer as die hoerery van haar suster.+ 12  Sy het die kinders van Assiʹrië wellustig begeer,+ goewerneurs en onderheersers wat naby was, met volmaakte smaak geklee, ruiters te perd—almal begeerlike jong manne.+ 13  En ek het gesien dat hulle, omdat sy haar verontreinig het, albei een weg bewandel.+ 14  En sy het haar dade van prostitusie bly vermeerder toe sy die manne in graverings op die muur sien,+ gegraveerde afbeeldings+ van Galdeërs, geteken met vermiljoen,+ 15  omgord met gordels+ aan hulle heupe, met oorhangende tulbande op hulle koppe, almal met die voorkoms van krygsmanne, die gestalte van die kinders van Babilon, Galdeërs wat hulle geboorteland betref. 16  En toe haar oë hulle sien,+ het sy hulle wellustig begin begeer en boodskappers na hulle in Galdeʹa gestuur.+ 17  En die kinders van Babilon het na haar toe bly kom, na die bed van liefkosings, en haar met hulle onsedelike gemeenskap verontreinig;+ en sy is voortdurend deur hulle verontreinig, en haar siel het hom vol afkeer van hulle begin afwend. 18  “En sy het voortgegaan om haar dade van prostitusie te ontbloot en haar naaktheid te ontbloot,+ sodat my siel hom vol afkeer van haar afgewend het, net soos my siel hom vol afkeer van haar suster afgewend het.+ 19  En sy het haar dade van prostitusie so bly vermenigvuldig+ dat sy die dae van haar jeug onthou het,+ toe sy in Egipteland prostitusie gepleeg het.+ 20  En sy het ’n wellustige begeerte bly koester soos byvrouens wat behoort aan hulle wie se vleeslike lid soos die vleeslike lid van esels is en wie se geslagsorgaan soos die geslagsorgaan van hingste is.+ 21  En jy het voortdurend die aandag op die losbandige gedrag van jou jeug gevestig, deurdat jou borste sedert Egipte+ gedruk is, ter wille van jou jeugdige borste.+ 22  “Daarom, o Ohoʹliba, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Kyk, ek wek jou hartstogtelike minnaars teen jou op,+ dié van wie jou siel hom vol afkeer afgewend het, en ek sal hulle van alle kante teen jou bring,+ 23  die kinders van Babilon+ en al die Galdeërs,+ Pekod+ en Soa en Koa, al die kinders van Assiʹrië saam met hulle, begeerlike jong manne, almal goewerneurs en onderheersers, krygsmanne en opgeroeptes, wat almal te perd ry. 24  En hulle sal met die geratel van strydwaens en wiele teen jou kom,+ en met ’n versameling volke, met groot skild en klein skild en helm. Hulle sal hulle rondom teen jou opstel, en ek sal die oordeel aan hulle oorgee, en hulle sal jou met hulle oordele oordeel.+ 25  En ek sal uiting gee aan my ywer teen jou,+ en hulle sal in woede teen jou optree.+ Jou neus en jou ore sal hulle verwyder, en wat van jou oorbly, sal deur die swaard val. Jou seuns en jou dogters+ sal hulle neem,+ en wat van jou oorbly, sal deur die vuur verteer word.+ 26  En hulle sal beslis jou klere uittrek+ en jou pragtige voorwerpe wegneem.+ 27  En ek sal maak dat jou losbandige gedrag van jou af verdwyn,+ asook jou prostitusie wat uit Egipteland oorgebring is;+ en jy sal jou oë nie na hulle opslaan nie, en aan Egipte sal jy nie meer dink nie.’ 28  “Want só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Kyk, ek gee jou in die hand van dié wat jy gehaat het, in die hand van dié van wie jou siel hom vol afkeer afgewend het.+ 29  En hulle sal in haat teen jou optree en alles waarvoor jy geswoeg het, wegneem en jou naak en ontbloot agterlaat;+ en die naaktheid van jou dade van hoerery en jou losbandige gedrag en jou dade van prostitusie sal ontbloot word.