Esegiël 27:1-36

27  En die woord van Jehovah het verder tot my gekom en gesê:  “En wat jou betref, o mensekind, hef ’n klaaglied oor Tirus aan,+  en jy moet vir Tirus sê: “‘O jy wat by die ingange van die see woon,+ die handelsvrou van die volke vir baie eilande,+ só het die Soewereine Heer Jehovah gesê: “O Tirus, jy het gesê: ‘Ek is volmaak in skoonheid.’+  In die hart van die seë is jou gebiede.+ Jou bouers het jou skoonheid vervolmaak.+  Van jenewerbalke uit Senir+ het hulle vir jou al die plankwerk gebou. ’n Seder uit die Liʹbanon+ het hulle geneem om ’n mas op jou te maak.  Van groot bome uit Basan het hulle jou roeispane gemaak. Jou boeg het hulle gemaak met ivoor in sipreshout, van die eilande van Kittim+ af.  Veelkleurige linne uit Egipte+ was jou uitgespande doek, om as jou seil te dien. Blou weefgaring+ en purperrooigekleurde wol+ van die eilande van Eliʹsa+ was ’n bedekking vir jou dek.  “‘“Die inwoners van Sidon+ en van Arwad+ het jou roeiers geword. Jou vaardiges,+ o Tirus, was in jou; hulle was jou matrose.+  Selfs ou manne van Gebal+ en sy vaardiges was in jou om jou nate dig te maak.+ Al die skepe van die see en hulle seemanne was in jou, om handelsartikels te verhandel. 10  Perse+ en Ludiete+ en manne van Put+—hulle was in jou krygsmag, jou krygsmanne. Skild en helm het hulle in jou opgehang.+ Hulle het jou prag aan jou gegee. 11  Die kinders van Arwad,+ ja, jou krygsmag, was rondom op jou mure, en dapper manne was in jou torings. Hulle ronde skilde het hulle rondom aan jou mure opgehang.+ Hulle het jou skoonheid vervolmaak. 12  “‘“Tarsis+ was jou koopman weens die oorvloed van allerhande waardevolle dinge.+ Vir sy silwer, yster, tin en lood is jou handelsware gegee.+ 13  Jawan,+ Tubal+ en Meseg+ was jou handelaars. Vir mensesiele+ en koperware is jou ruilartikels gegee. 14  Uit die huis van Togarʹma+ was daar perde en ryperde en muile, waarvoor jou handelsware gegee is. 15  Die kinders van Dedan+ was jou handelaars; baie eilande was koopmanne in jou diens; ivoorhorings+ en ebbehout het hulle as geskenk aan jou terugbetaal. 16  Edom was jou koopman weens die oorvloed van jou werke. Vir turkoois,+ purperrooigekleurde wol en veelkleurige materiaal en fyn weefstof en korale en robyne is jou handelsware verruil. 17  “‘“Juda en die land van Israel was jou handelaars. Vir die koring+ van Minnit+ en spesiale voedsel en heuning+ en olie en balsem+ is jou ruilartikels gegee.+ 18  “‘“Damaskus+ was jou koopman in die oorvloed van jou werke, weens die oorvloed van al jou waardevolle dinge, met die wyn+ van Helbon en rooigrys wol. 19  Wedan en Jawan uit Usal—vir jou handelsware het hulle goedere gegee. Ystersmeewerk, kassia en riet+—vir jou ruilartikels was dit. 20  Dedan+ was jou handelaar in saalkleedjies van weefstof. 21  Die Arabiere+ en al die owerstes van Kedar+ was koopmanne in jou diens. In ramlammers en ramme en bokramme+—daarin was hulle jou koopmanne. 22  Die handelaars van Skeba+ en Raäma+ was jou handelaars; vir die beste van allerhande parfuums en vir allerhande edelstene en goud is jou handelsware gegee.+ 23  Haran+ en Kanne en Eden,+ die handelaars van Skeba,+ Assur+ en Kilmad was jou handelaars. 24  In jou handelsentrum was hulle jou handelaars in pragtige klere, in mantels van blou stof en veelkleurige materiaal en in tapyte van tweekleurige stof, in gedraaide en stewige toue. 25  “‘“Die skepe van Tarsis+ was jou karavane vir jou ruilartikels, sodat jy vol en baie heerlik word in die hart van die oop see.+ 26  “‘“In groot waters het jou roeiers jou gebring.+ Die oostewind het jou in die hart van die oop see gebreek.+ 27  Jou waardevolle dinge en jou handelsware,+ jou ruilartikels,+ jou seemanne en jou matrose,+ dié wat jou nate dig maak+ en dié wat jou handelsartikels verhandel en al jou krygsmanne,+ wat in jou en in jou hele vergadering is, wat binne-in jou is—hulle sal in die hart van die oop see val op die dag van jou ondergang.+ 28  “‘“By die geluid van die geskreeu van jou matrose sal die oop land bewe.+ 29  En almal wat ’n roeispaan hanteer, seemanne, al die matrose van die see, sal beslis van hulle skepe afklim; op die land sal hulle gaan staan.+ 30  En oor jou sal hulle beslis hulle stem laat hoor en bitterlik skreeu.+ En hulle sal stof op hulle koppe gooi.+ In die as sal hulle rol.+ 31  En hulle sal ter wille van jou hulle koppe kaal moet skeer+ en saklinne moet aangord+ en in bitterheid van siel oor jou moet huil,+ met bitter geweeklaag. 32  En in hulle weeklag sal hulle beslis vir jou ’n klaaglied aanhef en oor jou sing:+ “‘“‘Wie is soos Tirus,+ soos hy wat in die see tot swye gebring is?+ 33  Toe jou handelsware+ van die oop see af gekom het,+ het jy baie volke versadig.+ Met die oorvloed van jou waardevolle dinge en jou ruilartikels het jy die konings van die aarde ryk gemaak.+ 34  Nou is jy deur die oop see gebreek, in die dieptes van die waters.+ Wat jou ruilartikels en jou hele vergadering+ betref, in jou het hulle geval. 35  Al die bewoners van die eilande+—hulle sal jou beslis verbaas aanstaar, en hulle konings sal moet sidder van afgryse.+ Gesigte sal verwronge raak.+ 36  Wat die koopmanne onder die volke betref, hulle sal beslis oor jou fluit.+ Skielike verskrikkinge sal jy word, en jy sal tot onbepaalde tyd daar nie meer wees nie.’”’”+

Voetnote