Esegiël 24:1-27

24  En in die negende jaar, in die tiende maand, op die tiende dag van die maand, het die woord van Jehovah verder tot my gekom en gesê:  “Mensekind, skryf vir jou die naam van die dag, hierdie selfde dag, op. Die koning van Babilon het hom hierdie selfde dag teen Jerusalem gewerp.+  En stel ’n spreekwoord saam oor die opstandige huis,+ en jy moet van hulle sê: “‘Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Sit die wyebekkookpot op; sit dit op, en gooi ook water daarin.+  Versamel stukke daarin,+ al die goeie stukke, boud en blad; maak dit vol met die beste bene.  Laat die beste skaap geneem word,+ en stapel ook die stompe in ’n kring daaronder op. Kook sy stukke, maak ook sy bene daarin gaar.”’”+  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Wee die stad van dade van bloedvergieting,+ die wyebekkookpot, waarvan die roes daarin is en waarvan die roes nie afgekom het nie! Bring stuk vir stuk daarvan uit;+ geen lot mag daaroor gewerp word nie.+  Want sy bloed is in hom.+ Op die blink, kaal oppervlak van ’n groot rots het hy dit gesit. Hy het dit nie op die grond uitgegooi om dit met stof te bedek nie.+  Ten einde woede te laat opkom om wraak uit te oefen,+ het ek sy bloed op die blink, kaal oppervlak van ’n groot rots gesit, sodat dit nie bedek sou word nie.’+  “Daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Wee die stad van dade van bloedvergieting!+ Ook ek sal die stapel groot maak.+ 10  Maak die stompe baie. Steek die vuur aan. Kook die vleis goed. En gooi die sous uit, en laat die bene vuurwarm word. 11  Laat dit leeg op sy kole staan sodat dit warm kan word; en sy koper moet verhit word en sy onreinheid moet in hom gesmelt word.+ Laat sy roes verteer word.+ 12  Moeilikhede! Dit was vermoeiend, maar sy groot hoeveelheid roes kom nie van hom af nie.+ In die vuur met sy roes!’ 13  “‘Daar was losbandige gedrag in jou onreinheid.+ Daarom moes ek jou reinig, maar jy het nie rein geword van jou onreinheid nie.+ Jy sal nie meer rein word totdat ek my woede in jou geval tot bedaring bring nie.+ 14  Ek, Jehovah, het gespreek.+ Dit sal kom,+ en ek sal optree. Ek sal dit nie nalaat nie,+ ook sal ek nie jammer+ of spyt voel nie.+ Volgens jou weë en volgens jou handelinge sal hulle jou beslis oordeel’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.” 15  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê: 16  “Mensekind, kyk, ek neem wat begeerlik is+ in jou oë, met ’n slag van jou af weg,+ en jy mag nie op jou bors slaan of huil nie, en jou trane mag nie kom nie.+ 17  Sug sonder woorde. Oor die dooies mag jy geen rou bedryf nie.+ Bind jou hooftooisel om,+ en jou sandale moet jy aan jou voete trek.+ En jy mag nie die snor bedek nie,+ en die brood van die mense mag jy nie eet nie.”+ 18  En ek het die oggend met die volk gepraat, en my vrou het uiteindelik die aand gesterf. Toe het ek die oggend gedoen net soos ek beveel is. 19  En die volk het vir my bly sê: “Sal jy nie vir ons sê wat hierdie dinge wat jy doen met ons te doen het nie?”+ 20  Toe het ek vir hulle gesê: “Die woord van Jehovah het tot my gekom en gesê: 21  ‘Sê vir die huis van Israel: “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Kyk, ek ontheilig my heiligdom,+ die trots van julle sterkte,+ dit wat begeerlik is in julle oë+ en die voorwerp van julle siel se medelye, en julle seuns en julle dogters wat julle agtergelaat het—deur die swaard sal hulle val.+ 22  En julle sal moet doen net soos ek gedoen het. Snorre sal julle nie bedek nie,+ en die brood van die mense sal julle nie eet nie.+ 23  En julle hooftooisel sal op julle kop wees en julle sandale aan julle voete. Julle sal julle nie slaan nie en ook nie huil nie,+ en julle sal in julle oortredings moet verrot,+ en julle sal onder mekaar kerm.+ 24  En Eseʹgiël het vir julle ’n voorteken geword.+ Ooreenkomstig alles wat hy gedoen het, sal julle doen. Wanneer dit kom,+ sal julle ook moet weet dat ek die Soewereine Heer Jehovah is.’”’”+ 25  “En wat jou betref, o mensekind, sal dit nie wees op die dag dat ek hulle vesting van hulle af wegneem, die pragtige voorwerp van hulle vreugde, dit wat begeerlik is in hulle oë+ en die verlange van hulle siel, hulle seuns en hulle dogters,+ dat 26  die een wat ontkom het, op dié dag na jou toe sal kom om die ore te laat hoor nie?+ 27  Op dié dag sal jou mond geopen word teenoor die een wat ontkom het,+ en jy sal praat en nie meer stom wees nie;+ en jy sal beslis vir hulle ’n voorteken word,+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.”+

Voetnote