+ 30  Hierdie dinge sal aan jou gedoen word omdat jy soos ’n prostituut agter die nasies aan geloop het,+ omdat jy jou met hulle drekgode verontreinig het.+ 31  In die weg van jou suster het jy gewandel;+ en ek sal haar beker in jou hand moet gee.’+ 32  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Die beker van jou suster sal jy drink, die diep en wye beker.+ Jy sal ’n voorwerp van gelag en bespotting word, aangesien die beker baie bevat.+ 33  Met dronkenskap en droefheid sal jy gevul word, met die beker van verbasing en van verwoesting, die beker van jou suster Samariʹa. 34  En jy sal dit moet drink en leegmaak,+ en aan sy erdeskerwe sal jy knaag en jou borste sal jy afskeur.+ “Want ek het gespreek”, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.’ 35  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Omdat jy my vergeet het+ en jy my agter jou rug gewerp het,+ dra jy dan ook jou losbandige gedrag en jou dade van prostitusie.’” 36  En Jehovah het verder vir my gesê: “Mensekind, sal jy Ohoʹla en Ohoʹliba+ oordeel+ en hulle verfoeilike dinge aan hulle bekend maak?+ 37  Want hulle het egbreuk gepleeg+ en daar is bloed aan hulle hande,+ en met hulle drekgode het hulle egbreuk gepleeg.+ En daarbenewens het hulle hulle seuns wat hulle vir my gebaar het, as voedsel vir hulle deur die vuur laat gaan.+ 38  Boonop het hulle dít aan my gedoen: Hulle het my heiligdom+ op dié dag verontreinig,+ en my sabbatte het hulle ontheilig.+ 39  En toe hulle hulle kinders vir hulle drekgode geslag het,+ het hulle selfs op dié dag in my heiligdom gekom om dit te ontheilig,+ en kyk! dit het hulle in my huis gedoen.+ 40  En wat meer is, toe hulle na die manne begin stuur het wat van ver af gekom het, na wie ’n boodskapper gestuur is,+ kyk! toe het hulle gekom,+ vir wie jy jou gewas,+ jou oë geverf+ en jou met sierade versier het.+ 41  En jy het op ’n pragtige slaapbank gaan sit,+ met ’n gedekte tafel daarvoor,+ en my reukwerk+ en my olie het jy daarop gesit.+ 42  En die geluid van ’n geruste menigte was daarin,+ en na die manne uit die mensemassa is dronkaards+ uit die wildernis gebring, en hulle het armbande aan die hande van die vroue gesit en pragtige krone op hulle koppe.+ 43  “Toe het ek van haar wat van egbreuk uitgeput was,+ gesê: ‘Nou sal sy haar prostitusie aanhou pleeg, ja sy.’+ 44  En hulle het na haar toe bly kom, soos ’n mens na ’n vrou toe kom wat ’n prostituut is; so het hulle na Ohoʹla en na Ohoʹliba toe gekom as vroue van losbandige gedrag.+ 45  Maar wat regverdige+ manne betref, hulle sal haar oordeel met die oordeel vir egbreeksters+ en met die oordeel vir vroue wat bloed vergiet;+ want hulle is egbreeksters, en daar is bloed aan hulle hande.+ 46  “Want só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘’n Vergadering sal teen hulle opgeroep word+ en hulle sal iets skrikwekkends gemaak word en iets om te plunder.+ 47  En die vergadering moet hulle met klippe gooi,+ en hulle sal met hulle swaarde neergevel word. Hulle seuns en hulle dogters sal hulle doodmaak,+ en met vuur sal hulle hulle huise verbrand.+ 48  En ek sal beslis ’n einde maak aan losbandige gedrag+ in die land,+ en al die vroue sal hulle moet laat teregwys, sodat hulle nie volgens julle losbandige gedrag sal handel nie.+ 49  En hulle sal julle losbandige gedrag op julle laat neerkom,+ en die sondes van julle drekgode sal julle dra; en julle sal moet weet dat ek die Soewereine Heer Jehovah is.’”+

Voetnote