Esegiël 25:1-17

25  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “Mensekind, keer jou gesig na die kinders van Ammon en profeteer teen hulle.+  En jy moet van die kinders van Ammon sê: ‘Hoor die woord van die Soewereine Heer Jehovah. Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Omdat jy Ha! gesê het teen my heiligdom, omdat dit ontheilig is, en teen die land van Israel, omdat dit verwoes is, en teen die huis van Juda, omdat hulle in ballingskap gegaan het,+  daarom, kyk, ek gee jou aan die Oosterlinge as ’n besitting,+ en hulle sal hulle ommuurde kampe in jou opslaan en beslis hulle wonings in jou maak. Hulle sal jou vrugte eet, en hulle sal jou melk drink.+  En ek sal Rabba+ ’n weiveld vir kamele maak en die kinders van Ammon ’n rusplek vir ’n kudde;+ en julle sal moet weet dat ek Jehovah is.”’”+  “Want só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Omdat jy die hande geklap+ en met die voete gestamp en jou met al die minagting in jou siel teen die land van Israel verbly het,+  daarom, hier is ek; ek het my hand teen jou uitgesteek,+ en ek sal jou aan die nasies gee as iets om te plunder; en ek sal jou onder die volke uitroei en jou uit die lande vernietig.+ Ek sal jou verdelg,+ en jy sal moet weet dat ek Jehovah is.’  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Omdat Moab+ en Seïr+ gesê het: “Kyk! Die huis van Juda is soos al die ander nasies”,+  daarom, kyk, ek maak die berghang van Moab oop by die stede, by sy stede tot aan sy grens, die sieraad van die land, Bet-Jeʹsimot,+ Baäl-Meon,+ ja, tot by Kirjataʹim,+ 10  vir die Oosterlinge,+ so ook die kinders van Ammon;+ en ek sal dit ’n besitting maak, sodat daar onder die nasies nie aan gedink sal word nie,+ dit wil sê aan die kinders van Ammon. 11  En in Moab sal ek strafgerigte voltrek;+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is.’+ 12  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Omdat Edom opgetree het deur wraak te neem op die huis van Juda en op groot skaal kwaad bly doen het en hulle op hulle gewreek het,+ 13  daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Ek sal ook my hand teen Edom+ uitsteek en mens en mak dier daaruit uitroei,+ en ek sal dit ’n verwoeste plek maak van Teman+ af, ja, tot by Dedan.+ Deur die swaard sal hulle val. 14  ‘En ek sal my wraak oor Edom bring deur die hand van my volk Israel;+ en hulle sal in Edom handel volgens my toorn en volgens my woede; en hulle sal moet weet wat my wraak is’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”’ 15  “Só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Omdat die Filistyne uit wraaksug opgetree het+ en hulle uit wraaksug met minagting in die siel bly wreek het, om verwoesting aan te rig,+ met ’n vyandskap wat tot onbepaalde tyd duur,+ 16  daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “Kyk, ek steek my hand teen die Filistyne uit,+ en ek sal die Keretiete+ uitroei en die res van die seekus vernietig.+ 17  En ek sal groot dade van wraak in hulle voltrek, met woedende teregwysings;+ en hulle sal moet weet dat ek Jehovah is wanneer ek my wraak oor hulle bring.”’”+

Voetnote