Esegiël 26:1-21

26  En in die elfde jaar, op die eerste dag van die maand, het die woord van Jehovah tot my gekom en gesê:  “Mensekind, omdat Tirus+ teen Jerusalem gesê het:+ ‘Ha! Dit is gebreek,+ die deur van die volke!+ Die wending sal beslis na my toe wees. Ék sal gevul word—dít is verwoes’,+  daarom, só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Kyk, ek is teen jou, o Tirus, en ek sal baie nasies teen jou laat opkom,+ soos die see sy golwe laat opkom.+  En hulle sal beslis die mure van Tirus verwoes+ en sy torings afbreek,+ en ek sal sy stof van hom afskraap en hom ’n blink, kaal oppervlak van ’n groot rots maak.  ’n Droogwerf vir sleepnette+ sal hy in die see+ word.’ “‘Want ek het gespreek’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah, ‘en hy sal ’n voorwerp van plundering vir die nasies word.  En sy afhanklike dorpe wat in die veld is—deur die swaard sal hulle gedood word, en mense sal moet weet dat ek Jehovah is.’+  “Want só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Kyk, ek bring Nebukadreʹsar, die koning van Babilon, ’n koning van konings,+ uit die noorde teen Tirus,+ met perde+ en strydwaens+ en ruiters en ’n vergadering,+ ja, ’n talryke volk.  Jou afhanklike dorpe in die veld sal hy met die swaard dood, en hy sal ’n beleëringsmuur teen jou bou en ’n beleëringskans teen jou opwerp+ en ’n groot skild teen jou oprig;  en hy sal met sy aanvalswerktuig teen jou mure stoot, en jou torings sal hy met sy swaarde afbreek. 10  Weens die deinende massa van sy perde sal hulle stof jou bedek.+ Weens die geluid van ruiters en wiele en strydwaens sal jou mure bewe wanneer hy deur jou poorte inkom, soos wanneer daar in ’n stad ingegaan word wat oopgebreek is. 11  Met die hoewe van sy perde sal hy al jou strate vertrap.+ Jou volk sal hy met die swaard doodmaak, en jou sterk pilare sal op die grond neerstort. 12  En hulle sal beslis jou rykdom buitmaak+ en jou handelsware plunder+ en jou mure omgooi, en jou begeerlike huise sal hulle afbreek. En jou klippe en jou houtwerk en jou stof sal hulle in die water gooi.’ 13  “‘En ek sal die rumoer van jou sang laat ophou,+ en die geluid van jou harpe sal nie meer gehoor word nie.+ 14  En ek sal jou ’n blink, kaal oppervlak van ’n groot rots maak.+ ’n Droogwerf vir sleepnette sal jy word.+ Nooit sal jy herbou word nie; want ek, Jehovah, het gespreek’, is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.+ 15  “Só het die Soewereine Heer Jehovah vir Tirus gesê: ‘Sal die eilande nie bewe+ by die geluid van jou ondergang, wanneer die dodelik gewonde kreun, wanneer daar met ’n slagting in jou doodgemaak word nie? 16  En al die owerstes van die see sal beslis van hulle trone+ afklim+ en hulle moulose oorklere afgooi, en hulle sal hulle geborduurde klere uittrek. Hulle sal hulle met bewing beklee. Op die grond sal hulle gaan sit,+ en hulle sal beslis elke oomblik bewe+ en jou verbaas aanstaar. 17  En hulle sal ’n klaaglied oor jou aanhef+ en vir jou sê: “‘“Hoe het jy vergaan, jy wat uit die seë bewoon is,+ o roemryke stad, wat sterk geword het in die see,+ hy en sy inwoners, dié wat al die bewoners van die aarde met verskrikking vervul het! 18  Nou sal die eilande bewe op die dag van jou ondergang. En die eilande wat in die see is, sal ontsteld wees omdat jy daarmee heen is.”’+ 19  “Want só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: ‘Wanneer ek jou ’n verwoeste stad maak, soos die stede wat nie bewoon word nie, wanneer ek die waterdiepte oor jou laat opkom en die groot waters jou bedek het,+ 20  dan sal ek jou laat afgaan saam met dié wat in die kuil afdaal na die mense van lank gelede,+ en ek sal jou in die onderste land laat woon,+ soos plekke wat al lank verwoes is, saam met dié wat in die kuil afdaal,+ sodat jy nie bewoon word nie; en ek sal ’n sieraad in die land van die lewendes sit.+ 21  “‘Skielike verskrikkinge sal ek jou maak,+ en jy sal daar nie wees nie; en jy sal gesoek word,+ maar jy sal tot onbepaalde tyd nie meer gevind word nie’,+ is die woord van die Soewereine Heer Jehovah.”

Voetnote